NHN SEMINAAR 20-22 AUGUSTUS - HOE LEEF EK DIE LEWE VOLUIT IN HIERDIE LAND?
Beste NHN Seminaarganger en Belangstellende
Die NHN-seminaar vind vanjaar vanaf Vrydag 20 - Sondag 22 Augustus weer by Weesgerus Vakansie-oord, net buite Modimolle, plaas. Vanjaar fokus ons op lewensvreugde en lewenskwaliteit te midde van die uitdagings van ons tyd, ons samelewing en ons land. Ons oogmerk is om die naweek saam met vriende te geniet en boonop die spreekwoordelike pitkos én padkos te kry om dit wat vir ons in Suid Afrika mag voorlê, met hoop en vertroue te beleef.
Freek Robinson en dr Petrus de Kock is ons gassprekers vir die naweek. Freek, van Robinson Regstreeks op Kyknet en Praat Saam op RSG, is ‘n deurwinterde joernalis met wye ervaring van ons diverse samelewing wat sy waarnemings met ons gaan deel. Daarna sal Petrus, van Geopolitical Solutions, sy perspektiewe op en vooruitskouings oor ons land aan die hand van sy politieke navorsing toelig. Dit sal die bal aan die rol sit vir oop gesprek oor knellende vrae, maar ook hoopvolle situasies.
Ons sal ons program so inrig dat daar ruim geleentheid vir besprekings, saamkuier en saamgesels sal wees sodat elkeen sy begrip en perspektiewe uit die insette van kenners en mede NHN-reisigers sal kan verbreed.
Die onderwerpe en gespreksleiers vir die naweek is soos volg:
Gesellig soos die Saterdagaandbraai is, sal Andries Bezuidenhout (akademikus, sanger, lid van die gewese Brixton-Moord-en-Roofbende en digter in eie reg) ons aand verder opkikker!
(Én vir dié wat belangstel, ons gaan probeer om Saterdagmiddag se rugbytoets – SA vs NZ - op groot skerm te geniet!)
Maak dus seker dat jou plekkie bespreek is, want hiérdie naweek kan jy nie misloop nie!!!
Bespreek by
Vir ander navrae kontak my by cpdseminars@gmail.com
NHN-groete
Johan Talma (Nms die NHN Uitvoerende Komitee)
10 Mei 2010