WEESGERUS 3 - 2009

Die NHN se jaarlikese groeiseminaar vind vanaf Vrydag 20 – 22 Maart by Lechwe Lodge, naby Kroonstad in die Vrystaat plaas, met die tema: "Van mens na Mensch”. In ’n poging om ons strewe: Lééf die lewe sinvol te vergestalt, sal ons oogmerk wees om kenmerke van Mensch-wees te identifiseer en te integreer. (Mensch: die Yiddishe term vir ’n volwasse, verantwoordelike, onkreukbare en gerespekteerde persoon.)  Ons program bestaan daarom uit aanbiedings waarin drie toepaslike onderwerpe hanteer sal word, met ruim geleenthede vir besprekings (waartydens almal betrokke sal wees), verskeie spirituele sessies en natuurlik tyd om mekaar beter te leer ken.

Die onderwerpe van die aanbiedings is as volg:

1.    Die spirituele groei van mens na Mensch (spirituele en emosionele ontwikkeling, die onontbeerlike in vordering na Mensch-wees)

Gespreksleier: Albie Gibson, met paneellede:

2.    Mensch-ewolusie as roeping vir hierdie eeu (faktore wat hierdie evoluering rig en beperk)

Gespreksleiers:Francois Durand en Gerrit Genis, met paneellede:

3.    Ons Sosio-Politieke landskap: die impak op my Mensch-wees (nasionele en internasionale realiteite)

Gespreksleier:Anthoni v Nieuwkerk, met paneellede:

Vir dié wat wel wil bywoon, maar nog nie bespreek het nie, is daar nog akkommodasie by Lechwe Lodge (www.lechwelodge.co.za) beskikbaar. Skakel hiervoor gerus so spoedig moontlik met Corlia Reitmann by corliareitmann @ telkomsa.net (sonder spasies) Die totale koste vir die naweek is R630 per persoon vir NHN-lede en R730 vir nie-lede. Dan bring ons ons eie ontbyte, asook vleis vir een aand se braai. Vir ons Vrystaatse vriende is die koste R630.

Ons glo dat hierdie die tafel dek vir ’n sinvolle en opwindende naweek van diepgaande soeke na eietydse sin. Ons sal dit graag met u  wil meemaak.

Vir verdere navrae skakel vir Johan Talma by 083-556-8711 of 012-348-0087 of talma @ mweb.co.za (sonder spasies)

AttachmentSize
Weesgerus 3.doc92.5 KB