As jy 'n lid van die NHN webwerf is en die eerste keer hierdie bladsy besoek, lees dit asseblief deeglik deur!
Die webwerf neem die vorm aan van 'n wiki. Die buitelyn/struktuur is reeds sigbaar vir alle besoekers. Die voorblad van die wiki is Nuwe Hervorming Netwerk – ’n Nuwe Verhaal.
Wat is 'n wiki?
'n Wiki bied aan 'n groep van persone (die moderators) die geleentheid om oor die internet webwerf mee te werk aan die skryf van artikels in 'n geslote omgewing waarin die webwerfsekuriteit slegs moderators toegang verleen tot onvoltooide dokumente. Die mees bekende voorbeeld van 'n wiki is Wikipedia waaraan miljoene mense wêreldwyd deelneem.
Daarby is die wiki in staat om vorige weergawes van 'n dokument te onthou en die verskille tussen weergawes aan te dui aan die moderators wat meewerk aan 'n artikel.
Wanneer 'n hoofmoderator besluit dat 'n artikel genoegsaam gevorder het, maak hy of sy die artikel publiek en kan dit deur enige webwerfbesoeker gelees word.
Sodra die artikel openbaar gemaak is, kan geregistreerde lede kommentaar lewer onderaan elke artikel.
Moderators en geregistreerde lede kan per epos outomaties verwittig word van veranderinge op 'n blad en nuwe kommentaar wat op spesifike artikels gelewer word.
'n Wiki artikel is nooit as't ware "voltooi" nie. Selfs nadat 'n artikel publiek gemaak is kan moderators verdere veranderings maak aan artikels.
Hoe word ek 'n moderator?
Indien jy self
oorspronklike artikels vir die webwerf wil skryf OF
indien jy graag artikels wat reeds deur ander begin skryf is, wil help modereer en versorg,
moet jy eers as volle lid registeer
en dan in die forumaansoek te doen om moderatorskap
Hoe lewer ek kommentaar op artikels/forumplasings?
Deur eenvoudig teregisteer op hierdie nuwe webwerf, en in te teken as 'n gebruiker sal jy outomaties die opsie verkry om kommentaar by te voeg onder aan meeste bladsye. Geregistreerde lede se kommentaar onmiddelik publiek gemaak en word nie eers gemodereer nie.
Persone wat nie wil registreer kan ook kommentaar lewer op meeste artikels, maar hul bydraes sal eers gemodereer word voor dit openbaar gemaak sal word.