Dis interessant dat daar wel in die evangelies sulke suggesties is dat Jesus buite-egtelik verwek is. Neem as voorbeeld Markus 6:2-3 "En toe die sabbatdag aanbreek, het Hy die mense in die sinagoges begin leer. Baie het na Hom geluister en is deur sy woorde aangegryp. Hulle het vir mekaar gese: "Waar kom hy aan al hierdie dinge en watter besondere gawe van wysheid het Hy dat daar sulke kragtige dade deur sy hande plaasvind? Is Hy dan nie 'n timmerman, 'n seun van Maria en die broer van Jakobus, Joses, Judas en simon nie? En is dit dan nie sy susters wat hier by ons woon nie?" Hier word Jesus wel die seun van Maria genoem. Daar word egter geen melding van sy vader gemaak nie. Dis uiters vreemd want Joodse seuns se identiteit hang met hulle vaders saam. 'n Mens verwag dat hy die seun van Josef genoem moes word.
Voorts vind ons die volgende teks in die evangelie van Johannes: "Hulle se toe vir Hom: 'Ons is nie uit owerspel gebore nie. Ons het net die een Vader, naamlik God'." (Joh 8:41). Die feit dat hier van owerspel sprake is, suggereer dat die omstanders Jesus moontlik so beskou het. Hy is 'n "bastard" (soos die Engelse na sulke kinders verwys.)
Ritva Williams (2002:115) maak die volgende opmerking hieroor: "Both early (Mark) and later (John) sources support the contention that suspicions and/or allegations of Jesus' illegitimacy circulated in the first century and may even go back to the lifetime of Jesus."
Dan is daar ook nog die volgende teks in die evangelie van Tomas (105): "Jesus het gese: 'Sal hy wat sy pa en ma ken, die kind van 'n hoer genoem word?'" Ook hierdie teks sinspeel op Jesus se waarskynlike buite-egtelike verwekking.
Dis moontlik dat Maria deur 'n Romeinse soldaat met die naam van Pantera verkrag is. Daar bestaan so 'n vertelling in een van Origines (185-254 n.C.) se werke waar hy vertel dat die filosoof Celsus beweer het Jesus is die buite-egtelike kind van die Romeinse soldaat Pantera. Verkragting kom algemeen tydens oorloe en besettings voor. Dis 'n wyse waarop die soldate hulle meerderwaardigheid op ander afdwing. Dat Romeinse soldate in Palestina Joodse meisies in daardie jare verkrag het, is hoogs waarskynlik. Ons weet dat gode nie kinders by mense verwek nie. Babas word verwek nadat 'n manlike sperm 'n vroulike eiersel bevrug het. 'n Man moes Maria bevrug het. As dit nie Josef was nie, dan was dit 'n ander man. Of dit wel Pantera was, weet ons nie.
Ritva Williams sluit haar lesenswaardige artikel met die volgende sin af: "It seems to me that there is some good news here for those who find themselves in similar circumstances and an open plea for tolerance toward those so disadvantaged" (2002:122).
Sakkie Spangenberg
Bronverwysing
Williams, R.H. 2002. "An Illustration of Historical Inquiry: Histories of Jesus and Matthew 1:1-25" in Blasi, A.J., Duhaime, J. & Turcotte, P-A (ed), Handbook of Early Christianity: Social Sciences Approaches, 105-123. New York: Altamira Press.
Kommentare
Re: Was Jesus 'n buite-egtelike kind?
Beste Vraer