Sunette Pienaar 9 Oktober 2005
Ek wil hierdie onderwerp benader deur te poog om dieselfde vier vrae te beantwoord wat Ann Carr beantwoord in die artikel "On Feminist Spirituality" (Women's Spirituality, 1986).
1. Wat is spiritualiteit?
2. Hoe verskil feministiese spiritualiteit van manlike spiritualiteit?
3. Wat is feministiese spiritualiteit?
4. Is feministiese spiritualiteit 'n fase oppad na 'n voller menslike spiritualiteit?
Kom ons begin dus deur te besin oor spiritualiteit in wese.
1. Wat is Spiritualiteit?
Omdat ons nou spesifiek hier gesels oor feministiese spiritualiteit, is dit ook belangrik om te besin oor hoe feministiese spiritualiteit dan verskil van manlike spiritualiteit wat ons by ons tweede vraag uitbring.
2. Hoe verskil feministiese spiritualiteit van manlike spiritualiteit?
Die feit dat mans en vroue mekaar se gelyke is, negeer nie die feit dat ons verskillend is nie, dat ons anders dink oor die lewe nie, dat ons anders kyk na verhoudings nie. Herman van der Veen druk dit so treffend uit in een van sy asemrowende liedjies. "Jy is mooi, nie mooier, jy is anders mooi. Jy is goed niet beter jy is anders goed".
Dus is daar ook heel waarskynlik verskille in mans en vroue se spiritualiteit. Moet my nie verkeerd verstaan nie, hierdie verskille te midde van ons gelykheid veronderstel nie 'n ondergeskikte komplementariteit wat niks anders as onderdanigheid en minderwaardigheid van een, die vrou, met betrekking tot die ander, die man, erken nie.
Anne Wilson Schaef onderskei in Women's Reality (1981) tussen 'n wit manlike sisteem en 'n vroulike sisteem. Die wit manlike sisteem verteenwoordig die dominante kultuur. Terwyl daar ander sisteme (manlik, swart, ens) is, beskou die wit sisteem volgens haar argument homself as die enigste een, die superieure een, die een wat alles weet en alles verstaan en die een wat glo dat dit heeltemal moontlik is om totaal logies, objektief en rasioneel te wees. Die vroulike sisteem kan dan slegs gedefinieer word vanuit die wit manlike sisteem as verwysingsraamwerk.
Schaef lys 'n stel kontraste wat ons mag help om te verstaan waar die verskille tussen manlike en vroulike spiritualiteite lê. (Hierdie kontraste beskryf abstrakte tipes, geen mens – man/vrou is algeheel die een of die ander nie. Sommige mans vind hulle tuis in die vroulikes sisteem, terwyl sommige vroue binne die wit manlike sisteem val).
|
ISSUES |
WHITE MALE SYSTEM |
FEMALE SYSTEM |
|
Time |
Clock |
Process |
|
Relationships |
Hierarchy |
Peer |
|
Centre of focus |
Self and work |
Relationship (self-ander) |
|
Sexuality |
Central |
Part in whole |
|
Intimacy |
Physical |
Verbal |
|
Friendship |
Team Effort |
Knowing and being |
|
Power |
Zero Sum (scarcity) |
Limitless |
|
Money |
Absolute, real |
Relative, symbolic |
|
Leadership |
To lead |
To enable |
|
Negotiation |
Fun = winning |
Fun = kreatiwiteit |
In somtotaal is die wit manlike sisteem analities en bemoeid met definisies, verklarings en verduidelikings, eksklusief, en doelwit-georiënteerd. Daarenteen is die vroulike sisteem verteenwoordigend van integrasie, inklusiwiteit, verstaan, en ook proses georiënteerd.
Schaef doen 'n oefening met groepe wat bestaan uit mans en vroue, asook albei waarin sy die deelnemers vrae om karaktereienskappe van God en die mensdom neer te pen teenoor manlike en die vroulike karaktereienskappe. Dit lyk soos volg
|
GOD |
HUMANKIND |
MALE |
FEMALE |
|
male |
Childlike |
Intelligent |
Emotional |
|
Omnipotent/Almagtig |
Sinful |
Powerful |
Weak |
|
Omniscient/Alwetend |
Weak |
Brave |
Fearful |
|
Omnipresent/Alomteenwoordig |
Stupid/dumb |
Good |
Sinful |
|
Eternal |
Mortal |
Strong |
Like children |
Sy kom tot die slotsom dat mans tot vroue is wat God is tot die mensdom. En dit, argumenteer sy, is die mitologie van die wit manlike sisteem, waarvan die basiese hiërargiese struktuur soos volg daarna uitsien: God-man-vrou-kinders-diere-aarde en hierdie verhoudings staan binne 'n sisteem van dominansie. Die tradisionele teologie ondersteun hierdie mite wat ook duidelik tot uiting kom in wit manlik gedomineerde dominasies. Feministiese en ander komtemporêre teologieë soos kontekstuele en bevrydingsteologieë staan lynreg teenoor hierdie mite.
Nadat ons nou besin het oor die verskille tussen feministiese- en manlike spiritualiteit, kan ons dieper besin oor die betekenis van Feministiese Spiritualiteit.
'n Feministiese spiritualiteit word as vertrekpunt dus onderskei as 'n spirituele oriëntasie wat die sentrale elemente van die vroulike bewussyn/sisteem integreer.
Feministiese spiritualiteit is 'n manier waarop ons onsself identifiseer/definieer in relasie tot God. 'n Feministiese spiritualiteit is diep bewus van die historiese en kulturele beperking op vroue wat vroue 'n eng gedefinieerde plek binne die wyer menslike/manlike wêreld toeken en wat vroue van geleenthede tot self-aktualisering en self-transendensie weerhou, wat vroue inperk tot passiewe onderdane. 'n Feministiese spiritualiteit verteenwoordig 'n visie van 'n wêreld waarbinne ware wederkerigheid, wisselwerking en gelykheid aan die orde van die dag is, of dit is ten op sigte van geslag, kultuur, ras, klas, ouderdom, seksuele orïentasie (gay-debat) of die natuur. 'n Ten volle ontwikkelde feministiese spiritualiteit sal spore dra van die sentrale elemente van feministiese bewussyn, geïntegreerd binne 'n breër godsdienstige raamwerk.
'n Feministiese spiritualitiet erken die belangrikheid van 'n ondersteuningsnetwerk tussen vroue van alle ouderdomme, rasse en klasse (sisterhood) en staan nie-kompeterende, nie- hiërargiese, nie-dominerende verhoudings tussen mense voor.
'n Feministiese spiritualiteit sal die manlike sisteem/male system tot aandag roep waar dit diskrimineer en hom aanspoor (in die hof, in die media) tot 'n wyer visie van 'n wêreld van ware wederkerigheid, gelykheid in interafhanklikheid voor 'n God wat eenheid en gemeenskap voorstaan.
'n Feministiese spiritualiteit moedig die outonomiteit, self-aktualisering en selftransendensie van alle vroue (en mans) aan. 'n Feministiese spiritualitiet moet bewustlike strewe om haarself te bevry van alle ideologieë ter wille van die outentieke vryheid van die individu en die groep.
'n Feministiese spiritualiteit verstaan die breër dimensies van menslike onderdrukking, soos veral uitgedruk in ongelyke verhoudings van rassisme, klassisme, seksisme en elitisme in ons gemeenskap en staan die bevryding van alle onderdrukte groepe voor. 'n Feministiese spiritualiteit moet haarself dan ook daarvan weerhou om 'n vrouebeweging te beperk tot 'n luuksheid wat net die rykes kan bekostig. Sy sal ook die noodkreet van vroue van alle kleure en klasse moet omhels.
'n Feministiese spiritualitiet is universeel en inklusief in haar visie en identifseer haarself met die 'struggle' van alle vroue - swart, bruin, geel of wit, ryk of arm, geskool of ongeletterd – tot die wêreldproblematiek van die dag. Want in die erkenning van die probleem van uitbuiting, geweld en dominasie van die manlike oor die vroulike, ryk oor arm, wit oor gekleur, sterk oor swak, mag oor vryheid, man oor natuur, beskou sy die geheel deur die dele. Geregtigheid seëvier wanneer ons almal in gelyke verhoudings tot mekaar staan.
Uiteindelik kan ons nie volstaan met twee uiterste pole van spiritualiteit wat lynreg teen mekaar te staan kom nie. Ons is tog in die eerste plek mense, alvorens ons 'n spesifieke geslag verteenwoordig. Daarom moet ons besin oor die moontlikheid van 'n voller menslike spiritualiteit wat ons by die laaste vraag bring:
4. Is Feministiese Spiritualiteit net 'n fase oppad na 'n voller menslike spiritualiteit?
Ek hoop en wil glo dat feministiese spiritualiteit met haar spesifieke fokus op die self-aktualisering en -transendensie van vroue, en die dekonstruksie van magsverhoudings van seksisme, rassisme en klassisme uiteindelik net 'n tydelike fase sal wees oppad na 'n voller menslike spiritualiteit.
In Suid-Afrika is 'n feministiese spiritualiteit egter net 'n klein liggie in die oë van 'n paar akademici. Eksponente is wel sigbaar in die die publieke arena waar mense aandring op hulle grondwetlike regte tot gelykheid, maar dit is grootliks afwesig van die kerk in Suid-Afrika wat nog grotendeels 'n spieëlbeeld is van die manlike sisteem waar ongelykheid en diskriminasie op grond van geslag (vroue priesters/predikante), ras (die issues rondom kerkeenheid), en seksuele oriëntasie (soos verteenwoordig in die uitsprake van van die kerk rondom homo-seksualisme) aan die orde van die dag is.
Hoe kan ons te werk gaan om te groei tot 'n menslike (teenoor feministiese/manlike spiritualiteit) in Suid-Afrika?
Oppad na 'n voller menslike spiritualiteit, kan die volgende woorde van Anne Carr (1986: 57) ons dalk help:
"What if one were to envision God as friend (in teenstelling met alomteenwoordige, almagtige, alwetende, ewige, manlike Vader) even as a feminist friend, rather than father or mother? What if God is friend to humanity as a whole, and even more intimately, friend to the individual, to me? A friend whose precense is joy, ever-deepening relationship and love, ever available in direct address, in communion and presence? A friend whose person is fundamentally a mystery, inexhaustible, never fully known, always surprsing? Yet a friend, familiar, comforting, at home with us: a friend who urges our freedom and outonomy in decision, yet who is present in the community of interdependence and in fact creates it? A friend who widens our perspectives daily and who deepens our passion for freedom - our own and that of others?" ()
Bibliography
Carr, A 1986. On Feminist Spirituality, in Conn. Joann Wolski (eds), Women's Spirituality, 49-58. New York: Paulist Press.
Schaef, A W 1981. Women's Reality. Minneapolis: Winston.