Ons Waardes

  • Ons aanvaar dat wanneer ons oor die goddelike praat, ons na die onbegryplike misterie van die lewe verwys wat ons onder andere in Jesus van Nasaret leer ken.
  • Ons koester die beste van ons erfgoed in onder andere die Bybel, ons Christelike en ander spirituele tradisies. Dieselfde geld vir ons nalatenskap op die gebied van musiek, kuns, letterkunde en wetenskap.
  • Ons maak nie aanspraak op ewige waarhede nie en neem die huidige wêreldbeeld ernstig op.
  • Ons waardeer die uniekheid, eiewaarde, gelykheid en potensiaal van elke individu. Ons erken die inherente vermoë van individue om te groei en om groter hoogtes te bereik deur met mekaar saam te werk.
  • Ons aanvaar verantwoordelikheid vir onsself, en teenoor ons medemens en ons natuurlike omgewing. Ons streef daarna om met morele integriteit op te tree.
  • Ons streef daarna om medemenslik en verdraagsaam teenoor alle mense op te tree, ongeag geslag, seksuele oriëntasie, geloofsoriëntasie, fisieke vermoë, en groepsverband.
  • Ons bevorder kreatiewe en innoverende denke.
  • Ons beskou diversiteit en godsdienstige pluralisme as positiewe verskynsels.
  • Ons verbind ons tot 'n etos van samewerking.