Ons Doelstellings

In ooreenstemming met ons visie en missie, en gelei deur ons waardes, verenig die takke en lede van Die Netwerk om doelstellings soos die volgende na te streef: 

Oop Religieuse Gesprek

  • om deur oop gesprek mense te ondersteun om vrede te hê met hulleself, akkommoderend met ander mense saam te leef, en verantwoordelik met hulle omgewing om te gaan;
  • om begrip vir religieuse diversiteit te bevorder;
  • om gesprek met verskillende wetenskaplike dissiplines en kunsuitinge te inisieer;
  • om aansluiting te soek en te vind met organisasies wêreldwyd wat dieselfde of soortgelyke doelstellings as ons het;
  • om begeleidende onderrigmateriaal vir kinders en volwassenes te ontwikkel, asook opleiding te verskaf;
  • om 'n tydskrif en gereelde nuusbrief te publiseer;
  • om 'n webwerf met 'n bulletinbord te bedryf;
  • om 'n databasis van sprekers, publikasies, hulpbronne, programme van takke, en takinligting, in stand te hou en dit op die webwerf te publiseer.
  • om saam te werk aan meer eietydse woorde, begrippe en metafore op die sfeer van spiritualiteit.

 

Sosiaal

  • om mekaar te ondersteun in ons soeke na lewensin;
  • om in mekaar se vreugde en leed te deel;
  • om sosiale, politieke en ekonomiese geregtigheid te bevorder;
  • om retreats/wegbreektye en werkswinkels te organiseer;
  • om sosiale aktiwiteite te reël;
  • om 'n konstruktiewe bydrae tot die opheffing van gemeenskappe te maak.

 

Begeleiding

  • om dienste te verleen of te koördineer aan persone wat begeleiding benodig in belangrike lewensgebeurtenisse soos die geboorte van kinders, huwelike, begrafnisse en verassings.