In die Media 2009

Deel die lewe met mekaar hiér en nou

Skrywer: 
Neels Jackson
Bron: 
Beeld 5 November 2009

Vyf jaar gelede het die teologiese storms om die Nuwe Hervorming in al hul felheid gewoed. Neels Jackson berig in die Beeld van 5 November dat die Nuwe Hervorming Netwerk, wat daaruit gebore is, nou in kalmer waters vaar.
 
Die geboortedatum van die Nuwe Hervorming Netwerk (NHN) is 31 Oktober 2004. Dit was die dag dat ’n groep mense wat met die tradisionele kerke en hul leerstellings onvergenoegd geraak het, in ’n kapel in Centurion byeengekom het. Dit was hul eerste treetjie op ’n gesamentlike pad vorentoe.
 

Die gaping tussen wat ons weet en wat ons glo

Skrywer: 
De La Rey Marais
Bron: 
Beeld-By 21 Maart 2009

Met verwysing na die toenemende wêreldwye roepstem tot rasionele denke en die steeds groeiende debat in Suid-Afrika oor die krisisse in veral die NG Kerk ná 1994:

Stel jou voor ’n vierkantige plat aarde met ’n see aan elkeen van sy sykante. Met die blou hemel as ’n plafon waar bo-op God en al sy engele woon. Een van die seë met ’n groot gat waarin skepe kan verdwyn en só in die onderwêreld van die ewige hel kan beland.

In goeie gospel skuil 'n openbaring

Skrywer: 
Koos Kombuis
Bron: 
Rapport - 23/05/2009

Toe ek die ander dag ’n nuwe Afrikaanse CD deur ene Koos van der Merwe in die pos kry, sê ek vir myself: Nog ’n doef-doef-grapjas met ’n snaakse naam!

Weet Piet Plagiaat van hierdie ou?

Uit pligsgevoel het ek egter maar na die CD geluister. Dit was immers uitgegee deur ’n regte platemaatskappy: ene Broken Records.

Ek was verbaas. In die eerste plek klink hierdie Koos baie soos Koos du Plessis. In die tweede plek was die toonsettings, produksie en agtergrond-instrumentasie van hoogstaande gehalte, ten spyte van die country-invloede hier en daar. Die grootste verrassing van alles was die feit dat dit ’n gospel-CD is. ’n Ou met die naam Koos van der Merwe wat gospel sing? Die gemengde metafore was net een te veel.

Die tweekoppige monster van tegnologie

Skrywer: 
Collena Blanckenberg
Bron: 
Beeld 2009-11-07

Waarom is die wêreld van die 21ste-eeuse mens aan die verbrokkel ondanks ongelooflike tegnologiese vooruitgang en briljante wetenskaplike prestasies? Collena Blanckenberg beantwoord die vraag deur te kyk na wat lê ágter die ingrypende impak van tegnologie op die mens se denk- en handelswyse.

‘Wat is verkeerd met ons wêreld?” vra Die Burger se redaksionele artikel van 22 Augustus vanjaar. My antwoord hierop sluit aan by prof. Cornel du Toit van Unisa se siening oor die wesenlike impak van tegnologie op die moderne mens. Hy het dit tien jaar gelede met ’n ontstellende metafoor aan Neels Jackson van Beeld geïllustreer: “In elke robot is daar ’n Frankensteinmonster.”

Talle verlaat Christen-geloof

Skrywer: 
Neels Jackson
Bron: 
Beeld - 12 Mei 2009

Oortuigings wat vir sommige Christene die hoeksteen van hul geloof is, is besig om ander mense in strome hul rug op dié geloof te laat keer. Dit het gister duidelik geblyk toe prof. Scott McKnight, Nuwe Testamentikus aan die North Park University in Chicago, die VSA, by die Universiteit van Pretoria gepraat het oor redes waarom mense die Christelike geloof verlaat.

McKnight het die bekeringsverhale van talle mense bestudeer en gesê dit toon telkens dieselfde elemente. Dit sluit in dat iemand ’n krisis met sy oortuigings ontwikkel, antwoorde begin soek, met ’n nuwe stel oortuigings gekonfronteer word en hom of haar daartoe verbind.