God is not Great: How Religion Poisons Everything van Christopher Hitchens is reeds in 2007 deur Grand Central Publishing/Twelve uitgegee en in 2008 op die Amerikaanse National Book Award se kortlys geplaas.
Hitchens is ’n besonderse bedrywige outeur en bydraer tot ’n wêreld-wye spektrum van publikasies en deelnemer aan verskeie radio, televisie en universiteitsdebatte. Volgens die boek se outeursblad is hy ’n besoekende professor in Liberal Studies aan die New School en was hy ook as nommer vyf benoem op die “Top 100 Public Intellectuals List” deur Foreign Policy en Prospect. Hy is vanjaar deur die Forbes tydskrif as een van die vyf-en-twintig mees invloedrykste liberales in die VSA beskryf.
As leek en passiewe NHN ondersteuner het Hitchens later vir my as ’n fundamentele sekulêre humanis opgeval maar my desnieteenstaande vroeg in die boek met die volgende aanhalings gevang:
“ Our belief is not a belief. Our principles are not a faith. We do not rely solely on science or reason, because these are necessary rather than sufficient factors, but we distrust anything that contradicts science or outrages reason. We may differ on many things, but what we respect is free inquiry, open-mindedness, and the pursuit of ideas for their own sake. We do not hold our convictions dogmatically....”
“ We are not immune to the lure of wonder and mystery and awe... ...Literature, not scripture, sustains the mind and – since there is no other metaphor - also the soul. We do not believe in heaven or hell, yet no statistic will ever find that without these blandishments and threats we commit more crimes of greed or violence than the faithful...”
“We are reconciled to living only once, except through our children, for whom we are perfectly happy to notice that we must make way, and room. We speculate that it is at least possible that, once people accepted the fact of their short and struggling lives, they might behave better toward each other and not worse. We believe with certainty that an ethical life can be lived without religion.”
“ Most important of all, perhaps, we infidels do not need any machinery of reinforcement.”
Daarna volg ’n, meestal eensydige, aanval op georganiseerde godsdiens in hoofstukke met die volgende hoofde: Religion Kills; a Short Digression of the Pig; or, Why Heaven Hates Ham; A Note on Health to Which Religion Can Be Hazardous; The Metaphysical Claims of Religion are False; Arguments from Design; Revelation: The Nightmare of the “Old” Testament; The “New” Testament Exceeds the Evil of the “Old” One; The Koran is Borrowed from Both Jewish and Christian Myths; The Tawdriness of the Miraculous and the Decline of Hell; “The Lowly Stamp of Their Origin”: Religion’s Corrupt Beginnings; A Coda: How religions end; Does Religion Make People Behave Better?; There Is No “Eastern” Solution; Religion as an Original Sin; Is Religion Child Abuse?; An Objection anticipated: The Last-Ditch “Case” Against Secularism; A Finer Tradition: The Résistance of the Rational en hy sluit af met The Need for a New Enlightment.
Wat veral in die gemaklik-leesbare, soms pittige en soms geniepsige maar telkens onwetenskaplike (subjektiewe eie) boek deurskemer en pla, is Hitchens se eensydige en soms onregverdige aanvalle op die tradisionele godsdiens en spesifiek gelowiges. So pla die “Everything” in sy titel byvoorbeeld sommer met die intrapslag vir enige objektiewe leser want feitlik niks wat met die mens te make het is slegs die een of die ander nie. Hitchens darem gee wel, maar baie min en traag, toe dat die meeste gelowiges wel goeie mense is en dat goed partykeer uit godsdienstige oorde kan kom.
Die vier basiese aspekte van Hitchens se aanval op die godsdiens verdien liewer wetenskaplike ondersoek en antwoord omdat dit selfs vir die leek te eensydig, byna fanaties en meestal sonder gesonde self-twyfel of genoegsame objektiewe kritiek gevoer word. Dit wil egter nie sê dat hy sy tesis altyd so swak of sonder meriete aanbied nie – inteendeel.
Dis nie egter benede Hitchens om na sekulêre fundamentalisme oor te neig en twyfelagtige veralgemenings te gebruik om ’n vooropgestelde argument te probeer wen nie. So spandeer hy by voorbeeld ’n hele hoofstuk daaraan om aan te dui dat “ faith kills” maar hy oorweeg sy voorbeelde nie altyd en behoorlik in konteks nie. Dit herlei dan weer opvallend tot verdraaide logika. ’n Protestant sou natuurlik nie in die tagtigs se Ierland by die Katolieke beskerming gaan soek het nie en andersom. Vandag en helder oordag is dit egter anders – die meeste godsdienstige groepe is nie militant nie.
Ondanks ’n rits, soms te venynige, veralgemenings, om sy opinie deur te probeer boender, maak Hitchens egter wel ’n baie sterk, indien nie ’n afdoende, saak uit om te bewys dat alle godsdienste mensgemaak, oor en weer op mekaar teer, onderdrukkend is en dat dit, veral vroeër-jare , onregverdiglik en stremmend op menslike vryheid en ontwikkeling ingewerk het. Hy oorweldig ’n mens eintlik behoorlik met al sy bewyse daarvoor.
Hitchens se uitsondering en verwerping van kerklike aanvaarding van die onbewysbare en menslik-onbegrypbare, as absoluut, onbetwisbare en onbevraagbare vertrekpunt vir vêrdere argument, is waarskynlik sy sterkste argument ten gunste van sy kontensie dat alle godsdienste mensgemaak is en fundamenteel teen die rede indruis. Hy sê; “ If one must have faith in order to believe something, or believe in something, then the likelihood of that something having any truth or value is considerably diminished.”
Of, vêrderaan; “... In other words, to believe in a god is in one way to express a willingness to believe in anything. Whereas to reject the belief is by no means to profess belief in nothing.” Die kruks van sy boek is dan ook dat ” ... religion poisons everything, including their own faculties of discernment.” Die laaste is ook sy vernietigendste aanklag.
Daar kan ook nie veel fout gevind word met sy argument en kritiek oor die noue, historiese en simbiotiese verwantskap tussen kerk en staat en die gevolglike logiese afleiding, dat godsdiens weinig meer as ’n streng regimenterende reeks mensgemaakte lewensreëls is om die mens, deur die geskiedenis, aan die politieke ideologie van die dag onderdanig te probeer hou het nie.
Die boek het beslis bydraende en historiese agtergrond-waarde in die soeke na beter begrip van ons bestaan en ek is bly dat ek dit gelees het omdat dit my veral van die baie kerklike vergrype geleer het. Dis net jammer dat Hitchens so ’n gewigtige onderwerp nie, en terwille van groter geloofwaardigheid, as ’n meer objektiewe projek en in samewerking met minstens ’n paar ander erkende vakkundiges aangepak het nie.
Dit is egter dalk sy slot, in “The need for a New Enlightment”, wat sy tesis, boek, stellings, argumente en opinie tog moontlik mag red of minstens vir die NHN, humaniste, godsdienstige twyfelaars en kwasi-filosowe interessant en die moeite werd mag maak:
“Above all, we are in need of a renewed Enlightment, which will base itself on the proposition that the proper study of mankind is man, and women. This Enlightment will not need to depend, like its predecessors, on the heroic breakthroughs of a few gifted and exceptionally courageous people. It is within the compass of the average person. The study of literature and poetry, both for its own sake and for the eternal ethical questions with which it deals, can now easily dispose the scrutiny of sacred texts that have been found to be corrupt and confected. The pursuit of unfettered scientific inquiry, and the availability of new findings to masses of people by easy electronic means, will revolutionize our concepts of research and development. Very importantly, the divorce between sexual life and fear, the sexual life and disease, and the sexual life and tyranny, can now at last be attempted on the sole condition that we banish all religions form the discourse. All this and more is, for the first time in our history, within the reach if not the grasp of everyone...”