Die eerste stap geleentheid van die jaar is op 24 Januarie 2010 vanaf die Walter Sisulu Botaniese Tuin in Roodepoort. Dit bied die geleentheid om net deur die tuin te wandel of om ‘n langer stap van ongeveer 3 ure in die omliggende kopppe te onderneem.
Ons ontmoet 9:00 net verby die hoofingang nadat jy toegang betaal het. As ons gekonstitueer is, stap ons deur die tuin, verby die waterval, op teen die krans verby die Witkruisarendnes en volg aanvanklik die geologiese roete. Laat jou middagete in die kar. Na afloop van die stap (so 12:30) sal ons onder die bome op die ruim grasperke ‘n piekniekplek soek. Daar is ook ‘n tee-tuin / restourant / kiosk, wat baie populêr is.
Toegangsfooi: R23 per volwassene, R7 per kind.
Bring saam:
- Stewige skoene
- ‘n Dagsakkie
- Water (minstens 1 liter)
- Snoepies en/of vrugte, om tot 12:30 aan die lewe te bly
- ‘n Hoed
- ‘n Verkyker (opsioneel)
- Sonbrandroom (nie opsioneel vir die witvelliges nie)
En as jy wil bly om saam te piekniek:
- Kos en drinkgoed
- ‘n Stoel of kombers.
Vir meer inligting oor ligging, fasiliteite, fotos, ens:
Padaanwysings:
· Vanaf Pretoria, met die N14 tot by die Sasolgarage robot en dan links (M47). Na die tweede verkeerslig, links. Volg die aanwysingsborde.
· Vanaf Johannesburg, met Hendrik Potgieter (M47 noord-oos.
GPS: S 26° 05' 21.0" E 27° 50' 69.4"
Die volgende stappie word beplan vir 21 Februarie, Phaladingwe by Pelindaba.
Siep Talma
Nms die Sosiale Spil van die NHN Uitvoerende Komitee
Siep.talma@gmail.com of 012-348-0087 of 083-564-8710.