Bybelvertaling en homoseksualiteit

deur Pieter Botha

Daar was onlangs 'n polemiek oor die woorde "mense wat homoseksualiteit beoefen" in 1 Korintiërs 6:9 in die Nuwe Afrikaanse Vertaling. Die ou vertaling het verwys na "sodomiete", en dit alleen laat mens al wonder wat gaan eintlik aan in dié teks. Die probleemwoord is arsenokoites.

Die uitdaging is nie om vertalingsekwivalente vir enkele woorde te vind nie, maar om die betekenis van 'n uitspraak te bepaal. Die verskil is sigbaar in die volgende: "die Bokke loop deur" se woordelikse vertalingsekwivalent is "the Antelopes walk through". Met behulp van historiese kennis, en volgens die beginsels van taalkunde is die betekenis van my voorbeeld: "The South African national rugby team is heavily criticised".  Met verwysing na 1 Kor. 6:9 is die manier waarvolgens mense wat die Griekse woord "arsenokoites" in Afrikaans oorsit as "homoseksueel" soos om te sê die woord "luiperd" bestaan uit "lui" (=lazy)  en "perd" (=horse) daarom is luiperd gelyk aan "lazy horse". Daar is baie bronne wat mens kan raadpleeg oor eerste-eeuse Grieks, maar mens moet darem die reëls (of die gebrek daaraan) waarvolgens die bron werk, verstaan alvorens mens beweer geleerdheid is aan jou kant.

Historiese situasie is 'n uiters belangrike toetssteen. As iemand vorendag kom met 'n vertaling van 'n Griekse teks waarin Paulus die subatomiese struktuur van uraan bespreek sal ons almal weet dit is 'n vervalsing (en uraan het destyds bestaan). Daar was nie eers destyds woorde vir sulke verskynsels nie, en nog minder kennis of begrip van sulke konsepte. Net so is daar nie eerste-eeuse woorde vir kieme, bakterie, elektrisiteit, epilepsie, vroueregte, die menslike eiersel en nog baie ander nie.  Destydse mense het oor dinge gepraat binne hulle ervaringswêreld met waardes en insigte wat anders is as ons s'n. Die woord "homoseksueel" wat beteken iemand het 'n sekere seksuele orientasie, het nie voor die negentiende eeu bestaan nie. Voordat moderne idees oor identiteit en orientasie ontwikkel het, was die kwessie anale seks (en die kerk was teen alle anale seks, selfs die tussen 'n getroude man en vrou). Vandag weet ons dat iemand se seksuele identiteit lank voor jou eerste seksuele daad reeds vas gelê is, en dat jou orientasie 'n werklikheid is selfs al het jy nooit enige seks in jou hele lewe nie. Die antieke wêreld het nie van seksuele oriëntasie gepraat nie en identiteit was iets wat statusryke mans aan ander toegeken het.  Ons moet vir geen oomblik vergeet dat dit destyds 'n ander wêreld was nie, met ander idees, vreemde sosiale waardes en 'n antieke wêreldbeeld.

Niemand betwis dat Paulus dit teen sommige mense en dade het nie, of dat hy sekere vorme van homoerotiek afkeur nie. Maar om Paulus se woorde te veralgemeen tot 'n beginsel wat alle homoerotiese gedrag beskrywe, is om die verskil tussen vertalingsekwivalent en betekenis te minag. Die waardevolle vraag is nie of hy my of jou voorkeure ondersteun nie, maar wat beteken sy uitsprake. Die "sagtes" (die malakoi) in 1 Kor 6.9, gegewe die konteks (onsedelikes, afgodsdienaars, egbrekers), het te doen met begeerte en gebrek aan selfbeheersing, en 'n vertaling van "wellustiges" is meer getrou.  Die vertaling van arsenokoites is 'n berugte probleem; onder meer omdat niemand dié woord voor Paulus gebruik het nie. Ná Paulus se tyd is die woord gebruik vir 'n invloedryke man wat 'n seun/jongman aanhou as beminde. Uitsprake soortgelyk aan Paulus s'n verbind geweldadige, hubristiese liefde vir seuns met owerspel, diefstal en gierigheid.  Paulus het 'n homoerotiese verhouding wat 'n jongman uitbuit in gedagte, waar gesag en status in 'n ouer man-jonger man verhouding misbruik word. Dit is juis deur sulke onderskeidinge, sulke aspekte van  betekenis, wat mens bewus word dat die kwaliteit van 'n verhouding veel belangriker is as die vraag of dit 'n huwelik is tussen 'n man en 'n vrou.

Ten slotte is dit belangrik om die aandag daarop te vestig dat daar ten opsigte van seksuele gedrag letterlik honderde ander opdragte en veroordelings in die Bybel is wat verdraai, afgewater of sommer net geïgnoreer word, sonder dat daar aangedui word hoekom die sogenaamde homoseksuele voorskrifte kwansuis behou moet word.

Kommentare

Re: Bybelvertaling en homoseksualiteit

Baie dankie vir die insiggewende inligting, Lana. Ek het intussen 'n Wikipedia- artikel  raakgelees oor die verskille tussen die amptelike wetenskaplike weergawe van die oorsprong van HIV en verskeie samesweringsteorieë daaroor. Die artikel verwys selfs as volg na Thabo Mbeki se idees oor die oorsaak van VIGS:

 
"Thabo Mbeki, former President of South Africa, along with other prominent members of the ruling African National Congress party, has argued that AIDS is the result of poverty, chronic disease, malnutrition and other environmental factors. Mbeki based his views on the discredited beliefs of AIDS denialists, especially Peter Duesberg. It has been suggested that the ANC leadership adopted this position as a political expedient, intended to deflect criticism that the ANC had not done enough to fight AIDS in South Africa."
 
Die artikel verwys egter nêrens na enige van die teorieë dat "skandelike hartstogte" of die sondeval die hoofoorsaak van VIGS is nie!

Jaco Steyn

Re: Bybelvertaling en homoseksualiteit

('n Ander?) anonieme persoon het as volg gereageer op ons gesprek:

"Al hierdie siektes is maar die gevolge van die sondeval....maar daaraan glo julle seker ook nie....
en dis nie God wat dit oor die mens gebring het nie.....meeste van hierdie siektes soos hartversaking en asma beroertes ens....
kom voor omdat die mense allerhande goed in die kos begin sit het en die mense siek maak...daar was al oor Carte  Blance en ander tv stasies gewys hoe 
beeste ander dooie beeste wat gevrek het van siektes se vleis gevoer word wat fyngemaal is tussen die hooi...sodat die volume vleis ann hulle liggame 
vinniger kan aan sit om sodoende meer vleis te kan produseer.  Daardie beeste word daarna na die slagpale gestuur en mense eet van daardie vleis...dis 
dieselfde met die griep en virusse wat ons vandag kry, ons kinders word ingeent met met n hele klomp bakterie om sodoende sekere siektes te voorkom 
soos...daar word nie eers vooraf gekyk watter virusse in die inentings is nie....

kyk na di volgende links:
http://www.redicecreations.com/news/2004/sugar.html hierdie is n verslag wat n dokter gegee het oor wat net suiker aan n mens kan doen... onder andere veroorsaak dir bloedklonte en bloedklonte kan ook hart versaking en hart aan valle veroorsaak....maar ek is seker ons is veilig want ons suiker
en ander lande se suiker is nie dieselfde nie!!

http://www.redicecreations.com/news/2004/milkcancer.html nog n link oor gevare van melk...
http://www.redicecreations.com/specialreports/notmilk.html hierdie link gee al die gevare van melk....
http://www.redicecreations.com/news/2004/ovariancancer.html lactose in melk help kanker aan
http://www.redicecreations.com/specialreports/milksux.html  kyk na hierdie links wat gaan oor melk en die gevare van lactose daarin. dis interesant om 
te weet dat diere melk produseer totdat die kleintjie grootgenoeg is dan hou hulle op en dan drink die kkleintjie nie verder nie en eet self.....
het jy al ooit n koei sien bokmelk drink of n bok...koeimelk.....waarom drink ons dan melk??

http://www.redicecreations.com/specialreports/2005/11nov/poisoninghumanity.html
hierdie link gaan oor alles wat die mensdom, ons land ingesluit, doen om hulle self te vergiftig onder die naam van tegnologie. fluried in tandepasta 
is een, mercury in ons tandestopsels.....dan nog aspartame in ons diet koeldranke soos coke zero ens....

http://www.redicecreations.com/article.php?id=737 hierdie gaan oor Gardasil wat vir vroue gegee word wat borskanker het....

http://www.redicecreations.com/article.php?id=8258 hierdie artikel gaan oor swineflu...
"die volgende aan haling kom van die volgende link: http://www.redicecreations.com/article.php?id=7877
Even scientists who helped develop the vaccine say THEY ARE NOT GOING TO TAKE IT AND URGE THEIR FRIENDS AND FAMILY NOT TO TAKE IT EITHER," ons land het ook al hulle swine flu inentings van oorsee afgekry....vraag is net...hoekom wil die mense wat dit gemaak het hulleself nie eers daarmee laat 
inent nie.....
http://www.redicecreations.com/specialreports/vaccinetruth.html nog n link oor inentings..baie van ons apteke en klinieke kry hierdie entstowwe van 
oorsee af....so wie is nou die onkundige een???
http://www.redicecreations.com/news/2004/aspartamekiller.html nog n link oor gif in ons gaskoeldranke....
as jy enigsins moeite doen om hierdie artikels te gaan lees sal jy sien dat meeste van ons siektes die mens oor homself bring....
ek mag miskien onkundig maar jy moet plain onnosel wees om te dink al hierdie dinge raak ons nie.......hoeveel van ons drink koeldrank soos 
coke zero....sprite zero(wat in ons eie land gekoop kan word).....en ek is seker jy borsel darem ook jou tande met fluried.....90% van alle tandepaste 
het fluried in.

nou wat nou is daar nou......dit lyk dan nou vir my asof God glad nie verantwoordelik is vir al hierdie elendes wat ons oor onsself bring nie.....so 
omterug te kom na homoseksualiteit en seksuele oordraagbare siektes.....net n interestante stukkie inligting....wanneer n man en vrou gemeenskap met 
mekaar het verander die stowwe wat afgeskei word die man se DNA....nou wat dink jy sal gebeur as een man by drie of vier vrouens slaap.....jou 
teenliggaampies gaan nie elke keer die vreemde stowwe aanvaar nie en dit dus aanval ....."

Jaco Steyn

Re: Bybelvertaling en homoseksualiteit

 'n Anonieme persoon het as volg gereageer op ons gesprek:

 
Die vraag oor homoseksualiteit soos deur die Bybel verklaar:
 
Die intelek het niks met God se waarheid te doen het nie - jy sal uit jou geloof gered word, nie uit jou intelek nie. Romeine 1 vanaf vers 18 tot 32 stel dit baie duidelik wat gebeur met mense wat hulle denkvermoe groter as God s'n ag, sodat hulle onverstandige hart dwaas word en hulle oorgegee word aan skandelike hartstogte om in wellus te ontbrand teenoor hulle eie geslag. AIDS het definitief nie sommer net gekom nie so ook nie die verwoesting van Sodom en Gamorra nie. My persoonlike ondervinding met homoseksuele mense is presies soos wat Romeine hulle beskryf. Dit is mense wat kerke gaan aanvat omdat die kerk hulle kamma verwerp, maar hulle sal eerder gemeentes kaal stroop van die waarheid as om hulle eie boosheid te erken. 

Jaco Steyn

Re: Bybelvertaling en homoseksualiteit

Net 'n regstelling
Die oorsprong van HIV is moontlik 'n mutasie van SIV (Simian Immunodeficiency Virus) wat tydens die jag van ape in die Congo-area aan die jagters oorgedra is, moontlik deur bytwonde, of as gevolg van die kontak met bloed tydens die slag van die ape.
Eintlik 'n klassieke voorbeeld van evolusie (van 'n virus) in aksie.
Groete
Lana

Re: Bybelvertaling en homoseksualiteit

Hallo Christo,

 
Nadat ek jou kommentaar gelees het oor die stilswye van ons Christen-fundamentalistiese vriend, het ek besef dat ons nog nooit eintlik 'n gesprek 
oor VIGS op die NHN-gespreksforum gehad het nie. Miskien is dit nóú 'n goeie geleentheid om weg te spring met 'n paar interessante teorieë oor die 
ontstaan van VIGS:
 
  • Daar word beweer dat die VIGS-virus afkomstig is van een of ander aap in die oerwoude van Afrika. Blykbaar het 'n inboorling seks met die aap gehad en daarna het die virus versprei na gays in Amerika en Europa.
 
  • In boeke soos o.a. “AIDS and the doctors of death” deur Alan Cantwell jr. en “Moordvirus” deur E.J.G. Norval word beweer dat die VIGS-virus 'n mensgemaakte virus is wat in laboratoriums ontwikkel is ten einde veral die swart- en gay bevolking van die wêreld gaandeweg “uit te wis”.
 
  • Dan is daar die teorie wat deur ons anonieme vriend geglo word, naamlik dat God self besluit het om die mensdom te straf vir hul goddelose dade. Tydens hierdie proses word onskuldige mense (mense wat blykbaar nié rondslaap nie) ook gedood deur o.a. bloedoortappings. Dit herinner nogal aan die dae van Noag toe God (dis nou die Joodse stamgod Jahwe waarna ek verwys) na bewering besluit het om bykans die hele mensdom uit te wis a.g.v. hulle “goddeloosheid”.
 
Dis nogal 'n deurmekaarspul en ek hoop dat een van die NHN-mense dalk meer kennis het hieroor, want ek het op 'n stadium tou opgegooi en besluit 
dat daar interessanter en belangriker dinge is om oor navorsing te doen.

Jaco Steyn

Re: Bybelvertaling en homoseksualiteit

Vriende
Nog 'n tref-en-trap held. Of beter gestel: 'n totaal-mis-en-trap held!
Ek weet ons staan vryheid van spraak en oortuiging voor maar ouens soos Anoniem en Evangelis beskik nie oor die vermoë om sinvol te antwoord of te redeneer nie. Hulle maak hoegenaamd geen bydrae tot enigiets nie.
Kan mens hulle nie maar van die begin af sif en sensureer nie?
Hulle voel belangrik in hul eie oë en mors net almal se tyd.
Groete

Christo

Re: Bybelvertaling en homoseksualiteit

Jaco
Hierdie persoon is 'n uitstekende voorbeeld van iemand wat duidelik nie die vaagste benul het van die onderwerp waaroor hy/sy hom/haar uitspreek nie maar tog die selfvertoue het om daardie onkunde uit te stal as wysheid. Hy/sy stel net in een vooropgestelde antwoord belang en sal nie eers iets anders oorweeg nie.
Maar my belangstelling is nou geprikkel en ek sal graag van mnr/me Anoniem die volgende wil weet: "U voel duidelik dat u u eie vraag kan antwoord. Maar wat nou van kwale soos verkoue, kanker, griep, hartversaking, rumatiek, brienvliesontsteking, asma, polio, masels, beroerte, waterpokkies, ens., ens., ens. Waar kom dit dan vandaan?"
Ek sien met afwagting uit na u antwoord
Groete

Christo

Re: Bybelvertaling en homoseksualiteit

'n Anonieme persoon het hierdie kommentaar gelewer:

 
almal val die bybel aan maar vertel my waarom is daar siektes soos aids en vigs???.
of is dit ook nou maar evolusie se manier om die swakker skakel ontslae te raak.....
wat gebeur as politikus of enige ander bekende persoon deur n bloed oortapping aids/vigs kry....
is hy/ sy dan nou maar net n swak skakel in die evolusie leer....om  die sterker een te laat oorleef.

ek het n paar dae terug ook kommentaar gelewer maar blykbaar het julle of nie antwoorde vir my nie of julle 
is te bang om my te antwoord....

kom ons los die bybel en antwoord my vraag waar kom seksueel oordraagbare siektes soos aids/vigs vandaan????

hoekom is sodom en gomorra vernietig....???

Jaco Steyn