NHN Vraebus

Hoe werk ons vraebus?

Vriende,

Vrae kan anoniem in hierdie vraebus geplaas word.

Geregistreerde gebruikers:

  1. Teken in.
  2. Skep 'n nuwe onderwerp met jou vraag.

Anonieme gebruikers:

  1. Plaas jou vraag as kommentaar op hierdie skrywe.
  2. Gee jou vraag 'n nuwe titel.

Nadat die vraag beantwoord is deur een van die hoofmoderators, word die tema na die Antwoorde op Vraebus geskuif.

Indien jou vraag dus nie meer in die forum te vinde is nie, behoort jy hom in daardie afdeling te vind.

Webmeester

Drome - betekenisvolle boodskappe van die nag

 Midrandbyeenkomste

Ek sien Sondag 9 Oktober is daar 'n lente etebyeenkoms na die bespreking. Moet ons elkeen ons ei kosmandjie pak, of koop ons daar etes? Hoe werk dit. Ek is 'n nuwe lid en weet nie.

Baie dankie
Louise Prinsloo

Humaniste hoop, gelowiges glo...

 Kan iemand asseblief vir my - ek is onseker oor my interpretasie interpretasie van die volgende uit die artikel in die skakel wat ek op ons gespreksforum verskaf het - uitle en die relvansie daarvan verduidelik? Dis veral met die laaste drie woorde wat ek sukkel.

'...Medieval philosopher Maimonedes famously said “Hope is belief in the plausibility of the possible as opposed to the necessity of the probable.”

Dankie.

Willem.   

Drie-eenheid

Goeienaand Sakkie & vriende

Ek het sopas op die internet 'n artikel deur dr Ed DeVries (Amerikaner), President van die School of Biblical & Theological Studies (Baptiste) gelees getiteld "Doctrine of the Trinity".
In die artikel maak hy die volgende stelling:
The Hebrew name for God used in all known manuscripts is ELOHIM, so Genesis 1:1 could read, "In the beginning ELOHIM created the heaven and the earth." The word ELOHIM means three in one. The word ELOHIM has both a singular and a plural usage in Hebrew, uniquely, the two usages are always simultaneous. The word ELOHIM can never be used in the plural form without implying the singular and vice-versa.
Is dit korrek? Ek het nie die vaagste begrip van Hebreeus nie en sal dit waardeer indien Sakkie of een van ons geleerde vriende dalk net kortliks hierop kan antwoord.

Vriendelike groete

Christo

NS Wat het van my versoek oor meer inligting oor Openbaring geword?

Sondag-lesings

Goeiedag Sakkie & Vriende
Ek kon die afgelope Sondag se lesing Napraters en Vrydenkers deur Hansie Wolmarans ongelukkig nie bywoon nie. Iets waaroor ek baie jammer was want ek het vermoed dat dit baie interessant sou wees. Gelukkig kon ek die artikel heel toevallig op die Kletskerk-webblad in die hande kry, waaroor ek baie bly is.
Nou is my vraag: Is dit nie moontlik om álle Sondag-lesings op die NHN-webblad te plaas nie? Ek is seker dat feitlik al die sprekers 'n volledig uitgewerkte kopie van hul lesings byderhand sal hê, en in ons moderne wêreld is dit feitlik 100% seker dat die lesing in elk geval in woordverwerkingsformaat iewers beskikbaar sal wees. Dis so maklik soos stuur die lesing per e-pos aan.
So iets sal groot voordele inhou: Persone wat 'n Sondag nie daar kon wees nie, kan nog steeds die lesing in die hande kry; en NHN-ondersteuners in ander sentra soos Bloemfontein en Kaapstad sal dan ook toegang hê tot interessante en waardevolle inligting.
Groete

Die boek Openbaring - nog 'n keer

Goeienaand Sakkie & vriende
Op 13 Oktober 2006 het Sakkie na aanleiding van Loot se vraag oor Openbaring 'n 1½ bladsy antwoord gegee. Dit was vir my baie insiggewend.
Openbaring is 'n baie belangrike boek, nie vanweë akkurate voorspellings nie maar omdat fundamentaliste en almal wat vuur en swael wil dreig tydig en ontydig Openbaring inroep om hul argumente en dreigemente te versterk. Daar is juis nou weer 'n groep wat finaal en vir seker weet en verkondig dat die Oordeelsdag op 21 Mei 2011 gaan plaasvind en dat die aarde en al die sondaars wat dit nie gemaak het op 21 Mei nie, iewers in September (of is dit nou November?) in vlamme vernietig gaan word.  Openbaring word so stuk-stuk aan die hare bygesleep.
Wil Sakkie of een van ons Bybelwetenskaplikes nie vir ons nog 'n artikel oor Openbaring skryf nie? Sakkie het alreeds baie en interessante inligting in sy antwoord aan Loot gegee maar ek is seker dat daar nog báie meer interessante inligting is wat ons gewone ouens nie van weet nie.
Groete

Trou of saamwoon?

Goeienaand Sakkie & Vriende

Ek het oorals tussen die NHN se artikels gesoek oor iets oor "trou of saamwoon" maar ek kry nie regtig iets nie. Daar is dus nog nie iets substantiefs daaroor geskryf nie, of ek soek verkeerd.
Aangesien dit 'n onderwerp is wat vandag aan die orde van die dag is, sal ek dit waardeer indien Sakkie of 'n ander bevoegde persoon 'n goed gemotiveerde artikel daaroor sal skryf.

Vriendelike groete

Christo

Resurrection a tool that the Devil used to lead mankind astray?

Sakkie,

 In his document Why I am Not a Christian by Richard Carrier (infidels.org) he says; "... early Christians tried to explain away the existence of pre-Christian resurrection cults by accusing the Devil of fabricating them to fool mankind and lead us astray. That is a coherent theory that could just as easily explain the entire Christian religion."

Are you aware of any corroborative or contradicting evidence concerning the claim in the first sentence?

Pula,

Willem.


Staking van offers.

 Dag Sakkie,

Kan jy asseblief vir ons verduidelik hoekom die Abrahamietiese gelowe opgehou het om offers vir hul gode te gee? Ek kan verstaan as een sy eie pad loop maar, hoekom sou al drie egter daarmee opgehou het - gee hulle dieselfde redes daarvoor - of het cash eenvoudig vir hulle, soos vir ons almal, koning geword?

Groete,

Willem. 

Spirituele voortbestaan

 Ek is nie 'n teoloog nie maar 'n geesteswetenskaplike. Ek wil graag kommentaar vra oor die volgende stelling:
Ons is nie mense met 'n spirituele ondervinding nie. Ons is spirituele wesens wat tans 'n menslike onervinding beleef.

Ons spiritualiteit is dus ewigdurend en kan voortbestaan in ander bestaansbelewenisse?

Neels Moolman

Syndicate content