Beste Vrinne Ek wou al drie dae gelede hierdie brief geplaas het, maar om een of ander rede kon ek nie op die NHN se webbladsy kom nie. Ek het Saterdag (29 Desember) die tragiese nuus ontvang dat At Victor wat soms hier saamgesels het, oorlede is. At het in Secunda gewoon en was 'n suikersiektelyer wat enkele jare gelede 'n hartomleiding-operasie ondergaan het. Hy was onlangs die slagoffer van 'n motorkaping en dit lyk of dit 'n impak op sy gesondheid gehad het. At is vandag (Woensdag 2 Januarie 2008) veras. At het 'n keer of wat van Secunda af oorgery om die Midrandbyeenkomste te kom bywoon en het ook 'n keer een van ons gesellige etes bygewoon. Dis waar ek hom van aangesig tot aangesig leer ken het. Dink aan sy vrou Naomi, sy familie en vriende. Sakkie
Re: At Victor
Re: At Victor
Re: At Victor