Goeiedag NHN-vriende
'n Baie voorspoedige en vrugtevolle nuwe jaar word vir u in 2012 toegewens. Die Van der Merwes kan doen met 'n voorspoedige nuwe jaar want in 2011 het ons 'n paar goeie klappe weg! Maar, ons is op die been en aan die gang en ons sien net mooi dinge wat voorlê.
Ek is nie 'n resensent nie, ek lees 'n boek en dit geval my of geval my nie. Twee boeke wat ek nou onlangs bekom het en wat my "geval", is: Re-Claiming the Bible for a Non-Religious World deur Johan Shelby Spong; en Hier staan ek... saamgestel deur Diek van Wyk, Coenie Nolte en Leon Atterbury.
John Shelby Spong is natuurlik 'n ou bekende onder Nuwe Hervormers. Dit kom my voor asof omtrent elke boek wat hy skryf 'n topverkoper is en ek glo dat Re-Claiming the Bible nie minder so sal wees nie. Die geweldige belangstelling in sy boeke is vir my 'n goeie aanduiding van die moderne mens se soeke na 'n her-evaluering van die tradisionele Christelike godsdiens. Ek moet eerlik erken dat ek nie vreeslik filosofies aangelê is nie, manne soos Jozua en Takhaar verloor my maklik en Eternal Life: A New Vision van Spong sal ek weer 'n keer, en waarskynlik nóg 'n keer, moet gaan lees en herkou. Maar Re-Claiming pas so in my kraam. Dit hanteer Bybelstudietipe-onderwerpe en spel op 'n gemaklike, gesellige trant uit wat wérklik daar staan. Dis 'n ware 'n oë-oopmaak boek. Saam met Sakkie se Jesus van Nasaret beantwoord dit vir my omtent elke vraag waaroor ek al gewonder het. Ons is ywerige woonwa-mense en hierdie twee boeke sal my beslis oorals vergesel. Lekker, gemaklike, insiggewende leesstof.
Ek het toevallig in 2011 met Leon Atterbury 'n bietjie e-posse uitgeruil na aanleiding van 'n artikel wat hy geskryf het. Hy het my toe vertel dat hy en nog twee persone besig is om 'n boek saam te stel oor die ervarings van verskillende persone wat begin vrae vra het oor die Bybel. Hier staan ek... het toe verskyn en ek het sonder versuim vir my 'n kopié bestel. (Terloops, die boek is goedkoper by Exclusive Books as direk van die verspreiders.) Weer eens 'n boek wat my geval. Dit lees gemaklik en dit doen 'n mens goed om te sien dat daar baie ander persone is wat met dieselfde, en nog méér, probleme geworstel het.
My aanbeveling: skaf gerus hierdie twee boeke aan vir 'n lekkerlees ondervinding.
Groete
Re: Nie 'n Resensie nie!
Christo
Dis nou jammer want my skooljare was in Kaapstad n klipgooi van Nuweland en die krieketveld....
Groete
JH
Re: Nie 'n Resensie nie!
Goeiedag Jozua
As jy jou skooldae in die Roodepoort-omgewing deurgebring het, kan dit dalk so wees.
Groete
Christo
Re: Nie 'n Resensie nie!
Christo
Dis altyd lekker n goeie boek raak te loop en hulle trek soos vriende saam met jou.
Ek wonder baie keer of ons nie dalk vir mekaar geken het op skooldae nie ?
Groete
Jozua