A core issue in life (especially in sex, religion, politics, society etc) is the powerful role that power plays.
It is a very complex phenomenon.
It evokes paradoxical emotions.
It simultaneously angers and amuses, empower and disempower, frightens and excites.
Michel Foucault (in most of his books) wrote a lot about it - so does Eric Berne in "games people play" and Susan Pinker in "the sexual paradox" I reflected something about it in my book "Introduction to Sexology - between and beyond the poles". But unfortunately philosophy, psychology and sexology are topics "non grata" to most people - yet power struggles are everywhere in our face. (Ook in die NHN)
Die magspeletjies in die binne kringe van die NHN is besig om ernstige nadelige gevolge in te hou vir ons netwerk. Ek is baie bewus van wat in die binnekringe aangaan, maar dit affekteer nou ook ons gewone minder belangrike nie-UK lede. Die doelstellings en etiek van die NHN word al hoe meer geminag deur persoonlike aanvalle en magspeletjies. In die verlede op Sakkie en nou ook op Jaco Steyn wat gelei het tot sy bedanking uit die UK. Self moes ek en ander NHN lede dit ookal ontgeld - gewoon dat die man gespeel word en nie die bal nie... 'n Mens kan verwag dat dit van buite die NHN sal gebeur, maar wanneer dit uit eie kringe kom moet daar onverwyld iets aan gedoen word om dit te stop.
Verskeie lede het gevra dat ons hieroor in gesprek tree met die UK - intussen hou almal nog lekker vakansie...
Re: Magspeletjies
Vriende
Die kommentaar hieronder is nie anoniem nie. Ek het nooit opgelet dat ek nie aangeteken is nie en Sakkie moes tot my redding kom en my bydrae plaas. In die proses het my naam verlore geraak.
Groete
Christo
Re: Magspeletjies
Goeienaand Erick & Vriende
Ek stem heeltemal met jou standpunt saam. Ek sou net graag nog 'n bykomende stuiwertjie in die armbeurs wou werp.
Onder die "hit and run"-brigade is daar enkele kreasioniste en fundamentaliste wat ten spyte van hul voorgegewe "Christelikheid" en "gelowigheid" niks daarvan dink om op onderduimse wyse 'n onderwerp op ons forum te plaas, bloot om hul eie belaglike standpunte in die openbaar te stel. Ondervinding het geleer dat om met hulle gesprek te voer geen doel dien nie.
Ek voel baie sterk dat die Forum-moderator sulke persone, of groepe, nie eers 'n eerste plasing moet gun nie. Dat dit die wysheid van Salomo sal verg om altyd die regte besluit te neem, gee ek geredelik toe. Een persoon kan dalk iets oor evolusie sê wat 'n baie interessante bespreking kan uitlok, terwyl 'n volgende (oningeligte) persoon dalk die bestaan van evolusie sal wil bevraagteken. Laasgenoemde sou na my mening 'n mors van lede-tyd, forumspasie en webfondse wees en mag nie geduld word nie.
Groete
Re: Magspeletjies
Na 'n lang afwesigheid wil ek ook graag 'n eier oor hierdie onderwerp le.
Ek sien hierdie forum as oop vir enige persoon wat kommetaar het om te lewer. Solank daar nie met persoonlike aanvalle voorendag gekom word nie. Daar was al baie mense wat hier met hulle eie (soms skewe) sieninge gekom "hit and run" het. Daar is ook mense wat met aanhoudende, aggressiewe en beledigende kommetaar voorendag gekom het en wat met reg van hierdie forum verban is na vele klagtes.
Daarvoor het ek respek en waardering.
So mense, ons moet aub nie in daardie rigting van onverdraagsaamheid en persoonlike aanvalle land nie. Los dit vir die kerke om dit te doen!
Groetnis,
Erick
Re: Magspeletjies
Hi Johnnie -
Jy is baie welkom om my te kritiseer soveel as wat jy wil. Dit is nie waarom dit gaan nie.
In die stukkie wat jy heel ontoepaslik op die onderwerp hierbo aanhaal verwoord ek bloot my eie goeie en slegte emosies.
Dit was glad nie op jou gemik of aan jou gerig nie.
Dit is 'n algemene verwysing waarin ek my eie onvermoe verwoord en is tog op geen manier 'n persoonlike aanval nie.
Miskien moet ek verduidelik wat ek met persoonlike aanval bedoel:
Persoonlike aanval is vir my wanneer daar valse en/of lasterlike bewerings gemaak word ten opsigte van 'n spesifieke persoon.
Doelbewus kwaad gestook word om iemand te beledig en te verkleineer.
JOHANN LEMMER
Re: Magspeletjies
Beste Johann (Lemmer) en die res
Ek meen nie die UK-lede is besig om magspeletjies met mekaar te speel nie. Ons het wel met mekaar in gesprek getree en ons probeer wel duidelikheid kry oor waarheen ons met die gespreksforum wil gaan. Soos jy sal oplet, is hier onder andere 'n sekere "Evangelis" wat gedurigdeur by die agterdeur inglip en allerlei rare sienings oor God se oordeel oor Sodom en Gomorra kom plaas. Dis maar een van die probleme waarmee ons te kampe het.
Wat maak ons met mense (nie-NHNners) wat die NHN se webbladsy misbruik om sienings wat nie in lyn met die NHN se missie, visie en waardes le nie, te verkondig? Moet die NHN gesprekke oor kreasionisme, die plat aarde-teorie, Noag se vloed en wat die meer sy op sy webbladsy toelaat? Is die NHN se webbladsy daar vir mense wat nie NHNners is nie? Hoe moet ons die gespreksforum presies bestuur? Dis van die probleme waarmee ons opgeskeep sit en waaroor ons duidelikheid sal moet kry voor ons die nuwe webbladsy in 2012 loods.
Meeste UK-lede is wel met verlof en ons sal in die nuwe jaar indringend na die saak moet kyk - maar van magspeletjies is daar nie sprake nie.
Groete
Sakkie
Magspeletjies
Johann,
Jy maak die volgende stelling: "Die doelstellings en etiek van die NHN word al hoe meer geminag deur persoonlike aanvalle en magspeletjies." Ek vind dit interessant, in die lig van dít wat jy by die onderwerp Bewyse vir lewe na die dood geskryf het. http://www.nuwe-hervorming.org.za/forum/bewyse-vir-lewe-na-dood#comment-2670
In plaas daarvan dat jy verduidelik waarom jy nie met my argumente saamstem nie, het jy die volgende kwytgeraak: Ek moet "bely" ek sukkel nou om die "swakkere gebroeder" se aanhoudende verlange (en gekerm in my ore) na 'n lewe na die dood te verduur in hierdie korrespondensie. Ek erken ek is verkeerd in my ongeduld, maar wragtig - kom ons fokus liewer op die LEWE! Ons mors kosbare tyd om anorgasmies te masturbeer oor "bewyse vir die lewe na die dood".
Sommige mense sou dit as ’n persoonlike aanval bestempel het. Maar, ek wil nie baklei nie … ek sê maar net.
Groete.
Johnnie Johnson.