Dag mede NHNers vriende en andere. Tydens ons Weesgerus naweek laas jaar het iemand verwys na hierdie film (as it is in heaven). Alida of iemand het ook met die braai verwys na die film. Ek het onlangs die DVD uitgeneem, wat ‘n prag van ‘n film, seker die beste wat ek nog gesien het. Net soos bybelverhale verstaan moet word in die tydsone van gebeurtenis so is hierdie film geskoei op ons huidige tydsone en is tog so waar. Net so sal hierdie film oor ‘n 1000jr nie meer vir daardie mense dieselfde boodskap inhou nie. Die wat nog nie die film gesien het nie , kyk maar gerus daarna. Gte Loot
Re: As it is in heaven