DVD oor die Suid-Afrikaanse ketters

Vrinne Dit het onder my aandag gekom dat Sarel van der Merwe pas 'n DVD vervaardig het. 'n Goeie predikantsvriend van Polokwane het vir my 'n kopie daarvan gebring. In die DVD word Hansie Wolmarans, Sakkie Spangenberg, Pieter Craffert, Pieter Botha en Piet Muller (die sogenaamde "Nuwe Hervormers") aangeval omdat hulle bygedra het tot die "teologiese ketterye" wat deesdae so welig op die Suid-Afrikaanse kerklike landskap tier. Die DVD het eintlik ten doel om die verhale oor Jesus se opstanding as 'n werklike historiese gebeure aan mense voor te hou. Die opstanding mag glo nie as 'n simboliese gebeurtenis verstaan word nie. Ook mag dit nie as 'n metafoor verstaan word nie. Die DVD begin waar Biskop Desmond Tutu ronduit erken dat die opstanding niks te make het met "die herlewing van 'n dooie lyk nie". Die DVD is duidelik daarop ingestel om professore Jurie le Roux, Dirk Human en Julian Muller (almal verbonde aan die teologiese fakulteit van Pretoria) in 'n slegte lig te stel. Die Nuwe Hervorming Netwerk word ook in die DVD betrek. Die vervaardiger van die DVD oortree duidelik die kopieregwet, want hy het geen toestemming van enige persoon verkry om die materiaal wat hy oor jare versamel het, in 'n DVD weer te gee en te verkoop nie. Hy het dikwels met die versoek gekom om tydens sekere byeenkomste video-opnames te maak. Mense het hom dit goedgunstiglik toegelaat, maar nou blyk dit dat sy motiewe nie suiwer was nie. Hier kom 'n ding ... Sakkie

Re: DVD oor die Suid-Afrikaanse ketters

Danie, Jy het nou die dag gewonder wat by UP aangaan. As jy die volgende webwerf besoek sal jy heelwat antwoorde kry bv Teologiese Opleiding 01 Wat verwag die fakulteit van die kerk Teologiese Opleiding 02 Kerklike behoeftes rondom teologieser opleiding Teologiese Opleiding 03 Profiel van 'n afgestudeerde predikant Teologiese Opleiding 04 Notas vir die gesprek oor kurrikulering en heelwat meer "www.teo.co.za" Lekker lees Joubert

Re: DVD oor die Suid-Afrikaanse ketters

Hallo Danie, Dit is omtrent wat ek afgelei het. Die "duman" het my gegooi. Ek ken dit nie, miskien kry mens hulle net in die woestyn ? :-). 'n Towenaar / waarsêer /profeet ? Ek deel jou verwondering oor "eenders" mense se verskille in interpretasie oor een stel inligting / feite. Moontlik het dit ook te doene met die verskillende persoonlikhede. Waar wil hulle heen en waar wil hulle inpas. Is hulle bereid om uit die gemaksone te beweeg, of is dit net teveel gevra. Hoe belangrik is dit vir hulle om vir hulself te besluite te neem, Hoe vatbaar is hulle vir indoktrinasie. Ek dink nie dit hang van intelligensie af nie. 'n Sielkundige (kan ek nog die woord gebruik...?) ding. Dan is daar iets waarna Sakkie al meermale verwys het, spesifiek met verwysing na heeltydse bedieners : Ten brode, broeder, ten brode. Dit klink miskien sienies, maar dink net, hoeveel predikante neem beroepe aan na hulpbehoewende gemeentes? Groete Ernst
n/a

Re: DVD oor die Suid-Afrikaanse ketters

Hallo Sakkie, Baie dankie vir die verwysing. Sal dit lees. Klink na idees wat ook in Deepak Chopra se boek "How to know God" voorkom. Intelligensie, intellektuele eerlikheid en logiese denke is tog bedmaats! Dis wat ek nie verstaan wanneer dit by teologiese dosente kom nie. Is daar iemand wat al in ‘n navorsingstuk bv 'n vraelys met 'n klompie indringende vrae aan bv finalejaar kweekskoolstudente gegee het? Eenvoudige, maar uiters belangrike vrae soos: "Glo jy regtig dat Adam en Eva geleef het en sal jy die verhaal met oortuiging aanbied in jou prediking?" "Hoe verstaan jy die verskillende skeppingsverhale en vloedverhale wat voorkom in tekste van ander godsdienstige tradisies ensomeer ensovoorts?". Sal baie insiggewend wees. Na my mening is dit maklik om in die geheel jou geloof in die Bybel as letterlike woord van God te verklaar, maar dis baie meer ongemaklik om dan na spesifieke besonderhede te gaan en stellings daaroor te maak. As ek as gewone mens wat nie daagliks in my beroep met wetenskap gekonfronteer word nie, met relatief min inspanning tot bepaalde insigte kan kom, hoeveel te meer moet dit nie waar wees van dosente nie? Die Nama’s hier by my op die plaas glo in een of ander super haas ("Amanhaas", natuurlik met die nodige tongklap uitgespreek)en is ernstig daaroor. Hulle glo dat hierdie haas so sterk is dat hy sommer jou kar kan omgooi as hy wil, maar ook dat die haas jou teen diere soos luiperds sal beskerm! Hulle vertel my dat die meeste Nama’s wat hulle ken so glo, en hierdie haas het hulle nog nie gesien nie, slegs van gehoor van die oumense af!! Ek het al moed opgegee om hulle te oortuig daar bestaan nie so ‘n haas, of enige wese wat ons teen luiperds sal beskerm of ons karre sal omgooi nie nie. Die oues en die jonges op die plaas glo dit. Herken iemand iets??? Miskien is Fowler reg, maar wat van gesonde verstand?? Groete Danie

Re: DVD oor die Suid-Afrikaanse ketters

Hallo Ernst, My verwysing na Pieter en Lets Pretorius is natuurlik glad nie negatief bedoel nie. Ek ken hulle toevallig altwee en, in my soeke na verstaan hoekom intelligente mense feite verskillend interpreteer, het ek na hulle verwys. Albei dokters, een uiters verregs en die ander een nie. Een vertel my ek is 'n duman!!! en hy sien dit in my oog. Die ander een deel nie daardie siening nie, of indien hy dit deel hou hy dit vir homself. Dis vir my moeilik om te begryp dat 'n intelligente mens sulke snert kan glo. Soos dit vir my onverstaanbaar is hoekom intelligente dosente aan universiteite nuwe insigte wat volg op ontdekkings, ignoreer. Indien nie, hoekom loop die jong geslag predikante in die NG Kerk meestal op die oues se voetspore? Ek het Sakkie, Chris en Koos se gesprekke gelees oor oa die UP geleerdes se moeilikheid en die DVD wat versprei word. Dit het my gedagtes weer aan die loop gesit oor intelligensie, logiese denke en die gevolge daarvan, al loop dit uit op kettery!!! Groete Danie

Re: DVD oor die Suid-Afrikaanse ketters

Danie, Ek het geen kennis oor die vrae wat jy vra nie, maar sou graag verstaan in watter opsig die brs Dr Pretorius van mekaar verskil ? Volgens jou skrywe lyk dit nie of dit op godsdienste vlak is nie, want albei beskou God as hoogste gesag. Die een wil 'n Orania stig waar God regeer, en die ander het 'n "hot-line". Daar blyk wel 'n verskil in die manier wat hulle hul Godsdiens wil uitleef, maar nie in beginsel nie? Dalk die politiek? (Het ek nou afgedwaal van die "ketterse" onderwerp.?) Groete Ernst Groete Ernst
n/a

Re: DVD oor die Suid-Afrikaanse ketters

Danie Ek kan nie eerstehand repliek lewer nie, want ek ken nie een van die persone wat jy vermeld nie. Wat ek wel kan se is dat hier op die NHN se webbladsy 'n artikel oor James Fowler se fases van spirituele groei le. Ek dink daar is selfs 'n resensie van Diek van Wyk beskikbaar oor sy boek (met 'n soortgelyke titel). Daarin blyk dit dat mense verskillende vlakke van groei beleef. Sommig mense steek vas by valk drie, terwyl ander deurstoot na vlak vyf. Wat ek hiermee probeer se, is dat sommige mense as 't ware gepredisponeer is om nie te groei nie, maar vas te steek by sekere oortuigings. Sommige mense is onoortuigbaar en kan nie vrydenkend word nie. Groete Sakkie
n/a

Teologiese Fakulteite

Hi, Of ek nou by die regte plek is en die regte skakels druk weet ek nie. Indien nie, verskoon maar, ek is nuut, het so pas aangesluit en weet nog nie presies hoe al die goeters, om Bennie Mostert se woorde te gebruik, werk nie! Maar kuier darem al baie lank op hierdie webwerf. Daar is minstens 'n miljoen dinge wat ek wil weet. Maar die eerste is, wat is die situasie by die kweekskole mbt die kennisontploffing. Ek het in '76 by UP begin studeer, BA Admissie. Grieks het Grieks gebly maar Arabies en Hebreeus wat my hoofvakke was fassineer my tot vandag toe. Jammer om te moet bieg dat ek 'n klaaglike mislukking van my studies gemaak het, maar hoe kan ek ooit Prof Jimmy Loader vergeet? Hier op die plaas in die Namib waar ek met wild boer en in byna totale afsondering leef, is ek byna elke aand op die internet via 'n satteliet verbinding, en krul my tone van lekkerkry oor alles wat ek raakloop, Semities gesproke, Sakkie gesproke ens ens. 'n Miljoen dinge. Maar wat gaan aan by UP en ander fakulteite? Kan iemand my vertel asb? Is die lektore te bang om uit te kom, uit die kas te klim? Binne my direk aangetroude familie is 2 predikant swaers wat by UP gegradueer het. Ek het daar studeer. Ek ken nog 'n hele klompie predikante komende daarvandaan af. Ek onthou nog my dosente en kan verskeie staaltjies oor hulle vertel. Wat gaan aan? Of maak hulle soos die volstruise hier by my? Julle mag hierdie ene interessant vind, en miskien is die antwoord wat ek soek hierin te vinde. Dr Lets Pretorius, mediese dokter maar ook aangeklaagde in die Boere Hoogverraad saak, kyk my eendag in die oog in sy spreekkamer in die ou Potties. My Pa is op sy sterfbed, en Lets roep my na sy spreekkamer. Hy vertel my dat ek 'n duman is en nie 'n human nie(!!!), hy kan dit in my oog sien, en ek is uitverkore om saam met 'n klomp ander 'n volkstaat in SA te begin waar God sal regeer. Iets soos Boere Volkstaat. Onnodig om die gesprek tussen my en hom verder hier te bespreek. Sy broer, Pieter, is ook 'n mediese dokter. Ons ken mekaar goed en hy is ook hoogs intelligent en bedryf 'n praktyk hier te lande. Hy is ook 'n oortuigde gelowige wat op 'n stadium aangebied het om ernstig vir my in te tree(??!!) by God(?) toe ek taamlik moerig oor sekere sake was. Ek het sy aanbod van die hand gewys, maar dis nie ter sake nie. Pieter is nie by Lets se goeters(Bennie!!!!) betrokke nie, nie na my kennis nie. Hy kan beswaarlik, want in Namibie sal hy nie ver kom nie. Twee mediese dokters, albei hoogs intelligent, twee standpunte, reglynig teenoor mekaar. Of is die een te bang om uit die "kas" te klim? en deel hy sy broer se standpunte? Is dit dalk 'n soort van situasie-etiek? Ek sal graag wil hoor van diegene wat eerstehandse kennis het. Danie

DVD oor Suid Afrikaanse ketters

Sakkie Ek praat onlangs met 'n dosent aan een van die fakulteite oor Dawkins se boek. Nee, sê hy vir my, ek kan nie Dawkens hanteer nie want dit is te in jou gesig. Ek het aan Tukkie studuur en in Nederland by Prof. Doewe. En oor een ding is ek bly: Doewe het my in die diepkant ingegooi met die Leben Jesuforschung. As ek kla: Professor, ek verdrink was sy antwoord: effe swemme, effe swemme. Ek besef dat dit vir die gewone lidmaat 'n kwantum sprong is om histories oor die bybel te dink. As dominees nie eens dit wil waag nie is daar 'n problem. Maar elke dag ontmoet ek mense vir wie die tradisionele christendom nie meer sin maak nie. Dit word 'n bevryding as hulle verby die sonde, die duiwel, die wonderwerke, ensomeer kom. Koos
n/a

Re: DVD oor die Suid-Afrikaanse ketters

Hallo Koos Die pasafgelope algemene sinode NG Kerk laat 'n mens eintlik wonder oor die kwaliteit van teologiese opleiding in die RSA. Dit wil voorkom asof die dosente geen historiese bewussyn by hulle studente aanwakker nie. Die Bybel word van voor tot agter gelees asof dit gister vir Westerlinge geskryf is. Die feit dat daar 'n verslag oor die duiwel gedien het en dat die predikante gehuiwer het om daaroor standpunt in te neem en om onomwonde te se: "Na die maan met ou Niek!" vertel 'n skrikwekkende verhaal. Ons is terug in die Middeleeue toe die geloof in die duiwe en sy trawante hoogty gevier het! Groetnis Sakkie
n/a

DVD oor Suid Afrikaanse ketters

Sakkie Ek het onlangs 'n dokument afgelaai van die webwerf wat geskryf is deur 'n teologiese student oor hierdie drie professore wat jy noem . Wat my wel opgeval het van sy redenasies is die gebrek aan werklike insig oor die wese van die Bybel en hoe dit vertolk moet word. Dit verstom my dat mense wat in 'n postmoderne wêreld lewe steeds in premoderne metafore dink. Vandat ek die Bybel kultuur-histories lees het daar nuwe insigte in my spirituele bewussyn gekom. Ek aanvaar ook dat daar ander geskrifte onstaan het oor die eeue - sommige noem ons apokriewe boeke - uit verskeie oorde waar mense soek na 'n bewussyn oor die goddelike. Ek aanvaar dat alle pogings van die mens om die goddelike te defineer steeds subjektiewe pogings sal wees want die goddelike kan nie wetenskaplik-empiries ontleed word nie. Koos
n/a

Re: DVD oor die Suid-Afrikaanse ketters

Dagse Chris Dankie vir die woorde van bemoediging. Die mense wat egter nou in die spervuur staan, is Jurie le Roux, Julian Muller en Dirk Human. Almal verbonde aan die teologiese fakulteit aan UP. Uit die DVD is dit duidelik dat die persoon wat dit vervaardig het, daarop uit is om hulle verdag te maak by die NG Kerk lidmate. Wat die persoon nie in ag neem nie, is dat teologie nie sonder kritiese gesprek kan vorder nie. Alle wetenskap vorder net as daar gesonde kritiese gesprek gevoer word. Wetenskaplikes kom met nuwe bewyse navore en stel nuwe teoriee op. Dan vind daar 'n lewendige debat plaas voordat die nuwe toeriee aanvaar word. Groete Sakkie
n/a

Re: DVD oor die Suid-Afrikaanse ketters

Dag Sakkie Ja, jy is reg: hier kom 'n ding. Sterkte vir die storm wat opnuut om jou kop gaan woed. Al is jy seker goed gekonfyt om die "ketter"-aanval te besweer, moet dit tog seermaak. Jy het immers nie 'n renosterhuid nie. As ek een troos mag bied: Jy is in goeie geselskap. Daar is derduisende mense op alle terreine wat geminag is in hul eie leeftyd, net om later in ere herstel te word. Dink maar aan Galileo, Darwin en Mozart. In die teologie sal jy talle name kan opnoem van helder, progressiewe denkers wat gehoon is deur 'n massa wat nie 'n pardigmaskuif eers wou oorweeg nie. Voor ons kritici dink ek ly aan "illusions of grandeur" deur jou persoonlik gelyk te stel aan Mozart en die ander snare hierbo. Nee, dis nie wat ek bedoel nie -- ek illustreer bloot die beginsel. Sterkte. Chris