Augustinus en die sonde

Ek het die stuk van Sakkie oor Augustinus besonder geniet. Ek besef daagliks hoe die sondeleer die mense om ons vasketting. Die afgelope week kuier 'n vriendin van my vrou by ons en op 'n punt in die gesprek maak sy die opmerking:"Ja ek dra 'n sak vol sondes met my saam." Op daardie oomblik was my antwoord:"Ek glo nie in 'n sak vol sondes nie, wel 'n "heleboel" verkeerde besluite wat my al baie pyn gegee het. Maar waaraan ek niks kan doen nie, daarom pla dit my nie meer nie." Miskien moet ons met mekaar gesels oor hierdie oorgeëerfde klomp skuld waarmee die kerk ons 'n lewelank opgesaal het. Ek preek gereeld in 'n klein gemeente en hulle is al gewoont daaraan dat ek preek oor ons potensiaal en nie ons mislukkings nie. Ek preek slegs 'n "Teologie van Verantwoordelikheid". Amper helfde van die gemeente is al afgetree en dit is ongelooflik hoe bevrydend die mense hierdie boodskap vind. Ek preek oor die ekologie en wat ons as mense aan die wêreld doen. Ek preek oor ons verantwoordelikheid teenoor die wêreld en die gevolge van ons onverskilligheid teenoor die natuur. Ek kan net nie meer dink in die raamwerk van 'n sonde en verlossingsleer nie. Koos

Re: Augustinus en die sonde

Beste Ernst Dalk verwys Koos bloot na my stuk met die titel "Dogma oor die erfsonde" wat hier op die NHN se webbladsy te lees is. Kyk na die linkerhandse kolom op die NHN se webbladsy. Daar is 'n hofie "NHN biblioteek". Onder die hofie is daar die hofie "artikels". Klik daarop. Daar sal jy 'n lys van artikels verskyn en heel onderaan die lys staan: "Sakkie se reeks oor die Christelike dogmas". Klik op daardie naam en siedaar die verskillende stukke wat ek geskryf het se titels verskyn. Klik op die eerste een wat oor die erfsonde handel. Nou kan jy dit lees. Indien jy dit wil uitdruk, klik dan op die "drukkersvriendelike" opsie bo-aan die artikel. Die elektronika is 'n wonderlike ding! Sakkie
n/a

Re: Augustinus en die sonde

Dagsê, Waar kan ek hierdie stuk te lese kry? Groete, Ernst.
n/a