Ek het die stuk van Sakkie oor Augustinus besonder geniet. Ek besef daagliks hoe die sondeleer die mense om ons vasketting. Die afgelope week kuier 'n vriendin van my vrou by ons en op 'n punt in die gesprek maak sy die opmerking:"Ja ek dra 'n sak vol sondes met my saam." Op daardie oomblik was my antwoord:"Ek glo nie in 'n sak vol sondes nie, wel 'n "heleboel" verkeerde besluite wat my al baie pyn gegee het. Maar waaraan ek niks kan doen nie, daarom pla dit my nie meer nie." Miskien moet ons met mekaar gesels oor hierdie oorgeëerfde klomp skuld waarmee die kerk ons 'n lewelank opgesaal het. Ek preek gereeld in 'n klein gemeente en hulle is al gewoont daaraan dat ek preek oor ons potensiaal en nie ons mislukkings nie. Ek preek slegs 'n "Teologie van Verantwoordelikheid". Amper helfde van die gemeente is al afgetree en dit is ongelooflik hoe bevrydend die mense hierdie boodskap vind. Ek preek oor die ekologie en wat ons as mense aan die wêreld doen. Ek preek oor ons verantwoordelikheid teenoor die wêreld en die gevolge van ons onverskilligheid teenoor die natuur. Ek kan net nie meer dink in die raamwerk van 'n sonde en verlossingsleer nie. Koos
Re: Augustinus en die sonde
Re: Augustinus en die sonde