Ek het pas 'n boek klaar gelees wat hoofsaaklik handel oor die hedendaagse sieninge versus geloof. Die boek gaan kortliks oor die onderskeie lewens van twee half-broers. Die een is 'n soort van seks maniak terwyl die alder 'n soort selibaat wetenskaplike is wat konsentreer op die "verandering" van die mensdom ten opsigte van lewensbeskouinge en geloof. Albei hierdie karakters staan die siening van die nuwe geslag voor. Albei redeneer dat natuurlike geslags voortplanting uiteindelik gaan uitsterf...dat die manlike spesie oorbodig is, en dat kloning die mens se voorland gaan wees. Hierdie boek het glo een of ander prys losgeslaan ----International IMPAC literary award----en is SO hoog aangeskrewe dat daar 'n rolprent van gemaak is, [of gaan word] Wat vir my treffend is van die boek is die absolute siniese uitkyk van die twee hoof karakters. Terwyl die gure karakter niks anders as seks op sy brein het nie [en hy land eventueel in 'n sielkunde kliniek ---malhuis--] is die 'beter' karakter absoluut gevoelloos en beweeg deur die lewe soos 'n robot. Sonder emosies en sonder liefde. Ek deel dit met julle omdat die boek my bekommer. Gaan DIT die voorland van die mens wees wanneer Godsdiens eendag heeltemal verdwyn? groete Trix