Simon Gear van Radio 702 sê vanoggend dat navorsing bewys het die gemiddelde ateïs se IK 5 punte hoër sy of haar godsdienstige eweknie s’n is en dat medisyne vir depressie ook beter vir godsdienstiges as vir die ateïste werk.
Hou in gedagte dat dit ook klinies bewys is dat medisyne vir depressie meestal net weens die placebo effek daarvan werk. U kan ook op http://www.thoughtleader.co.za/burningpaper/2010/02/24/homeopathy-foolishness-gets-the-treatment-it-deserves/ ingaan en lees hoe en hoekom die weerstand teen homeopatie tans so sterk is.
Hoeveel van godsdiens is eenvoudig aan 'n soortgelyke placebo effek toe te skryf? Vir 'n begin; ek voel baie keer net so goed na 'n nugter en wetenskaplike NHN-bespreking as wat ek gevoel het toe ek destyds by die kerk uitgeloop het na die dominee "so mooi" gepreek het.
Dit sou interessant wees om meer daaroor te gesels, die redes daarvoor uit te pluis en af te lei wat die waarskynlike impak daarvan in werklikheid is.
Willem.
Re: Ateiste slimmer as gelowiges?
Willem
Ek is dit eens met jou. Die genesing lê dikwels net in die kop. 'n Amerikaanse boek, Happiness is a Choice" spel die waarheid baie goed uit.
In 2005 is die Nobel prys vir geneeskunde aan twee Australiers ('n navorser en 'n genessheer) gegee vir hul navorsing in Helicobactor Pylori - 'n bakterieë infeksie in die derde wêreld lande en wat veral in die water voorkom.
In hul navorsing het hul bewys dat in 60% van maagsere die oorsaak by Helicobactor Pylori ( of helicopter pilot) te vinde was.
Toe Prosac in die middel tagtigerjare op die mark kom was dit 'n wondermiddel waar iemand erge selfmoord neigings getoon het. Trisikliese middlee het net te lank geneem om 'n pasient te stabiliseer en ECT was te drasties met slegte nagevolge. Toe die bevolking egter agterkom dat Prosac 'n interesante newe-effek het - gewigsverlies - is dit hiervoor en vir baie ander dinge misbruik.
Koos
Re: Ateiste slimmer as gelowiges?
Alida,
As ek reg onthou was dit Time Magazine of Newsweek wat ’n paar weke gelede ’n gesaghebbende artikel oor navorsing betreffende antidepressante gepubliseer het wat wêreldwyd deur verskeie instellings onderneem en daarna deur die vervaardigers self onderskryf is. Uit hul omvattende kliniese toetse blyk dit dat verreweg die meeste antidepressante wat tans voorgeskryf word, Prozac natuurlik ingesluit, geen beduidende invloed op pasiënte het nie omdat die resultate (of gebrek daaraan) dieselfde was as wat met placebos verkry is. Slegs in gevalle waar pasiënte baie ernstig siek was en die dosisse buitengewoon hoog, het die medisyne enigsins ’n beduidende terapeutiese inpak gehad.
Ons praat dus nie net van snake-oil, kruie, homeopatie en tradisionele genesers nie. Almal misbruik die placebo-effek van hul onheilige konkoksies om dom mense soos ek (Viagra en Cialis...) om die bos te lei. Jy sal dalk nog die duur, maar heeltemal nuttelose Zantag tablette onthou sowat vyftien jaar gelede so mildelik deur feitlik elke praktiserende kwak vir maagsere voorgeskryf is en toe word daar klinies bewys dat maagsere eintlik deur virusse/kieme(?) veroorsaak word en dat dit baie effektief met antibiotika behandel kan word...
Weer ’n geval van whatever works of whomever tells the most convincing lie; ...byna naastenby en ongeveer soos godsdiens, ja.
Willem.
Re: Ateiste slimmer as gelowiges?
Takhaar, dis nou regtig 'n interessante knuppel in die bos! Helaas ken ek te veel dommerige ateiste om met Simon Gear saam te stem. -- hehe (Present company excluded, natuurlik!)
Wat my wel altyd verstom, is akademies hoogs begaafde mense wat nog so aan die bygelowe van die antieke geskrifte vasklou.
Ek meen maar, behoorlik opgeleide teolo"e het regtig 'n veeleisende, lang kursus geslaag. 'n Dom ou gaan maar sukkel met daai antieke tale -- om een voorbeeld te noem.
Hoe meet hulle deesdae IK in elk geval? Ek het die afgelope tyd al maar die gevoel gekry dat IK nie meer so ernstig opgeneem word in skole (bv) soos in my grootword-jare nie.
Miskien het dit meer met selfbedrog te doen as intelligensie. Dit neem groot dapperheid vir 'n mens wat werklik diep gelowig was om op 'n dag toe te gee dat dit 'n hersenskim was. As ek met my baie begaafde broer oor die betekenis van die Bybel stry, kry ek baiekeer 'n gevoel dat hy kwaad word vir my omdat hy bang is om iets te verloor wat hom emosioneel en spiritueel regop hou. Dit lyk my godsdiens vervul 'n emosionele behoefte by baie mense. Dis in daai opsig addictive, soos enige dwelm.
Partykeer dink en gelowiges glo dat ateiste hardvogtige, ongevoelige mense is. Ons weet egter uit ondervindng dis nie waar nie. Ateiste kan ook huil. Ateiste kan net so diep liefh^e, drome en ideale koester, omgee vir medemens en die planeet, ens.
Mens hoef dus nie godsdienstig te wees om spiritueel te wees nie.
Daar is ook 'n taamlik verskil in voorskrif-antedepressante en kruiemedisyne wat oor die tonnbank verkoop word. Miskien moet die NHN eendag bietjie vir ons 'n lesing re"el met 'n kundige?
Depressie is inderdaad die siekte van ons tyd. Sal interessant wees om bietjie te hoor wat s^e die nuutste navorsing.
Groetnis,
Alida
Alida van der Westhuizen
"The things that can destroy us are politics without principle; pleasure without conscience; wealth without work; knowl
Re: Ateiste slimmer as gelowiges?
Wat ook al die redes vir u stilswye oor die onderwerp, ek het pas op die volgende op http://health.iafrica.com/healthnews/quirky/2261600.htm afgekom:
Satoshi Kanazawa, an evolutionary psychologist at the London School of Economics and Political Science, asserts that certain beliefs and values are linked to higher intelligence and against the natural order of things.
Kanazawa's research "Why Liberals and Atheists are More Intelligent" published in the March edition of Social Psychology Quarterly, explains his theory that males "in evolutionary history" are naturally "mildly polygymous" and both males and females are naturally conservative, defined as being mainly concerned with their family and friends, and religious because "humans are evolutionarily designed to be paranoid, and they believe in God because they are paranoid."
Therefore it is unnatural to be liberal, concerned about humans without any intimate connection; an atheist, without need for paranoia; and for men, monogamous.
"General intelligence, the ability to think and reason, endowed our ancestors with advantages in solving evolutionarily novel problems for which they did not have innate solutions," says Kanazawa, "as a result, more intelligent people are more likely to recognize and understand such novel entities and situations than less intelligent people, and some of these entities and situations are preferences, values, and lifestyles."
Kanazawa continues, "more intelligent children are more likely to grow up to go against their natural evolutionary tendency to believe in God, and they become atheists."
The study was supported by data from the National Longitudinal Study of Adolescent Health. The data was collected twice: during ages 12 to 18 with a follow-up at ages 24 to 32. It revealed young adults self-identified as "not at all religious" had an average IQ of 103, while those who had an average IQ of 97 identified themselves as "very religious".
The study also found that levels of intelligence did not play any significant role in the value of marriage, family, children, and friends.