Almal Ek het so pas die boek van Michelle Pickover, Animal Rights in South Africa, gelees. Dit laat 'n mens diep dink oor die mens se behandeling van diere en uiteraard die mens se behandeling van sy medemens. Pickover onderskei tussen "Animal Welfare" en "Animal Rights". Mense wat veg vir die welsyn van diere soos die SPCA, AACL e.a. veg eintlik net vir 'n meer menslike behandeling van diere maar spreek nie die inherent probleem van dieremishandeling aan nie. "Animal Rights" mense soos PETA (People's Ethical Treatment of Animals" veg vir die erkenning van diereregte - hul reg om te bestaan sonder om vermoor te word. Die groot vraag wat by my opgekom het nadat ek die skokkende feite in Pickover se boek gelees het oor die mishandeling van diere, is die volgende: waarom behandel die mens diere so sleg? Ons moet teruggaan na die skeppingsverhale in Genesis en die klem sien wat daar geplaas word op die heersers posisie van die mens oor die diere. Die dier is maar 'n iets. Wanneer ons egter die weg van die evolusionere bestaan van die mens volg, kan ons nie diere mishandel nie want hulle en ons is deel van dieselfde ontwikkeling van die lewe op hierdie aarde. Ons deel 60% dieselfe gene met 'n vrugtevlieg, 90% met 'n muis en 98.4% met 'n sjimpansee. Wat Pickover ook noem is dat waar die mens diere sleg behandel hulle uiteraard ook ander diersoorte soos die mens dan sleg behandel. Alles kom dan uiteindelik neer op die mens se minagting van die lewe self. Wat my geweldig ontstel is dat vroom en godsdienstige mense so geweldadig kan optree teenoor diere en hul geen plek op die aarde gun nie. Bryson meld dat die mens elke vier dae 'n hele spesie ander lewensvorm totaal uitwis. Uiteraard het die moderne mense, ten spyte van sy gevorderde tegnologie, die volgende era van barbarisme binnegegaan. Koos