Andriette Stofberg

 
Dit was met leedwese wat ek vanoggend die nuus van Andriette se afsterwe in Beeld gelees het.

Sy was die NHN goedgesind en het telkens bemoedigend en op n persoonlike vlak op my skrywes na By gereageer toe sy nog redaktrise daarvan was.

By is nie meer sonder haar wat hy was nie. Ek onthou veral die Boergebed wat miskien, en vermoed ek maar net, nie onder die huidige redaktrise die lig sou sien nie. 

Andriette het ook altyd tyd gemaak om op e-pos grappies te reageer en, selfs al was sy onder watter druk, het sy altyd n paar minute afgestaan om vriendelik te gesels.

Om sulke blymoedige maar realistiese mense te kon ken is een van die dinge wat ons lewens die moeite werd maak. Ek is seker dat baie meer mense ook met dankbaarheid terugdink aan die plesier en inligting wat sy veral as redaktrise van By besorg het.

Ongelukkig het ek ook ongeveer drie maande gelede laas met haar geskakel: die lewe is kort en mens moet meer gereeld met mekaar kontak hou.

Willem


Re: Andriette Stofberg

Beste Willem

Ek het Andriette Stofberg nie persoonlik geken nie, maar ek het haar wel deur BY leer ken as iemand wat nie bang was om die ander stemme te laat hoor nie. Die enkele artikels wat ek tydens haar termyn as redakteur van BY geskryf en aangestuur het, was met vriendelikheid ontvang. Sy was 'n besonderse journalis. Die briewe in Saterdag (19 Maart) se BY waarin enkele mense oor haar skryf, beaam wat jy in jou brief op die NHN se webbladsy skryf.

Groete
Sakkie