AIDS: A DARWINIAN EVENT?

Almal Ek het onlangs 'n artikels met bogenoemde titel gelees. Dit is geskryf deur A de Waal en A Whiteside. Hulle definieer wat 'n "Darwinian event" is en vergelyk die MIV/VIGS pandemie dan daarmee. Hulle kom tot die slotsom dat die MIV/VIGS pandemie beslis as 'n "Darwinian event" beskou kan word. Hulle maak sekere aannames oor die invloed van die MIV/VIGS pandemie en die resultaat daarvan is redelik skokkenk. (Die District munisipaliteit waarbinne ons plaaslike munisipaliteit val se MIV/VIGS voorkoms is 40%). (Artikel kan gevind word op web adres: http://www.heard.org.za) Wat egter interressanter is, is dat "aardverwarming" ook al hoe meer beskou word as 'n "Darwinian event". Beide hierdie verskynsels gaan die toekoms van die mensdom geweldig beinvloed. Dit gaan ook beide hul grootste invloed uitoefen op Afrika - veral die armste dele. So paar dae gelede het 'n weerkundige die komende aardverwarming bespreek en gepraat van die klein groepies mense wat dit sal oorleef. Dit klink amper soos die insident waarna Bryson verwys toe feitlik die hele mensdom so 74,000 jaar gelede uitgewis is. Beide hierdie sake het sterk etiese konsekwensies. Koos

Re: AIDS: A DARWINIAN EVENT?

Beste Exterra Daarmee is ek dit met jou eens! Ek dink hierdie aarde gaan binne die afsienbare tyd die mensspesie homo sapiens afgooi en dan gaan dit rustig voortgaan om weer lewe voort te bring soos altyd, maar sonder hierdie klomp wat die aarde verkrag en verrinneweer het. Paleontoloe wys daarop dat daar al iets soos vyf (5) groot uitsterwings op aarde was. Ons is op pad na 'n volgende een, maar dit sal nie 'n natuurramp wees wat dit veroorsaak het nie, maar hierdie klomp wat op twee bene loop en te kere gaan asof hulle oor die aarde beskik. Groetnis Sakkie
n/a

Re: AIDS: A DARWINIAN EVENT?

Beste Sakkie. Dankie vir jou verduideliking. Ek neem die punt. Maar demmit, die grafiese beskrywing van dit wat gaan gebeur in die "eindtyd" is ongemaklik na aan dit wat ons vandag kan sien wat geredelik kan gebeur! Dit bly egter 'n feit dat die eindtyd voorspel is, hetsy die skrywers dit oorgeneem het en of dit "ge-inspireerde kennis" was en die tydsaspek net verkeerd vertolk het. Met die kennis wat die mens vandag beskik kan ons/ek konstateer (of moet ek voorspel?) dat daar wel 'n eindtyd vir die aarde gaan wees - dit is nie of nie, dit is net die wanneer! Groetnis, Exterra

Re: AIDS: A DARWINIAN EVENT?

Beste Exterra Wanneer 'n Bybelskrywer die begrip "eindtyd" gebruik moet 'n mens bedag wees daarop dat hy vir sy tydgenote geskryf het en nie vir mense wat in die 21ste eeu leef nie. Kom ek verduidelik. In die boek Daniel lees ons van die eindtyd. Bestudeer 'n mens die boek noukeurig is dit duidelik dat die skrywer bedoel het dat Antiogus IV se bewind binnekort beeindig gaan word en dat die Jode hulle onafhanklikheid sal terugherwin. Dit het natuurlik gebeur toe die Makkabeers 'n opstand georkestreer het en die Siriese juk van hulle afgegooi het. Dit het alles in die 2de eeu vC gebeur. Die skrywer van die Markus-evangelie maak van die boek Daniel gebruik en "profeteer" in Markus 13 dat die eindtyd wat die skrywer van Daniel voorsien het in sy (die skrywer van Markus) se tyd gaan plaasvind. Hierdie keer het die Jode egter die onderspit gedelf. Die Romeine het Jerusalem binnegeval en die tempel vernietig. Dit het alles in 70 nC gebeur. Maar daar stop die verhaal nie. Die skrywer van Openbaring gebruik ook vir Daniel en hy voorspel op sy beurt die eindtyd. Die Romeinse ryk sal volgens hom binnekort ten einde loop en God se regering sal aanbreek. Natuurlik het niks hiervan waar geword nie. Die Romeinse ryk het wel onder Konstantyn die Christelike godsdiens as 'n legitieme godsdiens erken en keiser Teodotius het die Christelike godsdiens tot staatsgodsdiens verklaar. Maar dit was nie die einde nie - ook nie die aanbreek van die ewige vrederyk waarop die skrywer gehoop het nie. Wat probeer ek se? Die eindtyd skuif altyd vooruit en gebeur nooit werklik nie! Met die wending van die millennium (1999-2000) het vele Christen verwag dat die eindtyd sal aanbreek. 'n Skrywer het na aanleiding hiervan 'n boek gepubliseer met die titel "The end times are here again." Jip, die eindtye breek altyd weer aan, maar gebeur nooit werklik nie. Groetnis Sakkie
n/a

Re: AIDS: A DARWINIAN EVENT?

Beste Ernst (of moet ek seg Oom - jy hou van 'respek vir medemens' seg jy onder die ander besprekingspunt vir leerder) Ek dink ons dwaal bietjie van die punt af - Darwinian Event - maar nouja as ek moet antwoord; Ek dink elke deelnemer op hierdie webtuiste sal vir jou kan se dat dit 'n feit is dat 'n Bybelboek uitdruklik die eindtyd voorspel en dit redelik grafies ook nogal! Nie dat aardverwarming noodwendig die "einde" sal wees nie, maar dat die rowwe rit so erg gaan wees dat dit wel as 'n Darwinian Event sal kwalifiseer! Nostradamus - ja wel - hy het so baie dinge geskryf en wat as voorspellings deurgaan - maar hy het nou die dag nog geleef. Sy voorspellings tel nie. Moet nie te veel 'warrie' nie! Groetnis Exterra

Re: AIDS: A DARWINIAN EVENT?

Beste ExTerra, Nou het jy my "gewarried" [b]!![/b] Hierdie ou-ou eindtyd voorspelling waarna jy verwys, is dit dalk uit sekere antieke apokaliptiese geskrifte, redelik bekend in ons kringe, asook in kringe nie vêr van ons nie? Dalk Nostradamus? Sekerlik nie Siener van Rensburg nie ! Erns, (ergens) op hierdie blad het ek gelees dat 'n vader vir sy seun gesê het, een van die dinge wat jy nooit moet glo nie, is as iemand vir jou sou sê dat hy 'n openbaring (ek dink die woord was "revelation") gehad het........ In die gees en fokus van hierdie webwerf, voel vry om iets sê van jou verstaan van die eindtyd voorspelling. [b][size=24]☺[/size][/b] Ek is seker ek sal 'n rede kan vind om op 'n mooi manier, van jou te verskil. Behalwe natuurlik as ek saamstem.! NHN groete Ernst
n/a

Re: AIDS: A DARWINIAN EVENT?

Beste Ernst Jy was ernstig toe jy gese het jy wil my uitlok. Ek wou maar net weergee dat dit nie net my 'common sense' is wat gepraat het nie maar dat ek dit wel bedink het en tot dieselfde konklusie gekom het - dat aardverwarming wel plaasvind en dit grootliks deur die toedoen van die mens is. Daar is diegene wat dit ontken! Ek het saam met Sakkie gestem dat ons (die mensdom) in is vir 'n rowwe rit! As ek dit nie mis het nie is dit baie lank gelede voorspel - eindtyd gebeure! Groete, Exterra

Re: AIDS: A DARWINIAN EVENT?

Beste Extraterrestial, Wat was nou weer die verskil tussen "common sense" en gesonde verstand...? Stel jy voor dat mense met slegs "common sense" nie die effek van aardverwarming kan snap nie, maar dat ons met gesonde verstand, nie deelneem aan die behoefte vir produkte wat CO2 produseer nie ? [size=18][b]☺ [/b][/size] Groete Ernst
n/a

Re: AIDS: A DARWINIAN EVENT?

Beste Koos & Sakkie Ek stem saam met Sakkie. Net n opmerking. Dit is nie 'common sense' nie maar my gesonde verstand laat my saam saamstem! Groetnis Exterra

Re: AIDS: A DARWINIAN EVENT?

Beste Koos Daar is wel 'n ander perspektief op die saak wat jy aanroer en dit is dat die mens 'n groot aandeel aan aardverwarming het. Dit is nie sommer 'n "event" wat vanself op hierdie planeet gebeur het nie. Na my mening het wetenskaplikes dit nou genoegsaam geboekstaaf dat CO2 gas sedert die industriele revolusie geweldig toegeneem het. Ek is pas terug van 'n besoek aan Europa en het in Wene deur die "natural history" museum gestap en die foto's oor die inkrimping van gletsers dwarsoor die wereld a.g.v. aardverwarring, is skrikwekkend. Die mense van Wene het net voor ons koms 'n temperatuur van 39.7* C beleef wat van die hoogste temperature is wat al in Wene aangeteken is. In daardie tyd het Engeland geweldige oorstromings beleef. Ek hou van die Gaia-idee. Dis nou die siening dat die aarde en alles daarop 'n sisteem is en dat as die sisteem uit balans raak, dit weer probeer om die balans te herstel. Ons is in vir 'n rowwe rit die volgende jare. Groete Sakkie
n/a