Aard kanteling

Dag Trix Jy het nou wel onder ‘n ander onderwerp verwys na “Death Star” en aard kanteling. Ek wil nou nie hê jy moet jou linker breinlob onnodig ooreis nie (kom agter jy is ‘n baie besige mens) maar kan jy asb meer uitbrei oor spesefiek ‘aard kanteling’. Hoe werk dit dat die kanteling net tussen die keerkringe bly? Groete Loot

Re: Aard kanteling

hello Loot Ek weet nie regtig iets van aardkanteling af nie. Pardon jong....maar ek is eintlik meer op die psige ingestel. Ek het jare gelede kennis geneem van die sogenaamde "Death Star" maar ek nooit genoeg belang gestel om dit verder na te speur nie. So ek kan jou nie eintlik antwoord nie. Ek kan onthou dat daar beweer was dat die sg. Death Star die aarde op een of ander manier laat kantel het en dit is waarom die Dinasaurs blykbaar uitgesterf het. Somtyds is ek nogal spyt dat ek gladnie in natuur onderwerpe belangstel nie want op die manier kan ek nie altyd juis saamgesels nie. Maar net vir interessantheid: Ek het een aand na die Afrikaanse nuus gekyk toe Riaan Kruywagen berig het oor 'n vreemde planeet wat op die aarde afpyl. Ek het al baie gewonder hoeveel mense het daardie spesifieke aand nuus gekyk en hoeveel mense wat ek ken het kennis daarvan geneem. Die beeldmateriaal wat gewys was het 'n reuse "kristal-agtige" voorwerp vertoon wat basies "aangerol" kom in die rigting van die kameras. Dit was 'n baie kort berig en ek het al probeer onthou wat Riaan die aand presies gese het maar dit bly my ontglip. Ek wil my voorstaan dat hy iets gepraat het van dit sal 30 tot 40 jaar duur voordat die planeet/komeet die aarde bereik..... Nou het ek gewonder of jy [of enige iemand anders op die forum] dalk iets hiervan gesien het of van gehoor het. Ek se nie dit is nog 'n Death Star" nie, maar wat my kwel is dat NA daardie berig op TV nuus het ek nooit weer enige iets daarvan gehoor nie. [en as ek reg onthou moes dit sowat 10-15 jaar gelede gewees het wat ek dit gesien het.] Miskien moet ek probeer om by Riaan self uit te vind of hy dit kan onthou. groete Trix
n/a