Engel van Bedfordview

Oops! - The path for including CiviCRM code files is not set properly. Most likely there is an error in the civicrm_root setting in your CiviCRM settings file (sites/default/civicrm.settings.php).

» civicrm_root is currently set to: /home2/nuweherv/public_html/sites/all/modules/civicrm.

Please review the Drupal Installation Guide and the Trouble-shooting page for assistance. If you still need help installing, you can often find solutions to your issue by searching for the error message in the installation support section of the community forum.

Johannes de Villiers skryf in Rapport 2010-01-24:  
Selfs al het mens geen geld of luukse motors om weg te gee nie, kan jy steeds jou rykdom met ander deel. Kyk byvoorbeeld wat het met mnr. Danie Britz (75) van Bedfordview gebeur. Verlede Vrydag het Britz, erg verswak ná onlangse rugoperasies, sy pad byster geraak en heeltemal sat en hulpeloos op ’n sypaadjie neergesak.
 
“Toe kom dié man verby,” vertel Britz. “Ek het hom nie geken nie.”
Dié barmhartige samaritaan, ’n groot man geklee in Pick n Pay-werkklere, het Britz soos ’n kind op sy rug getel en hom huis toe gedra.
“Daar is no ways dat iemand anders dit vir my sou gedoen het,” vertel Britz, nou nog verstom.
Dié senior burger is een van vele wat deur die engel van Bedfordview in die ooste van Johannesburg geraak is. Mnr. Sam Tsukudu werk sedert 1986 in die plaaslike Pick n Pay en woon in Bezuidenhoutvallei langs Hillbrow. Hy is dalk net een van die merkwaardigste mense in Johannesburg.
“Hy het ’n hart van goud,” sê me. Adele Kruger, Mej. Suid-Afrika 1975 en nou inwoner van die Arbor Village-aftreeoord in Bedfordview. “Hy help my om my parcels van die winkel af te dra. Hy dra dit tot by my huis.” En daar pak hy selfs haar kruidenierskaste vir haar.
In die supermark is daar altyd ’n kringetjie laggende, gelukkige mense rondom Tsukudu. “Ek is gebore met hierdie ding binne-in my,” sê hy. “God het dit vir my gegee. Ek kan nie anders as om dit uit te deel nie.”
Van doer anderkant die brood- en groenterakke groet mense hom vrolik op die naam. En hy groet terug in Portugees, Frans, Italiaans, Afrikaans, Engels, Zoeloe; tale waarin hy leer groet het om selfs vriendeliker te wees. Soms loer mnr. John Chandler, ’n blinde, met sy gidshond in. Hy gaan staan by die ingang totdat Tsukudu hom gewaar. Tsukudu fluit, die gidshond se stert waai en Chandler stap nader sodat Tsukudu hom deur die winkel kan lei. Die blinde man se vrou skeur stukke van produkte se verpakking af en stuur dit saam sodat Tsukudu weet wat om in sy inkopiesakke te sit. “En as ons klaar is,” vertel Tsukudu, “vra ek vir mnr. John of sy vrou nie ook lus is vir viskoekies nie. Ek weet sy is mal oor viskoekies.” Daarna stap hy saam met Chandler en sy gidshond huis toe.
Selfs mnr. Raymond Ackermann, Pick n Pay-grootbaas, het Tsukudu al vir sy positiewe houding bedank.
Sy hele lewe bestaan uit vreugde. “As ek soggens wakker word, gee ek heel eerste vir my vrou ’n soen. Nog voordat sy enigiets kan sê. Dan soen ek elkeen van my kinders. En as ek werk toe kom, groet ek almal. En gee drukkies.
“My vrou sê sy verstaan nie hoekom ek nooit kwaad raak nie. Maar vir wat sal ek ooit kwaad raak? Hoekom doen mense dit aan hulself?”