Van mens tot Mensch

Oops! - The path for including CiviCRM code files is not set properly. Most likely there is an error in the civicrm_root setting in your CiviCRM settings file (sites/default/civicrm.settings.php).

» civicrm_root is currently set to: /home2/nuweherv/public_html/sites/all/modules/civicrm.

Please review the Drupal Installation Guide and the Trouble-shooting page for assistance. If you still need help installing, you can often find solutions to your issue by searching for the error message in the installation support section of the community forum.

Gedurende vanoggend se bespreking het ons gespook met die stappe/fases tussen mens en Mensch. Ek spook persoonlik nog om die term ‘kongruensie’ in konteks te verwerk en te plaas omdat dit vir my ’n vreemde woord is maar laat my asseblief, as juwelier, toe om ’n metafoor vir Menschwees en ons vêrdere besprekings voor te stel.

’n Normale ronde briljant snit diamant het 58 fasette waardeur die binnekant van die diamant bestudeer kan word. Dieselfde insluiting kan gewoonlik deur ’n hele aantal fasette bekyk word om grootte, posisie en aard  - wat afsonderlik en gesamentlik invloed op steen se waarde het – vas te stel. Deur elke faset kry ’n mens ’n ander blik (meer of nuwe inligting) op die insluiting alhoewel dit presies dieselfde insluiting bly - amper soos ons melkwegstelsel wat van die aarde af  soos ’n groep sterre in ’n platterige lyn lyk maar ons weet dat dit uit ’n ander oogpunt eintlik ’n uitkringende groep spirale is.

Soms kan ’n mens, as jy ’n bietjie terugstaan, dieselfde insluiting gelyktydig deur ’n aantal fasette sien - dit het ook n invloed op die steen se waarde. Voeg hierby dat die fasette nie altyd teen die konvensionele (of wetenskaplik-korrekte) hoeke geslyp word nie en dat dit ook ’n wesentlike invloed het op die diamant se vermoë om 'witlig' in sy kleur komponente op te breek of om al die lig weer na die waarnemer terug te reflekteer en jy kom gou agter dat meer komplekse dinge, soos Menschwees, beslis te wyd is om in ’n eenvoudige verwysingsraamwerk te wil vaspen of te verstaan. Maar, ons moet iewers begin en, alhoewel dit ’n redelik omskryfbare begrip mag wees, kan dit voortdurend nuwe betekenis bykry en insig help verbreed wanneer dit uit verskillende hoeke, afstande of deur filters (dissiplines of oorkruisende ervarings) bestudeer word.

Willem

Re: Van mens tot Mensch

Ja Willem, ek wonder nogal hoeveel eks-"Ja stemmers" nog deesdae glo dat F.W. de Klerk se bedoeling was om  "’n regeringstelsel daar [te]
laat stel het wat potensieel die grootste hoeveelheid goeie vir die grootste aantal landsburgers kon lewer"
, en hoeveel van hulle glo dat
F.W. slegs daarin belanggestel het om die die grootste hoeveelheid finansiële rykdomme vir hom en sy bondgenote te bewerkstellig, ten koste
van die meeste ander mense in die land.

Op 'n ligter noot – Dit wil nogal voorkom asof ons debatte altyd neig na die huidige politieke situasie in die land. Wat begin as 'n fancy
filosofiese of teologiese gesprek, "ontaard" uiteindelik in 'n debat oor ons verskille oor die voor- en nadele van (blanke) westerse tegnologie
en waardes. Miskien het ek en jy ten minste vir mekaar bewys dat mens nie godsdiens en politiek heeltemal van mekaar kan skei nie.
 

Groete,
Jaco Steyn

Re: Van mens tot Mensch

 Jaco ja, ek weet ook nie of die verwestering altyd net ’n goeie ding is nie maar, soos F W se nalatenskap is dat hy ’n regeringstelsel daar laat stel het wat potensieel die grootste hoeveelheid goeie vir die grootste aantal landsburgers kon lewer, is die potensiële voordele van verwestering in die algemeen ook onbetwisbaar. Wat die mense egter self daarmee maak is ’n ander saak en hulle eie verantwoordelikheid.

 Niemand kan dit meer ontken dat Suid-Afrika op feitlik alle gebiede besig is om te stagneer,  terug te krimp en te verbrokkel nie. (HKGK..., glo my) Hoe ook al, ek voel steeds nie skuldig omdat ek ‘Ja’ gestem het nie maar ek was nog nooit so negatief jeens my land en bekommerd oor die toekoms nie.

En nou begin ’n verantwoordelike man met groeiende vooroordeel wonder en moerrig raak; moet ons net ‘teruglê en aan Engeland dink’ terwyl die skroef lustig aangedraai word of moet ons die dreigende verderf miskien baie ernstiger en meer militant probeer afweer?

 Uh, hoe het ons nou weer van mens na Mensch en toe hierby uitgekom...?

Groete,

 Willem. 

Re: Van mens tot Mensch

Pieter, ek het helaas jou e-pos verlê/verloor! Wil jy dit nie seblief vir my fw na avanderw by die grootste Afrikaanse koerant in die wêreld dot co dot za nie? Ek wil vir julle my blogs aanstuur...

Groete
Alida

Alida van der Westhuizen

"The things that can destroy us," said Gandhi, "are politics without principle; pleasure with

Re: Van mens tot Mensch

Willem,

Ons moenie vergeet dat die Christelike geloof onafskeidbaar deel is van die westerse leefwyse en ook een van die dinge is wat deur baie
Afrikane naarstigtelik "aangegryp" is nie. In watter mate het die inboorlinge van Afrika die vryheid en keuse gehad om self te besluit
dat hul eie godsdienste minderwaardig was teenoor die hoofsaaklik westerse Christendom? Was die primêre doel van die koloniale magte om
die Afrikane te help en op te hef (soos beweer word deur baie regse mense), of was dit om eerstens die minerale rykdomme van Afrika in
die hande te kry en om ook gebruik te maak van goedkoop swart arbeid? Hoeveel Zoeloes was daar in Suid-Afrika tydens die Slag van
Bloedrivier en hoeveel Zoeloes is daar vandag? Is dit baie onredelik van my om te beweer dat westerse invloed indirek bygedra het tot die
bevolkingsontploffing en besoedeling in Afrika?

Ons het al by ‘n vorige geleentheid gedebatteer oor die bewering dat "die meeste mense die vryheid en keuse om self te besluit [het] en
hulle strewe gewoonlik dit wat hulle glo die beste vir hulself sal wees na". Jou bewering lyk miskien op die oog af of dit waar kan wees,
maar ek wil weereens beklemtoon dat die eienaars van die hoofstroommedia eintlik dié mense is wat die mag het om die meeste ander mense se
denke te beïnvloed. Op soortgelyke wyse het die ou koloniale regerings met behulp van hul media en onderwysinstellings (en sendelinge)
bepaal dat bv. Engels, Frans of Portugees die amptelike taal van die Afrikaland moet wees en dat die Christelike geloof "meerderwaardig"
is.

Die ANC-regeringsmense is maar hoofsaaklik marionette van die groot geldmag en gee in elk geval nie in die minste om vir hul mede-swartmense
nie. Ek is nie verbaas dat hulle hul geldmag-base se image slaafs navolg en hul eie tale minag nie.

Groete,
Jaco Steyn

Re: Van mens tot Mensch

 Jaco,

 Die blote feitlik alle mense, wat dit kan bekostig, die westerse lewenswyse, klere, speelgoed, motors, ekonomiese modelle, politiek en norme narstiglik aangryp, is sekerlik genoegsame bewys dat hulle hul eie kultuur verwerp en as minderwaardig beskou.

 Kyk maar hoe Eurosentries-bling ons nuwe kleptokratiese elite verlede week by ons parlement opgedaag het; hoe die hare reguit gemaak word; westerse snyerspakke, onwerpersrokke en donkerbrille (onnodiglik) in navolging van hul ideaal van die suksesvolle (westerse) normal">image gedra word en hoe spoggerig Malema daardie kwartmiljoen rand Breitling horlosie rondswaai. In plaas van tradisionele bier bevorder is die duurste Ierse whisky deesdae die ANC se amptelike drank op hul onthale. Hulle minag en verwerp selfs hul eie tale tot voordeel van Engels in ’n tragies-komiese maar nutsnodige (expedient) treurspel.  

 Die Sjinese, Arabiere en selfs Singapoer gebruik die bekendste westerse argitekte en konstruksie maatskappye om die tasbare simbole van hul nasionale trots (die Olimpiese stad, Burj Dubai (nou Kalifa?) en die Petronas torings) vir hulle te ontwerp en te bou. Die Japanese jeug is skaars onderskeidbaar van die in Amerika en selfs daar het die Indiaanse kultuur, ondanks sterk regeringsteun, feitlik heeltemal uitgesterf.

 Dit is dus nie ’n kwessie of die westerse beskawing verbeterde gemeenskappe en norme  tot gevolg het nie maar eerder dat universiele verwestering nie meer gekeer kan word nie. En wie is ek of jy om vir hulle te besluit? Onthou die politieke opvatting dat die waarheid by die massa lê – hulle weet beter en besluit self oor wat hulle dink vir hulle goed is. Die oorgangsproses is soms baie moeilik (kyk maar na Rusland en die ou Oos-Duitsland) maar, gee die meeste mense die vryheid en keuse om self te besluit en hulle strewe gewoonlik dit wat hulle glo die beste vir hulself sal wees na, in die geval, die westerse lewenswyse.  

Groete,

Willem.

Re: Van mens tot Mensch

Willem,

Dit is natuurlik so dat ons aanbevelings kan maak aan andere en dat sekere handelinge en besluite sekere gevolge het (m.a.w. oorsake het
gevolge), maar dit impliseer nie dat westerse mense se norme en waardes aangaande ‘n goeie gemeenskapslewe noodwendig deur die res van die wêreld nagevolg behoort te word nie. Demokrasie was miskien ‘n goeie idee in antieke Griekeland, maar was dit ‘n goeie idee om dit in Afrika (vergelyk Zimbabwe) toe te pas? Ek wonder ook dikwels of dit so ‘n blink idee was om die "meerderwaardige" westerse landboutegnologie en medisyne na Afrika te bring. Het dit nie dalk indirek bygedra tot die bevolkingsontploffings in Afrika nie? Een van die kerngedagtes van postmodernisme is juis dat dit wat goed is vir een samelewing, nie noodwendig goed is vir ‘n ander samelewing nie.

Ek het (ongelukkig) tot my ontsteltenis die kommentare van die Britzze gelees. Dit is vir my maar weereens ‘n goeie voorbeeld van hoe godsdiens
gebruik word om mense te laat beter voel, terwyl dit nie die ware oorsake en oplossing van die land se probleme aanspreek nie. Godsdiens en
sport is swakpunte van die Afrikaners en dit is al vir baie jare gebruik om hulle te weerhou van eendragtige doeltreffende optrede. Ek is ook
tans betrokke in ‘n interessante private debat met my fundamentalistiese vriend Danie juis oor die geldigheid van gebed en vertroue op
bonatuurlike magte, na aanleiding van die Britzz-sage.

Groete,
Jaco Steyn

Re: Van mens tot Mensch

 Jaco,

Die laaste sin, Daar is vervolgens geen standaard manier van dink of lewe wat deur een mens aan ‘n ander voorgeskryf kan word nie en elke mens moet sy/haar eie lewenswaardes bepaal en uitleef,  in jou reaksie van die dertiende pla my effens; ek dink daar is juis lankreedsbewese en universiele lewensreëls waarsonder gemeenskapslewe onmoontlik sou wees.

Die reëls is weens hul klaarblyklike, bewysbare en afleibare waarde afgelei en ons kan mekaar dus wel aanmoedig om daarby te hou. Hou jouself en jou omgewing skoon om siektes te vermy; maak wette om jou samelewing orden en te beskerm en dwing dit met sanksies af; werk hard; leef spaarsaam ensovoorts.

 Op die geestelike vlak is dit egter, soos jy waarskynlik bedoel, heeltemal anders omdat die hele geestelike omgewing so drasties van die werklikheid verskil of verwyder is. Dis so wyd soos die individuele verbeelding, tans nog heeltemal onbewysbaar (goddelike kommunikasie), meestal onregverdigbaar (astrologie/ die sterre voorspel) en irrasioneel (die uitverkiesingsleer om maar een te noem). En dan is daar ook nog al die krampagtige leuens(persoonlike getuienisse), vals aansprake van outoriteit (g'n wonder dat elke Janrap en sy maat, soos ek, sonder die beperkings van bewyse vir agrument, met gedissiplineerde en geleerdes oor die onderwerp kan stry nie)  en n kinderagtige voorgee van fiktiewe voordeel – lees maar die Britzze se getuienisse in verlede week se Beeld weer as bewys van die bostaande.     

Willem.

Re: Van mens tot Mensch

Willem,
Ek was bang om te vra omdat ek weet dat die persentasie baie laag sou wees. Ek is nie bang om my mond by die NHN of elders oor enige aangeleentheid oop te maak nie.

Ek het ook 'n sg. Lewende Testament waarin ek meld dat my organe vir oorplanting beskikbaar gestel moet word na afsterwe. Daar is 'n nypende tekort aan korneas(horingvliese) vir oorplanting. Die korneas van oorledenes van enige ouderdom kan gebruik word, ook dié van diabete, hiperertensielyers, brildraers, asmalyers, tuberkuloselyers, en selfs diegene wat katarak sjirurgie ondergaan het.

Sorg dat jou naasbestaandes weet wat om te doen as jy afsterwe sodat die kornea behoue bly, bv. dat die oë klam gehou word. 'n Mens kan wraggies tot na jou dood 'n verskil aan ander se lewens maak.
Pieter.

 

Re: Van mens tot Mensch

Hallo Pieter en Willem!

Oor spiritualiteit: baie mense gebruik die definisie van 'n hoër hand, iets buite jouself, iets onotuurlik, bonatuurlik as hulle die woord spiritualteit gebruik Dis nog 'n hangover van die godsdiens-agtergrond, glo ek.

Vir my is spiritualiteit dood eenvoudig die onsigbare, abstrakte verhouding tussen my en alles om my: my geliefdes, my mede-padgebruikers, die natuur, ens. Dus, álmal wat asemhaal het 'n spirituele sy. pieter, het jy nie eendag gesê jy raak spiritueel as jou vrou in jou arm lê nie? Jy het 'n punt beet!

Die eerste definisie is 'n verwarring en verdraaiing van religiositeit.

Dis nóg 'n ding waaroor ek al baie gestry het...

Ek voel deesdae soos die stomme Don Quixote. :-)

Lekker Saterdagmiddag verder!

Alida

n/a

Re: Van mens tot Mensch

Beste Willem,

Die tradisionele Christelike idee van die uitverkiesingsleer waarvolgens slegs sekere mense bestem is om eendag die Ewige Lewe te beërwe,
terwyl andere (soos ek en jy) bestem is vir die Ewige Verdoemenis. Die Boeddhiste se geloof dat Nirvana uiteindelik deur alle mense bereik
sal word en selfs die modernis Friedrich Nietzsche se idees oor die Übermensch. Hierdie is voorbeelde van lewensfilosofieë waarvolgens daar
‘n sekere standaard van menschwees bestaan waarna alle mense veronderstel is om na te strewe. Ek dink dit is vir baie NHN-ondersteuners
onaanvaarbaar omdat hulle beïnvloed is deur die postmodernistiese idee dat daar geen absolute norme en waardes buite die mens bestaan nie.
Daar is vervolgens geen standaard manier van dink of lewe wat deur een mens aan ‘n ander voorgeskryf kan word nie en elke mens moet sy/haar
eie lewenswaardes bepaal en uitleef. 
 

Groete,
Jaco Steyn

Re: Van mens tot Mensch

 Pieter,

Ek weet nie van die ander ouens nie maar ek het  twintig jaar gelede al n 'lewendewilsverklaring' (as ek die woord reg onthou) onderteken sodat hulle maar kan afswitch, uitprop en uitslag soos wat hulle lekker mag kry as ek dalk te vegetatief raak of so begin stink dat ek ingespit - eintlik veras, in die geval - moet word. 

Wat my egter effens oor jou vraag bekommer is dat meeste van ons lede nader aan sestig as aan vyftig staan; na sestig is ons mos oor die muur en moet ons maar tevrede wees dat die kwakke, soos die Ontvanger van Inkomste, darem nog (net) ons bloed en geld wil he. Selfs die boewe dan wil nie eers meer ons afgeskaalde en  verouderde motors, rekenaars en TVs steel nie...

Maar, 'te bang om te vra?' Nee jong, jy kan maar enige vraag met die grootste veiligheid vra. Dis die beste manier wat onsself, en ander van ons, kan leer of tot nadenke gestem kan word.  

Willem. 

Re: Van mens tot Mensch

Willem,
Ek stem saam met jou oor spiritualiteit en wil goddellik ook daar byvoeg. Ek het nog nooit in my lewe spiritualiteit of goddellikheid ervaar nie. Ek weet mos die menslike brein is 'n elektro-chemiese orgaan wat beide hierdie begrippe, en ook geloof, uitgedink het.
Dit daar gelaat.
Tydens die eerste "Mensch" praatjie op 17 Januarie toe wonder ek watter persentasie van die NHN lede teenwoordig is bloedskenkers en/of beplande orgaanskenkers. Ek was te bang om te vra.
Ek wonder steeds.
Pieter. 

 

Re: Van mens tot Mensch

 Alidamaria en Abel,

Ek is so verlore vir spiritualiteit soos n blinde vir n Rembrandt of Picasso. Ek is ook nie net onbewus van gebrekkige of ontbrekende spirituele resptore (soos in dat ek nie van Tolkein of Avatar hou nie) maar ek het ook geen begeerte tot spiritual enlightenment nie. Vir my moet alles tasbare of afleibare (kwalifiseerbare en kwantifiseerbare) voordeel of waarde he en daarom beskou ek Isak Burger se Vyf minute na die dood byvoorbeeld as n pot loutere en oneerlike... nonsens.

Ek beskou die begrip Mensch soos ek kuns verstaan; n ondefineerbare begrip. En tog. Ons almal weet wat kuns is maar alles is nie altyd vir almal kuns nie en kuns beinvloed elke individuele mens op n eie, persoonlike en unkieke manier. Daarom is die een se Mensch dus ook telkens die ander se ou Willem.  

Die Mensch en sy familie of huismense (soos antie Graca oor Mandela se) is soms salig onbewus van en selfs onaangeraak deur die feit dat ander hom of haar as sodanig sien. En tog, ons glo almal dat ons hom dadelik sou eien as ons hom sou teekom - die Mensch en Mandela.

Willem 


Re: Van mens tot Mensch

Hallo Abel

Ja-nee, ek is dit roerend met jou eens! Ek glo maar net nie dat die woord 'mensch' so rondgegooi moet word dat dit sy impak verloor nie. Maar hoe meer ek stry en redeneer daaroor, hoe meer besef ek dat ek 'n betekenis aan die woord koppel wat dalk eensydig is. Dit gee ek toe.

Vir my is dit een van daai begrippe wat hoe meer jy daaroor praat en dit probeer vasvang, hoe meer ontwyk dit jou. Dit is 'n intens persoonlike ding. Jy moet die mensch in jou soek, dit kos meditasie en toegewyde, private selfondersoek en voortdurend mindfulness.

Kom ons neem Mandela as mensch. Het hy op 'n dag op die benaming afgekom en toe besluit om een te word?

Ek raai nee. Wat hy wel as jong man gedoen het was om sy passie te volg. Wat daartoe gelei het dat hy op 'n plek beland het waar hy baie tyd tot nadenke en studie gehad het. En waar 'n ander soort mens as hy dalk verbitterd en totally twisted daar kon uitgekom het, het hy sy ware innerlike mensch ontdek. Oor 27 jare heen...

Dís wat ek vermoed.

Ek gaan nie die NHN verlaat nie, ek wou nog nooit nie. Ek gaan steeds die Midrand-Sondae bywoon wanneer daar 'n onderwerp/spreker is wat my interesseer. Ek het noue bande met baie lede, iets wat ek nie graag wil verloor nie.

En as daar weer 'n NHN-seminaar kom sónder dat die woord mensch in die onderwerp-sin voorkom, sal ek dit graag bywoon.

Dankie vir jou vriendelike woorde, ek waardeer dit regtig.

Groete
Alida

Alida van der Westhuizen

"The things that can destroy us," said Gandhi, "are politics without principle; pleasure with

Re: Van mens tot Mensch

Hei Willem

Ek het dit geniet om te hoor dat jy ook nog nie vantevore veel van die begrip 'kongruensie' geweet het nie -- ek ook nie, buiten net so in die verbygaan. Dis nogal vir my ietwat van 'n tameletjie, omdat ek Jung se siening aanhang, naamlik dat ons almal 'n donker kant aan ons het en ek hoop iemand kan vir ons bietjie uitklaar hóé mens regting altyd kongruent (is daar so 'n woord?) kan wees.

As mens regtig bewustelik (mindful) probeer leef, en jy is eerlik met jouself, kom mens gou agter dat dit nie maklik is om altyd standhoudend  te wees in jou optrede nie. Veral nie teenoor jou medemens nie. En nou praat ek nie van ooglopend nare karakters wat jou bedreig nie (soos misdadigers), maar sommer net in die algemeen.

Oor kinderlik/kinderagtig: om kinderlik te wees, is tog 'n spontane eienskap. Niemand 'probeer' kinderlik wees nie. Dan raak dit tog kunsmatig en werk net as dit koketterig gedoen word (hehe!) met 'n sekere doel voor oë...

Daai 'glo soos 'n kind' is ook 'n ding wat my al lankal irriteer. Wat beteken dit? Kinders (myne was in elke geval) is júís nuuskierig en vra ongemaklike vrae. Ás Jesus dit gesê het, het hy waarskynlik op die weerloosheid van kinders gesinspeel -- wat nou weer 'n storie vir 'n ander dag is.

Die respek waarvan ek praat, is eintlik maar net om ander hul ruimte te gun. JZ vernietig self sy geloofwaardigheid en dis 'n gans ander storie. Nogtans mag hy die godsdiens beoefen wat hy wil.

Solank die landswette gehoorsaam word. Daar stem ek 100% met jou saam. Jy weet ook seker van die New Yorkse polisiehoof wat die zero tolerance-ding begin het, of die broken window-idee. Die wet moet van A-Z toegepas word, van die kleinste oortreding (soos potlode steel by die werk) tot die heel ergste moet deur die regsproses vasgevat word.

Ek stem ook saam met jou oor die oënskynlike opportunisme van die gospelsanger, kan jy dit glo! Dis altyd 'n probleem met bible punchers: hulle glo hulle moet die 'blye boodskap' uitdra, en hulle glo daaraan om elke geleentheid aan te gryp. Dis soos show business. Mens kan ook glad nie daaroor met hulle in gesprek tree nie, want hulle sê 'die bybel sê hulle moet dissipels maak van mense'. Die geld wat party in dié proses maak, glo hulle is 'seëninge van bo'.

Wat ook maar weer bewys hoe verblind mens kan raak as jy nie jou denke soms bevraagteken nie.

Weet jy, Willem, ek vermoed ek en jy stem oor meer goed saam as wat ons verskil.

Ek wens maar net die NHN wil 'n ander woord uitdink vir hul seminaarnaweek en 'mensch' meer spaarsamig begin gebruik. Sodat dit sy volle trefkrag kan behou.

Groetnis, miskien sien ek jou Sondag.

Alida

Re: Van mens tot Mensch

Hi Alida,
Lekker om van jou te hoor!
Ek stem met jou saam, veral waar jy sê: “...dikwels baie beskeie mense wat hul menslikheid (wat hulle rééds besit) uitleef.”
Om ‘goddelik’ te leef is nie om iets by te kry nie...dit is om iets te word wat jy reeds is! Maak dit sin? Die voorbeeld van die beeldhouer wat sê dat hy ‘n blok graniet benader met : alles wegkap wat nie die die kunswerk is nie, m.a.w niks bykry, aanleer of bemeester nie. Maar net dit wat reeds daar is bevry. Maar selfs die voorbeeld laat dit nog te veel klink na “bereik”... Miskien help die oosterse wysheid ons met die hele begrip van ‘waar identifiseer jy?’. Identifiseer jy met die Ware Self of met die False Self (ego, pynliggaam, drama, storie, rolle ens). Dit is hoekom Carl Jung gesê het: “The purpose of life is to realise the Self”... Die lewe is die skool!!!
Genoeg vir eers...ek probeer maar net sê ek stem saam met jou, op my manier...
My belewenis, egter van daar waar ons saam gesels (spesifiek binne NHN) is meeste se verstaan van mensch-wees nie ‘n begrip van die bereik van iets nie... ok, ek kan seker nie namens almal praat nie...maar dit is my belewenis.
Waar oor ek egter bly is is dat jy bereid is om hieroor te praat, ek hou daarvan! Baie! Dit is tog een van die waardes van die NHN..oop gesprek!
Daarom sal dit jammer wees as jou stem stil word in die NHN, heroorweeg en bly daar, asb. Net soos jy, het ek besef as ek nie daar is nie (en ek is bitter min daar moet ek erken!) dan word die NHN soms net ‘n logos gesprek, ek probeer spiritualiteit heeltyd op die tafel hou... en sodoende ook die anderkant van mythos. Daarom weet ek verskille in oppinies is dit wat die NHN sy plek in die debat gee daarsonder het die NHN nie veel te sê!
Daarom dink ek die volgende Weesgerus naweek gaan lekker wees...veral ook om te chat oor jou punt!!
Genoeg vir eers...hoop jou week is baie lekker verder!
Dr Abel Pienaar
Direkteur: Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit

Re: Van mens tot Mensch

  

Goeie dag Alida,

 Ek het gisteraand al geantwoord maar die het, weens my gespartel met Blikbrein Jaco se (nodige maar moeilike)  CAPTCHA, ongelukkig iewers in die kuberruim verdwaal.

Ek het onlangs vir die eerste keer van ‘kongurensie’ tydens een van ons NHN besprekings gehoor. As ek die woord reg verstaan sou dit dus inkongruent en, inderdaad, kinderagtig vir ’n volwassene wees om kinderlik te probeer wees of op te wil tree – soos in  om soos  ’n kind te glo. Hoe kan dit ooit positief wees?

Ek wil nadese die van Britzze afstap maar; het jy nie ook die indruk gekry dat die sanger homself as ’n uitgeslape en opportunistiese besigheidsman bewys het deur elke gram gratis publisiteit vir sy besigheid, uh, jammer; Liewe Jesus se saak, uit die gebeure te melk nie? Ek het ongelukkig ook in ’n stadium aan ’n bekende aanhaling van Koningin Victoria gedink maar my gister met moeite ingehou na ek oppad werk toe by die vermoorde Venters se huis verby gery het en kwaad was omdat ons mense deesdae so weerloos teen kriminele is.

Disrespek volg uit gebrekkige outoriteit (kyk maar hoe spot almal met JZ) en nie uit illusies van meerderwaardigheid nie. Ateistiese ekke het juis al in die verlede ondermeer sake soos die behoud van godsdiens in ons skole gesteun omdat ek respek vir die protagoniste se rasionaliteit en integriteit het.

 Rasionaliteit, integriteit en waarde loop saam. Dit is ’n bekende feit dat die mees koesterendste (nurturing) lande – ek dink veral aan Denemarke - die is wat hul wette die strengste afdwing. Volg dit dan nie dat ons, op die persoonlike vlak, ook ’n plig het om mekaar konstant, eerlik, konsekwent en selfs onpersoonlik op die tone te hou ten einde om daarna, binne so ’n geordende gemeenskap, meer gemoedelik te kan optree nie...?  

Met ander woorde; vertel my (en JZ?) asseblief as ek my gulp dalk oop vergeet het en klap my dadelik hard as ek dit aspris gedoen het, al is dit dan ook hoe ongemaklik.

Jammer lat ek weer gekrap het.

Willem.

Re: Van mens tot Mensch

Alida,

Jammer, ek het pas 'n opvolg vir jou verloor na ek die CAPTCHA? hieronder verkeerd gelees het en alles toe verlore gegaan het. Ek sal weer deelneem as die blikbrein my toelaat. Jaco moet besef dat ons mense is en dat sy CAPTCHA te moeilik uitmaakbaar vir ou omies soos ek is. Kontak my liefs by '+'takhaar@'+'telkomsa.'+'net'+''); //--> - as jy lus is.

Willem

Re: Van mens tot Mensch

 Naand Alida,

Ek is die ou mannetjie wie Hein n ruk gelede met die video opnames bygestaan het wanneer Andre nie kon nie en die sports met daai Tellinger-karakter gepleeg het. Dalk sal jy my oumansbakkies nou kan onthou.

Maar om by my kinderagtige fight met jou terug te kom; kinderlikheid by grootmense is nie net inkongruent nie (dankie vir die groot woord, Sakkie) maar ook kinderagtig; op geen moontlike of denkbare wyse positief nie. Disrespek ontstaan uit gebrek aan outoriteit (wat weer uit n magdom gebreke spruit) en nie uit illusies van meerderwaardigheid nie. My gevoellose reaksie het vanoggend  gespruit uit n diepgesetelde weersin in oneerlikeheid en deursigtige valsheid. Ek kan ongelukkig geen verskoning daarvoor maak nie.

Terwyl ek my in die geval feitlik nie kon beteuel nie - nadat twee ou mense  boonop verlede nag naby my werk vermoor is - kan en het ateistiese ekke ook darem al ook en ondermeer sake soos godsdiens in ons skole gesteun, veral omdat ek, met rede,  baie respek vir die protagoniste daarvan het. Rasioneel en waarde loop hand aan hand en dit kry ek, met groot dankbaarheid, gereeld by die NHN  se byeenkomste. 

Die huidige bestudering van die Mensch begrip laat my aan gestalt dink waar die somtotaal van die komponente meer en uitneelopend verskillend van die boustene is.  Elke komponent leer ons iets nuuts en onverwags verrassend - soos in die Engelse serendipity en dit het groot waarde.

Jy kan aanhou om op ons 'kinderlike' preokkupasie met die Mensch begrip neersien as jy wil of tot jou eie voordeel kom uittjek watter wye en waardevolle insig uit die besturdering van sy komponente spruit.

Mag jy soos n kind droom.

OnMensch.

Re: Van mens tot Mensch

Ag ou Willem!

(Ek wens ak kan 'n gesig kry vir jou, kan nie onthou of ons al ontmoet het nie...)

Dit lyk my jy lees goed in my skrywes in wat nie daar is nie. Ek debatteer graag en gereeld, was bevoorreg om in so 'n huis groot te word.

Maar ek gaan nog 'n keer probeer:

1. Natúúrlik kan jy jou saak op die man af (vrou ook sommer, as jy wil) stel, hoe anders? Maar om vaniemand te leer, moet jy jou ore oopmaak en regtig luister. Dit help as jy jou in die ander ou se skoene probeer plaas, dan kom jy dalkies agter dat daar nie altyd net één regte argument, en één verkeerde argument is nie.

Die oomblik as 'n fundamentalis-christen, moslem, of wat-ook-al hul sienings op my probeer afdwing, dan sal ek sowaar laag slaan. Maar solank hulle my in vrede laat, is alles reg.

2. En natuurlik mag jy kritiseer. Ek het ook kritiek op die Britze se dogma, trouens, ek stem glád nie met hulle saam nie. Maar ek kan my indink in die plek waar hulle vandaan kom, en hoe hulle nou dié dogma meer as ooit vantevore aangryp in dié traumatiese oomblikke. En ek sal hulle reg verdedig om dit te mag doen. Sodoende kan ek vir my dieselfd reg op-eis: om te glo wat ék wil, in vrede, sonder dat ander met my sukkel daaroor.

Buitendien, as ek van dieselfde plek as hulle gekom het, sou ek heel waarskynlik dieselfde uitlatings gemaak het in hierdie geval. Al is dit hóé mislei en verdraaid in ander se oë.

3. Disrespek diskwalifiseer jóú vir enige respek van jou naaste af, besef jy dit? Toets dit maar as jy my nie glo nie: wys minagting vir jou vriend, familielid, buurman, kollega en kyk hoe lank jy nog dié persoon se respek sal geniet. Respek is goed. Respek sê: ek verskil dalk van jou, maar ek minag jou nie. En ek laat 'n bietjie toe vir jou.

Dit sal natuurlik nie werk as jy inderdaad dink jy is  beter as die ander persoon nie. (Dan sal jy in elk geval nooit 'n mensch kan wees nie, sorry.)

4. Kritiek en kritiese vrae op sigself behoort nie net aan ateïste nie, Willem. Ek loop gedurig onder kritiek deur van my gelowige vriende. Dis goed vir enige mens om krities te dink. Moet dit net nie verwar met disrespek en meerderwaardige houdinkies nie.

5. Jy mag dalk wil probeer onderskei tussen 'kinderlik' en 'kinderagtig' -- lyk my jy verwar die twee. Kinderlik is positief. Kinderagtig is negatief. Kinderlik dui op 'n onskuld, 'n opregtheid, 'n onbesoedeldheid. Of, dis hoe ek dit graag gebruik. Jy mag natuurlik verskil.

Empatie kan help wanneer mens nie verder wil stry nie.

Lekker aand
Alida

Alida van der Westhuizen

"The things that can destroy us," said Gandhi, "are politics without principle; pleasure with

Re: Van mens tot Mensch

 Ai Alida,

Wat is die sin in enige bespreking as ’n mens jou opinie of saak nie openlik, eerlik, sonder polities-korrekte vrese, selfsensuur of  oordadige gemanierdheid op die man af mag stel nie? Hoe op dees aarde kan mens andersins ooit verwag om by die pit uit te kom en werklik van mekaar te leer? Verstaan ek die begrip ‘bespreking’ dalk verkeerd? En hoekom mag ek iemand nie terug daag of opvattings nie bevraagteken en verwerp nie? Almal maak elke dag derduisende keuses wat ander wesentlik en op alle lewenstewrreine sonder sulke sensitiwiteite raak - hoekom nie ook op die abstrakte en geestelike terreine nie?  Hoekom wil gelowiges byvoorbeeld hul Bybel en god vrygestel he van die normale logika en ondersteunende bewyse, wat hulle van ander tydens besprekings en argumente verwag? Dis belaglik.

Natuurlik wens ek niemand toe wat die Brittze oorgekom het nie maar, om nou met vêrgesogde interpretasies, twyfelagtige verklarings en blatante leuens voor die dag te kom en kinderagtige foefies as wenslik, ‘God se wil’ en voorbeeld vir ander voor te wil hou, is, al beskuldig jy my nou ook hoe van dikvellige onsensitiwiteit,  steeds in my oë onvergeeflik.

Hoekom mag ek nie op rasionele gronde kritiseer nie en selfs na verdienste disrespekteer nie? Ek praat nie vir of namens die NHN nie en hou my opsetlik uit nouer betrokkenheid by hulle. Die Britzze het vrywillig en baie breedvoerig in die koerant getuig dat die gebeure, uh, “God” hulle daarna versterk het. Hulle is dus weer okay en verwag nie simpatie nie – wat keer my dan om hulle getuienisse ‘na so ’n traumatiese ervaring’ te bespreek?  Hoekom is hulle oortuigings skielik en  volgens jou, ook reg en sonder teëspraak toelaatbaar net omdat hulle op die manier ‘troos by hulle Here vind?”

As kritiek en kritiese vrae “ateïste ’n slegte naam gee”, kan jy my van nou-af  maar gerus Willem noem. 

Dit mag jou dalk ook loon om jou interpretasie van ‘kinderlik’ te heroorweeg. Daar is beslis groot elemente van onderontwikkeldheid, onvoldoende kennis, beperkte begrip en n gebrekkige verwysingsraamwerk daarin vervat. Kinderlikes kan beslis nie ingewikkelde rasionele besluite maak nie of baie sinvol redeneer nie. Maar, as n volwassene dit steeds as deug wil beskou...

As kragtige, eerlike en objektiewe diskussie in jou oë baklei is, het ek nog lank nie my liewe strydbyltjie weggepak nie.

OnMenschlike ou Willem.

Re: Van mens tot Mensch

Mirrag Willem

Dis juis my beswaar teen die gebruik van die term soos jy dit hier bo weer eens inspan. Die wêreld mensdom bestaan nie uit twéé groepe, die menschen en die mense nie. (Skape en bokke?) Ek weet glad nie of Gorbie, Madiba, Ghandi, moeder Theresa, FW of enige ander ou 'n mensch is (of nie). Jy kyk nie eers na die mens en oordeel dan of hy/sy die titel 'verdien' nie. 'n Mens leef sy/haar lewe volgens sy/haar eie gewete en van tyd tot tyd sal 'n ander ou (gewoonlik Joodse) omie dalk sê: sjoe, dis darem 'n mensch daai.

Jy veroordeel die Britze, só gee jy na my onbeskeie mening ander ateïste 'n slegte naam. Wat van 'n bietjie respek? Die Britze mág glo soos hulle wil. Verkragting is tog geen grap nie. Ek vind dit onaanvaarbaar om hierdie  mense ná so 'n tramatiese ervaring te kritiseer. As hulle troos by hulle Here vind, good for them! Dit sal nie vir my werk nie, en sekerlik ook nie vir jou nie. Maar dis waar hulle hul nou bevind, dis orraait so.

Fowler sal ook vir jou sê die geestelike fases het elkeen 'n bestaanreg. Overgesetz synde: almal is presies op die plek waar hulle hoort in hul journey of life. Wysheid (menschwees?) kan nie rypgedruk word, of aangeleer word nie. Jy loop maar jou pad, party goed maak sin en ander nie. Dis jou keuse.

En af en toe doen jy 'n ding wat 'n ander ou dalk sal laat sê: daai Willem, hy is sowaar 'n mensch. En as jy dit hoor sal jy waarskynlik dat af-shrug en jou pad verder loop.

Die vrou wat die lewens tydens die brand gered het, het 'n groot offer gebring om ander lewendig te hou. Daarvoor eer ek haar. Hoewel elkeen van daai kinders gaan ook eendag sterf, vir eers leef hulle bietjie langer en hulle geliefdes is bly.

Mak dit van haar 'n mensch? Weet sowaar nie. Waarskynlik tog. Dit maak nie saak wat ek haar noem nie.

Met die ontstaan van die term glo ek nie die ou Jode het bedoel jy moet 'n heilige erflating nalaat om 'n mensch te wees nie. Ek glo juis nederige, onbekende, ongeleerde en onbaatsugtige mense se menschwees kom dikels maklik en spontaan na vore. Sonder dat hulle dit uitgewerk het of die seminaar bygewoon het.

Terloops, kinderlik beteken geensins dom nie. En as jy die innerlike kind in jou verwaarloos, verloor jy jou lewensvreugde (joy) en dán word jy 'n sad, sad mens.

Nou toe Willem, kom ons maak nou vrede, anders word dit net 'n lawwe sirkeldebat waar niemand iets uit kan leer nie.

Vriendelike groete
Alida

n/a

Re: Van mens tot Mensch

 Goeie dag Alida,

 Die titel, Van mens tot Mensch is waarskynlik slegs ’n gerieflike, werkbare  en beskrywende samevatting van almal se hoop om op ’n deduktiewe wyse, beter mense te word en om die lewe voller te ervaar. Ek verstaan nog nie hoekom jy ons as ‘kinderlik'(dom) veroordeel(...), so hewig reageer en hoekom jy enigsins kan voel dat ons die begrip ‘goedkoop maak’ nie. Laat Ateis toe om uit die Bybrel parafraseer; ondersoek alle dinge maar behou die goeie.

 Ons geordende analise van die etiese (manifestasies van Mensch, in die geval) is tog eerlik, objektief, doelgerig en die verwagte resultaat bied potensiaal tot realistieser insig en waardevoller nalatenskap.  

 As ateïs glo ek dat net die kognitiewe, tussen geboorte en dood, werklik is en saak maak. Die reis na die dood is al wat ons realisties kan verwag en daarom behoort ’n mens die verantwoordelikheid ook op jouself te neem om die lewe te ondersoek, te verbeter, te geniet en, veral, om dit beter na jou dood te laat. Om ander (oneerlikes en ernstig-aanvegbares) toe te laat om ’n onwaarneembare god se wil en wense wild en wakker te interpreteer en dan aan ons voor te wil skryf is kinderagtig en uiters onverantwoordelik.  

 Kyk maar net na die Britze se selfmisleidende en ongelukkige reaksie in vandag se Beeld; dis (vir my persoonlik) amper net so weersinswekkend soos die verkragting omdat veral een belangrike element tragies ontbreek; volwassenheid.

 En ja, terwyl ’n nederige, onbekende, ongeleerde en onbaatsugtige vrou kenmerke soos empatie, mensliewendheid so voorbeeldig, hartroerend en dapper uitgeleef het, en ongetwyfeld deur ons almal as volwaardige Mensch beskryf sou word, gaan haar  heldedaad, tydens die weeshuis brand, nie ’n baie groot of permanente invloed (verbetering) in baie mense se lewens nalaat nie.

 Vergelyk maar met Gorbatsjof, Mandela, Ghandi, Schweitzer, moeder Theresa, F.W. en ander Mensche wie self, uiteindelik, ook net gewone mense is en was. Natuurlik is dit geen rasionele mens se hoop, doel of bestemming dat ander jou as ’n Mensch moet erken of  om ’n sterretjie op die voorkop te kry wat sê dat jy ’n gekwalifiseerde Mensch is nie. Ons doel is maar net om elemente van menslikheid te identifiseer en dit dan sinvol in almal se lewens te probeer inkorporeer; om die lewenservaring (die reis) vir almal te verbeter.       

Willem.

   

Re: Van mens tot Mensch

Hallo daar Willem!

Ek het my eers vreeslik gewip vir jou reaksie, maar toe 'lyster' ek maar bietjie na wat jy so tussen die reëls sê. Ek sien geen kwade bedoeling met die ge'mensch'ery nie, julle is ampertjies soos 'n kind met 'n nuwe speelding (woord) wat julle nie mooi verstaan nie, in alle respek.

Ek gaan maar net bietjie laaglê tot julle ouens oor die begrip 'mensch' gekom het en sal steeds die lesings bywoon wat my interesseer.

Moenie my kritiek so persoonlik opneem nie, die NHN bied tog 'n veilige forum waar mens jou opinie mag uitspreek. Soos ek dit verstaan.

Mag ek vra, wat bedoel jy met Dit gaan nie oor die bestemming nie maar net oor die beter belewing van die reis? Watse bestemming?

Vriendelike groete
Alida

Alida van der Westhuizen

"The things that can destroy us," said Gandhi, "are politics without principle; pleasure with

Re: Van mens tot Mensch

Hallo Sakkie

Hier is 'n link na die Bedfordview-engel toe: http://www.rapport.co.za/Content/Suid-Afrika/Nuus/2315/76d055ded28248d7a..., maar ek sien nou so links van ons is daar lyk my klaar ene! (Ek en jy het iets in gemeen, hehe! Jy is net gelukkig dat jy die verskoning van 'n "verstrooide proffie" het; ek is maar net soms erg onoplettend.)

Terloops, Johannes gaan ook soms NHN-byeenskomste toe, hy is julle (ons?) baie vriendelik-gesind.

Dié wat ek bietjie met julle wou gesels oor die mensch-ding. Ek glo aan die NHN se integriteit en dat julle hierdie idee vir 'n goeie doel wil gebruik, maar ek wou my persoonlike gevoelens met julle deel.  Ek het vanoggend 'n lang gesprek met johan gehad, sy weet wat ek bedoel. Dit gaan net oor die woord en 'n sekere betekenis wat ek daaraan koppel wat nie stryk met 'n elitistiese óórgebruik van die begrip nie. Jy is heeltemal reg: mens sien soms 'n beskeie medemens raak wat 'n besonderse ding doen (sonder enige verwagtinge of delusions of grandeur) en dan sê mens, amper gewyd: dís nou 'n mensch.

Mensch het tog nie noodwendig iets met volwassenheid te doen nie (onthou in elk geval dat Erik Holm gesê het die mens is die enigste dier wat nooit volwassenheid bereik nie).

Mens vergoedkoop en kommersialiseer 'n pragtige begrip voor jy mes (mensch!) kan sê deur dit te veel te gebruik, glo my maar. Ek sou hierdie begrip wou spaar vir besondere oomblikke wanneer iemand (wat soos almal van ons die mensch in hom omdra, partykeer diep versteek) iets baie uitsonderliks doen.  Juis amper kinderlik-goed, soos die ou in Bedfordview.

Nouja, miskien is dit alles maar net semantiek. Ek weet net iets diep binne in my raak ongemaklik wanneer dié woord so rondgegooi word.

Vriendelike groete
Alida

Alida van der Westhuizen

"The things that can destroy us," said Gandhi, "are politics without principle; pleasure with

Re: Van mens tot Mensch

Haai Alida

Verlede week stuur 'n NHN-lid (en gereelde Midrandbywoner) aan my 'n berig wat in Rapport verskyn het. Dit dra die opskrif "Engel van Bezuidenhoutsvallei". Dis geskryf deur Johannes de Villiers. Dit vertel die verhaal van 'n man wat vir Pick 'n Pay werk en wat 'n verwese en verwaarloosde man op straat opgetel en huis toe geabba het. Die hele berig handel daaroor dat daar hierdie werker is wat net maar goed vir ander doen. Hy kom elke dag werk toe en is vriendelik, hulpvaardig, ens. ens. Die NHN-lid skryf toe in die opskrifreel: "Mensch?" en ek reageer: "Nee, MENSCH!" Dit was 'n voorbeeld van Mensch-wees by uitnemendheid.

Ek wens jy kan vir ons daardie berig opspoor en dit hier plaas. [Dalk het ek die woonbuurt verkeerd.] Ons is regtig nie besig om 'n soort ideaaltipe mens te beskryf nie, maar vir onsself duidelikheid te kry oor wat ons as goeie volwasse mens-wees beskou. En ja, ons is oop vir kritiek. In reaksie op Anthoni se opmerking tydens die eerste lesing vanjaar het ek gese: "Moet ons nie dalk tydens elke Midrandbyeenkoms van een voorval vertel waar ons Mensch in aksie gesien het nie?" Die berig van Johannes de Villiers was vir my so 'n voorbeeld van Mensch in aksie.

Groete
Sakkie

 

Re: Van mens tot Mensch

 Lyster Alida,

En noulat jy ons so lekker staan en uitkryt en ons boonop sommer so maklik oor n kleinigheid verwerp het; sover ek dit verstaan probeer ons maar net met die 'mensch-ding', soos jy dit so volksmondig stel,  om onsself en mekaar te help om beter mense te wees.

Ons kyk dus hoe die kinderlike en kinderagtige, die leek en ekspert, die hartroerende en die onbetrokkene  en selfs die haakskeenbytende joernalis, elkeen op sy of haar manier, ons groter insig in belangrike lewensaspekte kan gee. Ek het glad nie die indruk gekry dat enige NHN-lid enigsins na menchwording streef nie. Ons ondersoek egter wel op die oomblik die stappe in ontwikkeling van kind tot  volwassene om die groei-proses beter te verstaan maar feitlik elke spreker het self sy eie voorbeelde van menschlikheid as ontoereikend gekritiseer.

Ek dink jy is reg oor die essensie van die begrip maar dat jy dalk ook die verkeerde indruk van ons doel daarmee gekry het. Ons almal weet; Dit gaan nie oor die bestemming nie maar net oor die beter belewing van die reis. Daarom probeer ons om dit wat ons ondersoek en leer, te sif, saam te vat en dit dan weer met ander te deel.  As professionele woordmechanic weet jy sweerlik hoe moeilik dit soms vir ons gewone mensies - onthou; ons wil wyd en by almal leer - kan wees om ons altyd reg uit te druk (en vir almal, wat na ons luister  assitware, ewe veel of dieselfde sense te maak.) 

Vergewe party van ons dus asseblief ons tekortkominge, en oordeel versigtiger. Jou reaksie dui daarop dat jy jou nie van al van ons geknoei oor die onderwerp vergewis het voor jy die sleutelbord so verwoed probeer stukkend slaan het nie: jou reaksie is dus, in die geval, ongelukkig op te min inligting (die 'eend se alie' en nie hele die eend nie) gegrond.

Dit dan met karakteristieke gemoedelikheid as antwoord en hoop dat jy sal oordink.

Willem.


Re: Van mens tot Mensch

Hallo almal!

Long time no see, ek was baie lanklaas doenig op die NHN se webblad. Deesdae werk ek voltyds op Rapport se webblad en doen dus eerder ander dinge in my vrye tyd.

Ek kom hier aan met kritiek. Wat is dit tog met die NHN die laaste ruk oor die mensch-ding? Aanvanklik het dit vir my goed geklink, want dit is 'n eervolle titel, maar schucks, julle pluk nou na my mening die dam skoon onder die eend se alie uit.

Anthonie was só reg met sy opmerking oor Gift of the Givers. Dít was 'n mensch-like daad, inderdaad!

Nou vir die nuusflits: die lede van Gift of the Givers het nie 'n mensch-kursus geloop nie. Hulle het nie 'n mensch-eksamen geskryf en geslaag nie.

As jy met enige praktiserende Jood gesels (onthou, dis 'n Yiddische woord, dis nie deur dr. Phil uitgedink nie), sal hy/sy vir jou verduidelik dat dié titel 'n spontane ding is wat toegedeel word aan gewone, dikwels baie beskeie mense wat hul menslikheid (wat hulle rééds besit) uitleef.

Die rondgooi van die begrip in die NHN vervlak dit, laat dit soos een of ander prestige-trofee klink. Vir my. Asof mensch-wees iets is wat 'bereik' kan word, volg net die instruksies, A tot F.

Help my reg as ek verkeerd redeneer, asseblief, ek is regtig oorbluf en taamlik teleurgesteld in die situasie. Ek voel so sterk daaroor dat ek besluit het om my formele lidmaatskap van die NHN op te sê.

Maar my ore is oop vir reaksie.

Vriendelike groete
Alida

Alida van der Westhuizen

"The things that can destroy us," said Gandhi, "are politics without principle; pleasure with

Re: Van mens tot Mensch

Mark Dickinson se opmerkings oor die Christelike narratiewe laat my onwillekeurig dink aan die hartseer geval van Ruben Kruger. Watter onreg om mense tot in hulle volwassenheid aangewese te maak op kinderlike verhaaltjies wat nie in staat is om die gewig kan dra van dit daarop geplaas word nie. Soos Mark dit stel:  "If we don't learn how to ride a bike before we can balance ourselves on two legs (and hopefully walk a few meters), should we not then continue to educate our very young with the images and stories that capture their imaginations and speak to their intellect (at that age)? Possibly, the problem with our Christian education process is that we never leave "the uncomplicated pictures" that we experience in the early grades of learning and that rather than maturing and growing in our divine-human journey, we remain closed in an understanding that we should have outgrown a long time ago. In other words, is the problem equally as much how we teach, (i.e. training adults not to remain in a child's thinking) as what we teach?"

Daarom dan dat siek mense teen groot koste en persoonlike ongerief reise onderneem om "geloofsgenesing" te ondergaan aan die hand van byvoorbeeld die "profeet" Joshua soos in Kruger se geval? Of dat hulle allerhande verbete "geloofstegnieke" inspan in die futiele hoop dat die God van die Kinderbybel weer die natuurwette sal oorskry en ingryp om die kankergewas "onverklaarbaar" te laat verdwyn? Soos Spong dit in sy antwoord stel: "Another factor is that so many adults have never moved beyond their childhood religious fantasies, so that they do not know how to cope with hard human realities; hence they seek comfort in the simplicity of yesterday in the protective arms of a heavenly parent."

Wanneer ek kyk na die foto van Ruben en sy pragtige gesinnetjie is dit hierdie gedagtes wat my die hartseerste maak.

[Anoniem, ek stem volmondig met jou opmerkings saam. Eintlik kan ek dit nie beter stel nie. Sakkie]

Re: Van mens tot Mensch

Vrinne

Wil jy/julle nou meer. Ek het pas hierdie volgende vraag en antwoord via John Spong se versendingslys ontvang. Dit sluit baie mooi aan by Sondag 17 Januarie se Midrandgesprek. Ek gee dit hieronder weer.

Geniet dit.
Sakkie
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- 

Mark Dickinson from Ottawa, Ontario, writes:

I have just finished reading Eternal Life: A New Vision. Thank you for writing this wonderful book, and thank you for sharing your vision of life eternal fulfilled. I embrace your vision with enthusiasm and I share in your celebration of our spiritual life.

In the early chapters of the book, you spend some time describing your journey, as a child and as a youth, within the boundaries and constraints and limitations of a conservative Protestant tradition. I can identify with many of your memories, and I can recall (20 years ago or so) sharing many of the "fundamentalist" beliefs and ideologies with young Sunday School students that I taught for 10 years within a Lutheran church outside of Ottawa. The stories of Genesis and Exodus and the narratives of the gospels rolled easily into the empty, hungry minds of the children and, in the spirit of most stories (and especially folklore), left these children excited and intrigued. But now, looking both backwards to where I started and from what I see today, communication or rather education of our young people becomes a little more complex and challenging.

If many (or rather, most) adults have difficulty jettisoning the literal interpretations of the Bible, how do we pursue the important task of presenting allegorical, symbolic stories abut the history of God's journey with humanity in a format and language that our young children can absorb and understand? Consider the following analogy: If we don't learn how to ride a bike before we can balance ourselves on two legs (and hopefully walk a few meters), should we not then continue to educate our very young with the images and stories that capture their imaginations and speak to their intellect (at that age)? Possibly, the problem with our Christian education process is that we never leave "the uncomplicated pictures" that we experience in the early grades of learning and that rather than maturing and growing in our divine-human journey, we remain closed in an understanding that we should have outgrown a long time ago. In other words, is the problem equally as much how we teach, (i.e. training adults not to remain in a child's thinking) as what we teach?

Dear Mark,

I think you are correct. I might expand your thinking to include not just that we remain in childlike thinking, but we literalize the stories so that if the child rejects them, the child is made to feel that he or she has done something wrong or that either God or his and her parents will be disappointed. We do not do that with secular myths and stories. We do not teach our children that there really was a Little Red Riding Hood or a Humpty Dumpy who fell off a wall. The stories capture genuine human experiences. In Little Red Riding Hood the story is about young girls entering puberty being urged to stay on the "straight and narrow" path lest they be caught by a wolf and eaten up. The story of Humpty Dumpty points to and illustrates the fact that in life there are some things that once done are irrevocable.

Religion, because it seeks to provide human security, always seems to have a need for certainty and to literalize a supposedly inerrant source, serves that purpose.

Another factor is that so many adults have never moved beyond their childhood religious fantasies, so that they do not know how to cope with hard human realities; hence they seek comfort in the simplicity of yesterday in the protective arms of a heavenly parent.

As a church pastor, I believe the first step in assisting growth into maturity is to open the adults to new possibilities and hope that this knowledge will trickle down to the children. I do not believe in trickle-down economics; that usually is limited to the possibility that the wealth of John D. Rockefeller will trickle down to Nelson Rockefeller and not much further. I do, however, believe in the possibility that good ideas and even good theology will trickle down to a new generation. There is ample evidence that bad ideas and bad theology have done so.

Thanks for writing.

John Shelby Spong

 

Re: Van mens tot Mensch

Sakkie

Ek is dit eens met Cas Labuschagne. Uiteindelik gaan dit in Mensch wees om emosionele volwassenheid. Ek glo dat die dogmas van die kerk - sonde, vergifnes, ens - juis die mens onvolwasse hou sodat hy nooit leer om verantwoordelikheid vir die gevolge van sy dade te aanvaar nie. Ek neem daagliks besluite - party goed maar ander nie goed nie - wat almal gevolge het. Partykeer is daar nie juis 'n goeie besluit nie en dan moet ek kies saam met watter gevolge ek kan leef.

Koos

 

Re: Van mens tot Mensch

Willem

Terwyl ek aan 't voorberei was vir die lesing van Sondag, het ek hierdie stelling van Cas Labuschagne onthou, maar ek kon dit nie opspoor nie. Vanaand het ek dit gekry. Ek het hom Sondag indirek aangehaal (miskien onthou jy dit). Nou doen ek dit direk: "Geloven als een kind kan, zolang je kind bent. Als het langer duurt, ben je of niet volwassen geworden, of je bent naief" (Labuschagne 2000:36).
 
Ek wens so ek kan hierdie stelling vir elke persoon stuur wat so aandring dat 'n mens soos 'n kind moet glo. As jy soos 'n kind glo terwyl jy aanspraak maak daarop dat jy 'n volwassene is, is jy inkongruent!

Groete
Sakkie
Labuschagne, D.J. 2000. "Zin en Onzin rond de Bijbel: Bijbelgeloof, Bijbelwetenschap en Bijbelgebruik" Zoetermeer: Boekencentrum.

 

Re: Van mens tot Mensch

Willem

Jy slaan die spyker op die kop met jou metafoor. Dis waarom my lysie van name teen die einde verskillende mense ingesluit het. Elkeen het iets van Mensch-wees gereflekteer en wel op 'n ander terrein van die lewe. Elkeen van hulle was en is steeds feilbare mense. Ek het nogal van Anthoni se illustrasie gehou toe hy na die optrede van "The Gift of the Givers" verwys het. Dalk kan ons so af en toe vanjaar stilstaan en onsself afvra: "Wie het die afgelope tyd in ons samelewing so opgetree dat iets van Mensch-wees" gereflekteer is? Daardie vrou na wie Freddie Crous verwys het wat 'n hele huis weeskinders versorg, is nog 'n voorbeeld.

"Kongruent" is nie so 'n komplekse woord nie. Dit se bloot dat "leef jou soort mens-wees uit." Moenie iets anders probeer wees nie. Moenie voorgee om wyser te wees as wat jy is nie.

Groete
Sakkie