Die "Intelligent Design"-beweging: Politieke opportuniste of soekers na die waarheid?

Oops! - The path for including CiviCRM code files is not set properly. Most likely there is an error in the civicrm_root setting in your CiviCRM settings file (sites/default/civicrm.settings.php).

» civicrm_root is currently set to: /home2/nuweherv/public_html/sites/all/modules/civicrm.

Please review the Drupal Installation Guide and the Trouble-shooting page for assistance. If you still need help installing, you can often find solutions to your issue by searching for the error message in the installation support section of the community forum.

Ek het onlangs besluit om ‘n bietjie te gaan oplees oor die sogenaamde "Intelligente Ontwerp"-beweging (Engels: Intelligent Design) en hoe
hulle idees verskil van beide die skeppingsleer en die ewolusieleer. Daar is nogal ‘n interessante beskrywing van die beweging op Wikipedia:

Intelligent design is the proposition that "certain features of the universe and of living things are best explained by an intelligent cause,
not an undirected process such as natural selection." It is a modern form of the traditional teleological argument for the existence of God,
but one which purposefully avoids specifying the nature or identity of the designer. The idea was developed by a group of American creationists
who reformulated their argument in the creation–evolution controversy to circumvent court rulings that prohibit the teaching of creationism as
science. Intelligent design's leading proponents – all of whom are associated with the Discovery Institute, a politically conservative think
tank – believe the designer to be the God of Christianity.

(http://en.wikipedia.org/wiki/Intelligent_design)

In dieselfde artikel is ‘n verwysing na die mees prominente organisasie, die Discovery Institute, wat hierdie denkwyse verteenwoordig.
Oomblikke nadat ek hul webblad (http://www.discovery.org) besoek het, het ‘n advertensie van ‘n boek op dieselfde webblad my oog gevang. Die
boek se naam is The Israel Test en is geskryf deur ene George Gilder. Hierdie boek is vol blatante pro-Israel propaganda. Hier is ‘n gedeelte
van die produkbeskrywing van hierdie boek op http://www.Amacon.com:

Gilder reveals Israel as a leader of human civilization, technological progress, and scientific advance. Tiny Israel stands behind only the
United States in its contributions to the hi-tech economy. Israel has become the world's paramount example of the
blessings of freedom [!].

George Gilder en Bruce Chapman was medestigters van die Discovery Institute. Daar is interessante agtergrondsgeskiedenis oor Bruce Chapman
op die instituut se webblad:

A former Director of the United States Census Bureau (1981 - 1983), Mr. Chapman also served as Deputy Assistant to President Ronald Reagan
from 1983 to 1985 and simultaneously held the position of Director of White House Office of Planning and Evaluation. In 1985 he was appointed
United States Ambassador to the United Nations Organizations in Vienna, Austria, serving through 1988. He received the State Department's
Superior Honor Award. His diverse responsibilities included such subject areas as nuclear proliferation, refugees, economic development and
narcotics control.

(http://www.discovery.org/p/7)

Daar is verskeie ander pro-Israel artikels op die webblad, soos o.a. hierdie artikel geskryf deur ‘n "senior fellow" van die instituut:
http://www.discovery.org/a/14971. Waarom is hierdie organisasie dan so openlik pro-Israel, indien dit veronderstel is om hoofsaaklik krities
te wees teenoor die ewolusieleer? Daar is baie Moslems wat ook aktief betrokke is by die veldtog om die skeppingsleer en/of Intelligente
Ontwerp te propgageer, soos bv. Harun Yahya (http://www.harunyahya.com).

Een van die doelstellings van die Discovery Institute is om die idee van ‘n persoonlike Skepper (teïsme) meer "wetenskaplik aanvaarbaar"
te maak. Hulle praat daarom selde oor die Bybelse eienskappe van hul "Intelligente Ontwerper", en verwys dikwels in hul argumente na
"irreducible complexity". Dit sal interessant wees om hierdie organisasie se ware motiewe te ondersoek en vas te stel waarom die stigters
daarvan betrokke is/was by die Amerikaanse regering en waarom hulle so openlik pro-Israel is. Waarom is hulle dan nie só openlik wat betref
hul geloof in die God van die Bybel nie?

Re: Die "Intelligent Design"-beweging: Politieke ...

Daniël,

Nêrens beweer ek dat die "Meerderheid" se konsensus of die feit dat iets "Algemeen Aanvaar" word, die énigste maatstawwe is wat die geldigheid
van argumente bepaal nie. Ek probeer net beklemtoon dat die feit dat iemand nie saamstem met iets wat deur die meeste ander mense as waarheid aanvaar word nie, beteken dat so ‘n persoon belangrike redes moet hê en moeite moet doen om andere van sy/haar standpunt te probeer oortuig. Dikwels gebeur dit dat sulke persone vervolg en doodgemaak word, maar dat hulle idees later jare as "waarheid" aanvaar word deur latere samelewings.

Mense se persoonlike vooroordele, godsbeskouings en gevoelens het ‘n belangrike invloed op dit wat hulle as "die waarheid" aanvaar. Daar is
egter gemeenskaplike waarnemings wat mense met verskillende gelowe maak en waarop sogenaamde objektiewe empiriese getuienis gebaseer is. Indien ek en jy na ‘n termometer kyk, kan ons albei saamstem oor wat die temperatuur is. Daar bestaan dus genoeg objektiewe empiriese getuienis dat die temperatuur bv. 23 grade Celsius is, en ons kan albei daaroor saamstem, selfs al verskil ons godsbeskouinge. Op soortgelyke manier kan empiriese getuienis gevind word vír of téén die geldigheid van die ewolusieteorie, wat wetenskaplikes kan oortuig ten spyte van hulle
verskillende idees oor teïsme, ateïsme en panenteïsme. Daar is selfs Christen-gelowige wetenskaplikes wat in teïstiese ewolusie glo.

Indien elke staat in Amerika verantwoordelik is vir hul eie onderwysdepartement, moet die regering van daardie betrokke staat tog sekerlik
besluit of hulle kreasionistiese en/of IO-denke sal toelaat in hulle biologie-klasse? Om een of ander rede glo baie regeringsmense dat beide
kreasionisme en IO beskou kan word as "godsdiens" en dit bevestig my vermoede dat daar weinig nie-godsdienstige mense is wat bereid is om
hierdie teorieë ernstig op te neem. Ek weet nie of daar enige state in Amerika is wat hierdie teorieë in hul skole sal "toelaat" nie, maar
indien dit wel die geval is, behoort ‘n vinnige Google search van die woorde creationism in american schools vir ons meer inligting daaroor
te verskaf. Lees bv. die volgende artikel oor die Discovery Institute se veldtog in die staat Texas :
http://www.timesonline.co.uk/tol/comment/faith/article6425188.ece
 

Groete,
Jaco Steyn

Re: Die "Intelligent Design"-beweging: Politieke ...

Jaco,

Jy is een wat behoort te weet dat "Meerderheid" en "Algemeen Aanvaarde" nie die enigste maatstawwe is wat die geldigheid van agrumente bepaal nie.

Wat moes Galileo gese het toe dit Algemeen Aanvaar was onder wetenskaplikes en nie-wetenskaplikes, dat die Aarde die middelpunt van alles is?

Het ek, en baie Christenwetenskaplikes, vooropgestelde idees? Beinvloed hierdie idees die manier wat ons wetenskaplike feite en waarnemings interpreteer. Beslis ja.

'n Vraag vir jou. Dink jy Wetenskaplikes wat nie in 'n persoonlike God glo nie, het nie vooropgestelde idees wat hulle beinvloed wanneer hulle wetenskaplike feite en waarnemings interpreteer nie?

"Indien daar soveel getuienis téén ewolusie is, behoort die Amerikaners se onderwysdepartemente tog sekerlik
meer verdraagsaam te wees ten opsigte van ‘n teorie wat die letterlike verstaan van Genesis onderskryf?
"

Wie dink jy gaan hierdie besluit neem? Hoe gaan ons daarvan te hore kom? Een van die struikelblokke is die Amerikaanse regering se interpretering van "Godsdiensvryheid". Hulle besluit 1. wat Godsdiens is en dan 2. sluit hulle alles wat te make het met Godsdiens uit die skole uit.

Terloops, die Amerikaanse regering kan maar snaakse dinge aanvang. As my inligting korrek is, word Islam / Moslem glad nie as 'n gevaarlike groep gelys deur die Department of Homeland Security nie, maar wel Christene wat glo in Eindtyd Profesiee. Hoeveel Christene het al in Amerika teroriste aksies uitgevoer, ens. En Moslems?

Daniel
4KBC:"Laat daar lig wees..."

Re: Die "Intelligent Design"-beweging: Politieke ...

Daniël,

As deel van ons pogings om te probeer uitvind hoeveel mense met "suiwerder motiewe" daar is wat die skeppingsleer of Intelligente Ontwerp
ondersteun, moet ons die volgende vrae probeer antwoord:

• Waarom sal enigiemand die moeite doen om die bestaande algemeen aanvaarbare wetenskaplike teorieë aangaande die ontstaan van lewe op
aarde te bevraagteken? Probeer hulle eerlik en objektief soek na die waarheid, of het hulle vooropgestelde motiewe om die letterlike verstaan
van hulle "heilige" geskrifte meer wetenskaplik-aanvaarbaar te probeer maak?

• Hoeveel mense is daar wat nié aanhangers is van een van die Abrahamitiese godsdienste nie, maar wat wel ondersteuners is van die
skeppingsleer of "Intelligente Ontwerp"?

• Indien daar noemenswaardige getuienis is vir die geldigheid van "Intelligente Ontwerp", behoort die meeste bioloë die ewolusieteorie
tog uiteindelik te verwerp indien hulle wel soekers na "objektiewe" waarheid is. Waarom doen hulle dit dan nie? 

Dit is ook betekenisvol dat die Discovery Institute hulle geloof in die Christelike God probeer "wegsteek" ten einde hulle idees meer
aanvaarbaar te maak in die Amerikaanse skole. Sover ek weet is Amerika een van die mees Christen-fundamentalistiese lande ter wêreld. Blykbaar
is ongeveer 35% van die Amerikaanse bevolking born again Christene (http://www.religioustolerance.org/chr_defn.htm), en glo ongeveer 48%
Amerikaners nié in ewolusie nie. Indien daar soveel getuienis téén ewolusie is, behoort die Amerikaners se onderwysdepartemente tog sekerlik
meer verdraagsaam te wees ten opsigte van ‘n teorie wat die letterlike verstaan van Genesis onderskryf?

Ek dink ons verskil nogal van mekaar wat betref die betekenis van "suiwerder motiewe". Kan ‘n nie-Christen wat geen vooropgestelde idees oor
die skepping het nie, volgens jou kwalifiseer as iemand wat ‘n suiwer motief kan hê? Wat sal gebeur indien so ‘n persoon die geleentheid gegun
word om argumente van beide ewolusioniste en IO-ondersteuners objektief te ondersoek? Dink jy werklikwaar dat jy so ‘n ywerige kampvegter vir
die skeppingsleer sou gewees het indien jy nié ‘n Christen was nie?

Groete,
Jaco Steyn

Re: Die "Intelligent Design"-beweging: Politieke ...

Ek het ongelukkig deesdae 'n baie siniese uitkyk op hierdie tipe van ding. Volgensw my het enige beweging/organisasie met 'n godsdienstige geurtjie bymotiewe. Volgens my is politiek en godsdiens op een of ander manier verbind. Dit is al in die geskiedenis al soveel male bewys. 
In hierdie geval vertrou ek die vrede weereens nie.
Groetnis
Erick 

Re: Die "Intelligent Design"-beweging: Politieke ...

Wat is dus hulle motief? Eintlik wonder ek oor 'n meer interessante vraag: Indien hulle dan nou 'n minder eerbare motief het, soos jy probeer uitwys, maak dit hulle wetenskaplike argumente ongeldig? Of selfs hulle filosofiese en logiese argumente ongeldig?

Waarvoor ons moet oppas is om nie net 'n rede te soek om die persoon / organisasie wat die stellings maak, se karakter te kan betwyfel en dan agteroor sit en besluit die argument is gewen nie. Wat van indien 'n persoon met suiwerder motiewe en beter karakter met dieselfde argument kom?

Daniel
4KBC:"Laat daar lig wees..."