Vrinne en Vrindinne
'n Handjie vol NHNners het gisteraand (6 Julie 2010) die fliek "Creation" hier in Brooklyn gaan bekyk nadat 'n ander NHNgroep dit die vorige week bygewoon het. My ervaring was dat die fliek my nie regtig meegevoer het nie. Frances Klopper se lesing oor Emma Darwin wat sy in Midrand gelewer het (en waarvan die teks hier op die NHN se webbladsy le) was meer aangrypend. Haar lesing het 'n mens goed voorberei op die fliek en 'n mens was goed ingelig oor die gesinsverhoudinge. Wat wel duidelik geblyk het, was dat Charles Darwin bewus daarvan was dat sy boek "Origin of Species" 'n geweldige impak op die Christelike godsdiens gaan he. Die Christelike godsdiens het daardie impak nog nie regtig verwerk nie en tradisionele dogmas bly onaangetas. Kerke leer steeds dat mense in sonde ontvang en gebore word. Dat allerlei liggaamlike gebreke die gevolg van die sondeval is en dat ons as mense sterf omdat dood straf op Adam en Eva se sonde is. Ek het verwag dat die fliek meer daarvan sou maak, maar dit het nie. Dit het wel die verhouding tussen Charles en Emma mooi uitgebeeld, maar Frances se voordrag was vir my aangrypender en dit het na my mening meer reg laat geskied aan hul verhouding asook hul verhouding met hul kinders as die fliek "Creation".
Groete
Sakkie
Re: Die fliek "Creation"
Vrinne en Vrindinne
Frances Klopper het in die jongste "Rooi Rose" tydskrif (Augustus 2010) 'n kort artikel oor Emma Darwin geskryf. Dit dra die titel "'n Spreekbeurt vir Emma". Dis gebaseer op die navorsing wat sy vir die Midrandlesing gedoen het. Lees dit gerus! Sy verwys daarin ook na die fliek "Creation" en maak 'n paar goeie kritiese opmerkings daaroor.
Groete
Sakkie