Antwoorde op vrae van ‘n Christen-fundamentalis

Oops! - The path for including CiviCRM code files is not set properly. Most likely there is an error in the civicrm_root setting in your CiviCRM settings file (sites/default/civicrm.settings.php).

» civicrm_root is currently set to: /home2/nuweherv/public_html/sites/all/modules/civicrm.

Please review the Drupal Installation Guide and the Trouble-shooting page for assistance. If you still need help installing, you can often find solutions to your issue by searching for the error message in the installation support section of the community forum.

Ek het ‘n tyd gelede met iemand gepraat oor godsdienstige sake en agtergekom dat hy ‘n fundamentalis en kreasionis is. Ons het besluit om ons
gesprek later per epos voort te sit en hy het vier vrae aan my gestuur. Hy het deur middel van die tipe vrae wat hy gevra het, probeer om my
“uit te vang”. Nadat ek ongeveer ‘n week gelede die antwoorde aan hom gestuur het, het ek nog geen reaksie van hom af ontvang nie. Miskien is
daar van my ander mede NHN-lede aan wie dieselfde tipe vrae gevra is deur familielede of werkskollegas. Ek deel graag met julle my antwoorde
op die vier vrae:

1. Volgens jou, Hoe bepaal mens reg en verkeerd?

Omdat ek glo in die Goddelike en die moontlike uiteindelike eenwording van die onsterflike deel van lewende wesens met die Goddelike, glo ek
dat enigiets wat hierdie eenwording bespoedig, as goed en reg beskou moet word, terwyl enigiets wat hierdie eenwording teenwerk, as verkeerd
of boos beskou moet word. Iemand wat byvoorbeeld baie selfsugtig en materialisties lewe, se lewenswyse is dus minder “reg” as iemand wat
daarop ingestel is om “nader te beweeg” aan die Goddelike. Daar was deur die eeue heen baie voorbeelde van wyse mense wat die Goddelike beter probeer verstaan het, en wat ander mense probeer help het om hul selfgesentreerde lewenswyses te verander. Sekere maniere van lewe en optree teenoor ander mense, is dus méér reg as ander maniere.

Bybel-fundamentaliste (mense wat glo dat die Bybel die onfeilbare Woord van God is) beweer dikwels dat die Bybel hulle help om te bepaal wat
reg en verkeerd is, en dat die Heilige Gees hulle lei om die Bybel “reg” te interpreteer. Dit is egter interessant dat hulle in Suid-Afrika
soveel uiteenlopende standpunte oor rasseverhoudings gehad het. Die Israelvisie-mense glo byvoorbeeld dat anderskleuriges nie Hemel toe kan
gaan nie, APK-lidmate glo dat afsonderlike ontwikkeling (Apartheid) Bybels-regverdigbaar is, terwyl baie NG-lidmate, baie kreasioniste en
Oom Angus Buchan-ondersteuners glo dat Apartheid onbybels is. Wie is reg en wie is verkeerd? Miskien word geskille oor rasseverhoudings dalk
nie as “belangrik genoeg” geag deur die Helige Gees nie? Miskien was ons pro-Apartheid voorouers doelbewus sondig en ongehoorsaam, omdat
hulle nie die Heilige Gees “reg” wóú verstaan nie?! 
 
2. Volgens jou, wanneer was die laaste boek van die Bybel geskryf? Jaartal?

Ek verstaan nie eintlik waarom die antwoord op hierdie vraag vir jou so belangrik is nie. Ek glo dat die Bybel deur mense geskryf is en dat
dit beslis nié deur ‘n persoonlike God geïnspireer was nie. Ek het die volgende artikel, wat impliseer dat die Nuwe Testament in ongeveer die
jaar 397 n.C. amptelik “gekanoniseer” is, op ‘n Christelike webblad raakgeloop. Jy moet egter onthou dat baie boeke wat as té “gnosties”
beskou is, weggelaat is uit hierdie “amptelike” Nuwe Testament en dat die Sinode van Kartago ‘n sinode van die Rooms-Katolieke Kerk was!

Starting in about 40 AD, and continuing to about 90 AD, the eye-witnesses to the life of Jesus, including Matthew, Mark, Luke, John, Paul,
James, Peter and Jude, wrote the Gospels, letters and books that became the Bible's New Testament. These authors quote from 31 books of the
Old Testament, and widely circulate their material so that by about 150 AD, early Christians were referring to the entire set of writings as
the "New Covenant." During the 200s AD, the original writings were translated from Greek into Latin, Coptic (Egypt) and Syriac (Syria), and
widely disseminated as "inspired scripture" throughout the Roman Empire (and beyond). In 397 AD, in an effort to protect the scriptures from
various heresies and offshoot religious movements, the current 27 books of the New Testament were formally and finally confirmed and
"canonized" in the Synod of Carthage.

http://www.allaboutthejourney.org/history-of-the-bible.htm

3. Wat is die definisie van 'n Christen en wat is die bron van die opinie?

Ek beskou ‘n Christen as iemand wat glo in

(1) Jesus as deel van die Drie-Enige God,
(2) die Bybel as onfeilbare Woord van God, en
(3) dat sekere mense bestem is om die Ewige Lewe te beërwe terwyl andere bestem is vir die Ewige Verdoemenis.

Omdat ek nie in enigeen van hierdie drie geloofsbeginsels glo nie, sien ek myself nie as ‘n Christen nie, maar liewer as ‘n heidense
“gnostikus”. Die meeste Protestante, Rooms-Katolieke en Charismatiese Christene glo in al drie hierdie beginsels. Hulle word deesdae deur
veral ateïste en skeptici as “Christen-fundamentalisties” beskou. Indien iemand egter in slegs een van hierdie drie beginsels nié glo nie,
word hulle deur baie tradisionele Christene beskou as “afvalliges” of “Nuwe Hervormers” in Suid-Afrika, of “liberal Christians” in Amerika.

My definisie van die woord “Christen” is baie soortgelyk aan die volgende definisie van Wikipedia:

A Christian is a person who adheres to Christianity, an Abrahamic, monotheistic religion based on the life and teachings of Jesus of Nazareth,
who Christians believe is the Messiah (the Christ in Greek-derived terminology) prophesied in the Old Testament/Hebrew Bible, and the son of
God. Most Christians believe in the doctrine of the Trinity ("tri-unity"), a description of God as Father, as Son, and as Holy Spirit.

http://en.wikipedia.org/wiki/Christian

4. Kan God of mens net liefde teenoor alles hê? As mens lief is vir kinders moet mens sekerlik aborsie HAAT?

Dit hang natuurlik af van wat mens verstaan met die woord “liefde”. Volgens my is liefde ‘n manier van lewe wat daarop ingestel is om jouself
en ander lewende wesens (insluitende mense en diere) nader aan die Goddelike te probeer bring. Ek strewe daarna om onvoorwaardelik lief te
wees vir alle mense en diere, maar erken dat ek sukkel om dit reg te kry teenoor swart taxibestuurders en superryk mense wat deel is van die
geldmag.

Dit is duidelik dat die God van die tradisionele Christendom beslis nié onvoorwaardelik lief is vir al Sy skepsels nie, omdat Hy na bewering
besluit het om die meeste mense vir ewig hel toe te stuur! Hierdie voorwaardelike liefde verskil van die onvoorwaardelike liefde wat baie ouers
vir hulle (dikwels stout) kinders het.

Re: Antwoorde op vrae van ‘n Christen-fundamentalis

Pieter,

Ek kan nie met jou saamstem dat volgens die Wikipedia aanhaling slegs "empiriese getuienis die waarheid verteenwoordig" nie. Die feit dat een
persoon die kamertemperatuur as warm ervaar en ‘n ander persoon dieselfde temperatuur as koud ervaar, impliseer dat beide ervarings as ‘n
geldige waarheid aanvaar kan word, maar dat een persoon se waarheid nie noodwendig dieselfde is as ‘n ander persoon se waarheid nie. Miskien
sal postmoderniste met my hieroor saamstem. Baie waarhede kan egter nie per definisie as dié "wetenskaplik-aanvaarbare" objektiewe waarheid
beskou word nie, maar wel as verskillende subjektiewe waarhede.

Wetenskaplikes het baie teorieë wat hulle gebruik om die heelal beter te probeer verstaan. Voorbeelde hiervan is Einstein se
relatiwiteitstoerie en kwantum meganika. Hierdie twee teorieë is op die oog af onversoenbaar met mekaar, maar albei van hulle is al gebruik om
mense se lewenskwaliteit te verbeter. Die onsekerheidsbeginsel van die kwantumfisika impliseer selfs dat mense nooit 100% met sekerheid kan sê
wat beide die posisie en die snelheid van ‘n deeltjie is nie.

Die punt wat ek wil maak is dat daar baie waarhede in die heelal is wat nog nie as amptelike objektiewe waarhede aanvaar is nie, maar dat dit
wel voordelig vir die mensdom kan wees om teorieë daaroor te hê. Op dieselfde wyse kan geloof in ‘n Goddelike en die hiernamaals geweldige
voordele vir die mensdom inhou.
 

Groete,
Jaco Steyn

Re: Antwoorde op vrae van ‘n Christen-fundamentalis

 Jaco, 
Dit lyk my jy verwag dat 'n mens subjektiewe getuienis as feite moet aanvaar. Jou wiki-aanhaling maak dit baie duidelik dat daar 'n verskil tussen empiriese en subjektiewe getuienis bestaan en dat slegs empiriese getuienis die waarheid verteenwoordig. Net omdat die ou in Weskoppies dink hy is Napoleon gaan ek dit nie aanvaar nie, net soos wat ek nie die ou wat nog dink dat die blou lug daar bo die hemel is se standpunt gaan aanvaar nie.
Ek het oud genoeg geword om nie noodwendig respek vir enige nonsens stelling te toon nie, maak nie saak van wie dit kom nie. Pasifistiese aanhalings soos "tree teenoor andere op soos wat jy graag wil hê hulle teenoor jou moet optree" en "draai die ander wang" werk nie in die regte lewe nie en ook nie vir my nie.
Ek is natuurlik ook ten gunste van die doodstraf. 
Pieter.

 

Re: Antwoorde op vrae van ‘n Christen-fundamentalis

Pieter,

Hier is ‘n definisie van "empiriese wetenskaplike getuienis" wat ek op die internet raakgeloop het:

Scientific evidence is considered empirical when it can be observed by many people and all will agree as to what they observed. An example
would be reading a thermometer. No matter who observes the thermometer, it still displays the same temperature. The counterexample to this
is physically sensing warmth or coolness. Observer A might sense that a room is warm, while observer B senses that the same room is cool.
These observations differ depending on the observer, and are therefore considered subjective. Evidence that is not dependent on the observer
(i.e., is objective), that appears the same no matter who observes the evidence, is considered to be empirical evidence.

(http://wiki.answers.com/Q/What_is_empirical_evidence)

Mense se idees oor die Goddelike (hetsy geloof in ‘n persoonlike óf onpersoonlike Goddelike) kan nie aan ander mense empiries bewys word op
dieselfde manier as wat die lesing op ‘n termometer bewys kan word deur sintuiglike waarneming nie. Mense wat beweer dat hulle ‘n persoonlike
verhouding met Jesus het, kan ook nie hul geloof empiries aan andere bewys nie, maar vir hulleself kan dit miskien wel ‘n outentieke ervaring
wees waarvoor hulle "subjektiewe" getuienis het.
 

Groete,
Jaco Steyn

Re: Antwoorde op vrae van ‘n Christen-fundamentalis

Beste Jaco,
Ek kan nie onthou dat ek al gelees het wat, soos jy dit stel "my geloof aangaande die aard van die Goddelike, waarvoor ek geen genoegsame 
empiriese "bewyse" het nie" is nie.
Vertel vir ons asb.
Groete,
Pieter.

 

Re: Antwoorde op vrae van ‘n Christen-fundamentalis

Beste Pieter,

Miskien is die enigste mense wat werklik "weet" dat die God van die Bybel ‘n fiktiewe karakter is, diegene wat ‘n direkte persoonlike ervaring
met die Ware "Onbekende" Goddelike gehad het? Ongelukkig kan hulle nie hul ervaring aan andere bewys deur middel van moderne empiriese
wetenskaplike metodes nie, en daarom is daar vandag nog baie godsdienstige mense wie se idees oor die Goddelike meer teïsties van aard is.
Omdat ek van teïste en ateïste verwag om respek te hê vir my geloof aangaande die aard van die Goddelike, waarvoor ek geen genoegsame
empiriese "bewyse" het nie, het ek ook respek vir húlle idees wat hulle óók nie kan bewys nie. Dalk is dit ‘n toepassing van die Goue Reël -
"tree teenoor andere op soos wat jy graag wil hê hulle teenoor jou moet optree"?
 

Groete,
Jaco Steyn

Re: Antwoorde op vrae van ‘n Christen-fundamentalis

 Jaco, Jou antwoord en redes lyk vir my, om die minste te sê, neerbuigend. Miskien beskryf die Engelse woord "condescending" dit beter.
Ons hier by die NHN lewe nie meer in in die 50's nie! Jou verwysing is nie na die goddelike nie, maar na die god van die bybel, wat ons weet is 'n fiktiewe karakter.
Pieter. 

 

Re: Antwoorde op vrae van ‘n Christen-fundamentalis

In die 1953 Afrikaanse vertaling van die Bybel word hoofletters gebruik wanneer daar verwys word na enige van die drie persone (Vader, Seun en
Heilige Gees) van die beweerde Goddelike Drie-Eenheid. Ek verwys dikwels na die Bybel in my skrywes en gebruik ook hierdie manier van skryf om
te verwys na persone van die Drie-Eenheid. Die dogma van die Drie-Eenheid is een van die belangrikste dogmas van tradisionele Christene
(insluitende Katolieke, Protestante en Charismatiese Christene) wat hulle onderskei van "andersdenkendes" soos ons Nuwe Hervorming-vriende.
Ek dink dit is gepas om nog steeds op ‘n respekvolle manier na mense se idees oor die Goddelike te verwys, al stem ons nie altyd daarmee saam
nie.

Groete,
Jaco Steyn

Re: Antwoorde op vrae van ‘n Christen-fundamentalis

Jaco, ek wil graag weet hoekom jy in jou vierde antwoord hy/sy met hoofletters skryf wanneer jy na die Christelike God verwys? Ek vra omdat dit wil voorkom asof jy nie in die Christelike God glo nie maar nogsteeds op 'n respekvolle manier na dit verwys. Is die respek vir die leser bedoel?
Anoniem