Nuwe Kommentaar

Oops! - The path for including CiviCRM code files is not set properly. Most likely there is an error in the civicrm_root setting in your CiviCRM settings file (sites/default/civicrm.settings.php).

» civicrm_root is currently set to: /home2/nuweherv/public_html/sites/all/modules/civicrm.

Please review the Drupal Installation Guide and the Trouble-shooting page for assistance. If you still need help installing, you can often find solutions to your issue by searching for the error message in the installation support section of the community forum.

  • Lewe na die kerk?   8 ure 40 min gelede

    Graag wil ek kommentaar lewer op die voorstel van Jaco tov credo/ belydenis vir post kerklikes.
    Die keuse bly 1. materialisties in siening(stof is lewende materie en tot stof sal dit terukeer en daar eindig dit) of 2. Daar is meer dan net lewende materie met 'n begin en einde - potensiele andersheid na einde . Om keuse twee se pad te bewandel neem mens weer op die pad van geloof of bygeloof en begin die vrae en die sirkel. Dit is nie 'n nuwe pad nie , wees gemaklik dat die voorvaarders hierdie pad al gestap het , weliswaar met mindere inligting beskikbaar. Maar dit was die 12 aanhangers van Jesus se probleem: wat gemaak met hul ervaring en kennis ? En so ook die kerkvaders van Christendom. En vaders van Hindoisme en  Budisme. Is daar lewe na die dood?  En elkeen wat die pad loop ervaar uniekheid maar eindig ALTYD by aanvaarding van 'n "First Cause" of die verwerping daarvan.
    Willie

  • Lewe na die kerk?   18 ure 24 min gelede

    Dagsê almal,
    Ons word deesdae so geteister met die tradisioneel fundamentele christelike leerstellings, dogma's, en belydenisse - welliswaar net in 'n ander baadjie, dat mens eintlik wil verstik daaraan. Dink maar aan inisiatiewe soos 'walk for Jesus', 'run for Jesus', ens. Om sake te vererger, spring baie kunstenaars ook alte graag op hierdie wa in 'n poging, natuurlik, om voordeel daaruit te trek. Volgelinge raap hulle CD's soos soetkoek op. Ons winkelrakke is bessaai met allerhande 'christelike' literatuur.
    Behalwe dat die NHN seminare en kongresse hou, is daar nie ander maniere hoe die resultate van die bybelwetenskappe die afgelope dekades aan die doodgewone mens op straat openbaar kan word nie? Waarom nie ook 'n eie tydskrif op ons winkelrakke met allerhande interresante artikels nie? 

    Groete!      

  • Lewe na die kerk?   2 dae 19 ure gelede

    Goeienaand Almal

    Sakkie, ek hou van jou Aardklop-gedagte! Maar doen dit asb volgende jaar sodat mens tyd het om te beplan. Hierdie jaar is te kort kennisgewing.

    Groete
    Christo

  • Lewe na die kerk?   3 dae 5 ure gelede

    Hi Pieter

    Dis 'n pragtige, openhartige brief. Ekself is ook nog nuut hier op die NHN se forum, maar ek kan jou verseker: Dis 'n hartlike klomp mense hierdie. Hier sal jy oorgenoeg siele ontmoet wat dieselfde ervaring deel en ondersteuning bied. Richard Dawkins se "The God Delusion" bevat 'n aangrypende hoofstuk oor die stryd wat mense moet stry nadat hulle afskeid geneem het van tradisionele paradigmas. Dis 'n hoofstuk waarmee meeste van ons kan identifiseer.

    Ek stem ook saam met een van die vorige bydraes, naamlik dat die innerlike wroeging al hoe meer afneem, namate jy meer sekerheid van jou eie oortuigings kry.

    Terloops, as jy nog nie by Facebook aangesluit het nie, oorweeg dit gerus. Dis 'n heerlike bymekaarkom-plek vir mense met dieselfde belangstellings

    Groetnis
    Nico Geldenhuys

  • Lewe na die kerk?   4 dae 18 ure gelede

    Pieter,
    Ek loop ook nou bykans 40 jaar n eensame paadjie nadat ek in 1964 deur my vrou en familie voor n keuse gestel was, die Rosicrucians bedank het en soos jy, my lewe gemors op kerk administrasie, kultuur, politiek. Ek dank die Here dat ek nou my eie internet het en NHN, Spiritualiteit en die Renaisance gemeente ondek het . Ongelukkig is ek in Alberton en n bietjie bejaard dus kon ek nog nie n besoek in Pretoria afle nie. Maar die gemoedsrus om te weet dat daar baie ander mense is wat soos ek dink en voel beteken vir my baie.
    Liefdegroete,
    Floris Grobler    0825578087@vodamail.co.zaR 

  • This Requires Open Mindedness   5 dae 20 ure gelede

    Hallo Leon,

    Ja, ek het dit nou nog meer male gelees en dit resoneer definitief met my. Dit was vir my 'n groot verligting dat hy gese het sy kruisdood het niks met sonde of vergifnis te doen gehad nie, dit was bloot sy sienswyse wat die Jode nie aangestaan het nie. Ek lees tans 'n boek "Biocentrism: How Life and Consciousness Are the Keys to Understanding the True Nature of the Universe" deur Robert Lanza wat aansluit by sy beskouing van "lewe" en "bewussyn", en ook sy, Jesus, se waarneming dat alles uit spasie bestaan, m.a.w. niks Groete,
  • This Requires Open Mindedness   1 week 1 dag gelede

    Johannes

    Dankie vir hierdie plasing.  Ek het gister daarop afgekom en moet sê die inhoud vd briewe was vir my aangrypend en baie interessant.  My vrou het dit ook baie treffend gevind.

    Ek het 'n paar vd briewe geprint en gisteraand by die huis het ek en my vrou heel aand gelees.

    Ek kan nogal verstaan dat jy aanvanklik eers huiwerig was.  Ek het al heelwat materiaal gelees wat mens as "chanelling" sou kon beskryf.  Die Conversations with God-reeks is effektief ook in hierdie genre.  So ook Abraham-Hicks se materiaal, en  A Course in Miracles -  en heelwat ander.  Vir my dus was die hele idee dat daar sulke stof bestaan nie vreemd nie en toe ek dit begin lees het dit geresoneer met my.

    Die briewe sê self dat nie almal dit sal aanvaar nie, en as dit die geval is, is dit nie (tans) vir sulke persone bedoel nie.

    Ek het vir jare reeds gevoel dat die 'kerk' nie Jesus se woorde reg verstaan nie.  Interessant dat die briewe ook sê dat hy voel dat hy min sukses behaal het in die sin dat hy by herhaling die konsepte verduidelik het, maar dat bitter min mense dit kon begryp.

    Beste wense met jou reis.
    Groete
    Leon Atterbury

  • Lewe na die kerk?   1 week 2 dae gelede

    Beste Pieter

    Ek verstaan volkome. As 'n mens eers van die hele godsdiensindoktrinasie bewus geraak het en as die kruik eers gebreek het, dan kan jy nie meer omdraai nie. Thomas Kuhn se term "paradigmaverskuiwing" illustreer dit vir my die beste. As jy 'n paradigmaverskuiwing beleef het, hetsy in die biologiese wetenskap, die sterrekunde, hetsy in die godsdiens (teologie), dan kan jy om die dood toe nie weer terugkeer na die ouer paradigma nie. Jy kan die klomp verstaan wat in die ouer paradigma leef en beweeg (en vasgevang sit), maar hulle kan jou nie verstaan nie. Daar is mense in daardie omgewing wat andersdenkend is en ek hoop hulle lees hier en probeer met jou kontak maak. Dalk moet ek probeer om by Aardklop uit te kom en dalk moet ons sommer ergens in 'n tent loop sit (of sommer onder die blou hemel) en gesels. Dalk moet die NHN so gou moontlik 'n seminaar in daardie omgewing kom hou. Vir diegene wat nie meer in die tradisionele bane kan wandel nie.

    Bel my indien jy daarna voel.

    Groete
    Sakkie Spangenberg
    082 847 4489

  • Lewe na die kerk?   1 week 3 dae gelede

    Ek sit hier voor my rekenaarskerm en trane verdof my beeld.  My vingers sukkel om die individuele sleutels te vind om te kan tik.  Ek wens iemand kan verstaan wat met my gebeur het.  Ek smeek iemand om dit te doen.  Ek woon in Klerksdorp.  Ek is getroud met 'n pragtige vrou met Gereformeerde (Dopper) agtergrond.  Ek het 'n universiteitskwalifikasie in die gesondheidsrigting, maar ook drie nagraadse diplomas.  Ek is die outeur van verskeie boeke, hoewel oor dieselfde onderwerp.  Ek beoefen kunssoorte wat nie gewoonlik as "manlik" beskryf sou word nie, hoewel ek tans sukkel met skete wat ek in rugby, tennis, muurbal en langafstandresies opgedoen het.  'n Gewone man. Ek lees. Ek redeneer. Ek gee om.  Ek was 'n ouderling op 34jaar.  Ek het, vet weet, hoeveel goed vir jare aanmekaar vir die kerk gedoen, maar jare gelede al het ek begin wonder oor wat ek mee te doene gehad het. Ek kon nie meer daarmee saamleef nie. Ek het allewig predikante as vriende. 'n Goeie een was redelik onlangs moderator van die NG Kerk.  Ek word betrek by sulke goed soos die Afrikanerbond, Rotariërs, voorsitter van verskillende klubs.  Ek wil nie hê dat u moet dink dat dit 'n spoglys is nie.  Die vraag is waarom ek 'n paar jaar gelede opgestaan het uit 'n erediens en gesê het dat ek nooit weer een sal bywoon nie! Ek het ook nie. Ek word nie meer aanvaar soos voorheen nie. Almal om my staan verstom en verkwalik my. Verbeel jou net om te leef en nie te wil deel hê aan die godsdiensrituele nie! Ek is nou 'n afgesonderde. Dis nie aangenaam nie. Ek kan net nie terugdraai nie.

    Ten einde raad het ek ingeskryf vir 'n M in Filosofie om te kyk of ek kan agterkom waar hierdie beheptheid met godsdiens sy ontstaan het. Dis interessant om te sien hoe die filosowe wat God se bestaan bewys (op die ongelooflikste beginsels gebaseer) gebruik word om te bestudeer.  Die ouens wat kritiek daarop het, word genoem, maar kantlyn toe geskuif.

    En ek sit steeds en huil op my eie omdat ek 'n ander pad besef het en daarop loop. Glo my dat ek gelees het:  Al die boeke en skrywers wat genoem is, en nog meer. Ek spandeer ure elke week aan die lees oor wat filosowe te sê het en gehad het. Ook teoloë. Dis 'n helse besluit om te neem en daarmee vol te hou. En nou lees u net 'n fraksie van die storie!! Dis nie net predikante wat bars om hul oortuigings bekend te maak nie (simpatie met hulle soos Schutte en Pienaar) maar ons gewone ouens bars ook.

    Pieter Loubser,
    (Nie moeilik om my op te spoor nie)
    Klerksdorp

  • Lewe na die kerk?   3 weke 6 dae gelede

    Alida
    Na aanleiding van jou skrywes kan ek net dit se - DITTO!
    En dan se jy " 'Skuus, ek bedoel háár bewoners..."
    Nou dáár slaan jy die spyker op sy kop!
    Dit is my uitkyk ook in 'n neutedop
    En dan net aan Nico, sterkte vorentoe! 

  • Lewe na die kerk?   3 weke 6 dae gelede

    Nico

    Die gat word kleiner namate jou oortuiging groei. Maar daar is geen omdraai nie. Moet ook nie diegene wat jy agterlaat se toewyding om jou te probeer terug  draai onderskat nie. En jou doel is ook nie om hulle te oortuig dat wat jy doen reg is nie. Wat jy hier doen is baie persoonlik en elkeen wat dit aanpak, of nie, doen dit op sy eie. Hoe vinnig of stadig maak nie saak nie, dis jou eie reis en geniet dit. Die reis is opwindend, bevrydend and dit bemagtig. Dit beklemtoon  verdraagsaamheid teenoor ander denkrigtings en die reis hou nooit regtig op nie want wanneer gaan ons nou ook alles weet. Waarskynlik nooit nie.

    Sterkte

    Jackie

  • Lewe na die kerk?   4 weke 2 ure gelede

    Hallo Nico

    Welkom in die vrye denkwêreld! Ek het jou 'verlossingsverhaal' geniet omdat ek so kon identifiseer daarmee -- soos sekerlik baie lede van die NHN sal kan.

    Vir my is die groot verskil tussen dáár wees en híér wees, dat ek hier volle verantwoordelikheid vir myself aanvaar. Hier is nie reëls en regulasies nie; hier leer mens om jou eie gewete te vertrou en daarvolgens te lewe. Niemand is hier 'n guru nie, hoewel die NHN 'n klompie baie begaafde mense het wat vir ons hoogs interessante lesings hou, soos eerskomende Sondag weer gaan gebeur met Pieter Botha se lesing oor "mooi"! Van ek uit die kerk uit is, het my psigiese magte ook sterk gegroei, dus kan ek nou al sê ons gaan Sondag 'n treffer hê...

    (Dis natuurlik 'n grappie, hoewel die NHN regtig wonderlike sprekers het. Ek mis ook sover ek kan nooit vir Sakkie Spangenberg, Pieter Craffert, Hansie Wolmarans en nog 'n klompie ou lede nie. Jan Viljoen is ook ernstig boeiend, soos Francois Durandt ook. Nou gaan ek in die moeilikheid kom, want ek kan natuurlik nie nou dadelik al die beste sprekers onthou nie...)

    As jy oplet na jou eie behoeftes, sal jy waarskynlik vind dat jy tog baie wil lees, en dis reg so. Hoewel dit natuurlik nie verpligtend is nie. (Niks is meer verpligtend nie, buiten die landswette...) Ek sou sê: lees vir Spong, Armstrong, Spangenberg, Craffert, Dawkins, Hawking, (Piet) Muller en alle ander skrywers wat jou laat dink en laat wonder en ook inlig en jou horisonne verbreed.

    Vertrou jou instinkte. Noudat jy die erfsonde-twak afgeskud het, sal jy agterkom dat jy heel waarskynlik meer as ooit vantevore omgee vir jou medemens, dat die natuur vir jou nuwe betekenis kry en dat jy ten volle wil deelneem aan hierdie kort konsertjie wat ons lewe noem.

    Miskien gaan jy ook agterkom dat jy religiositeit nou verruil het vir ware spiritualiteit, wat na my mening niks bo-natuurliks beteken nie, maar net dui op die liefde, omgee en verantwoordelikheid waarmee ons mekaar, die planeet en al sy bewoners bejeën. 'Skuus, ek bedoel háár bewoners...

    Geniet die avontuur!

    Vriendelike groete
    Alida

  • Lewe na die kerk?   4 weke 5 ure gelede

    Hallo Nico,

    Terwyl baie NHN-ers besluit dat hulle nie meer ywerig is om enige dogmas of geloofsbelydenisse te aanvaar nie, is daar tog party van ons
    wat die kerke se opvattings oor veral die eienskappe van die Goddelike en kerke se idees oor die Hemel en die Hel, wil vervang met
    alternatiewe idees en selfs nuwe geloofsbelydenisse. Ek het onlangs ‘n artikel geskryf waarin ek my eie nuwe spirituele geloofsbelydenis
    probeer verwoord het. In die artikel onderskei ek my godsbeskouing van dié van beide ateïste en teïste en ondersoek ek ander maniere om
    oor die lewe na die dood te dink. Ek hoop die artikel help jou om meer helderheid te verkry oor die redes waarom mense van mekaar verskil
    aangaande hul idees oor die Goddelike en die hiernamaals. Lees gerus my artikel by: 

    http://www.nuwe-hervorming.org.za/?q=forum/nuwe-spirituele-geloofsbelydenis

    Ek moet erken dat ek nog steeds baie boeke wil lees wat deur Christen-fundamentaliste, ateïste en gnostici geskryf is en dat ek daarna
    uitsien om die nuwe boeke van Sakkie Spangenberg, Karen Armstrong en Biskop Spong, te lees. Selfs al het ek besluit dat ek ‘n nuwe
    geloofsbelydenis het wat as riglyn kan dien, voel ek dat ek nog altyd nuwe dinge kan leer selfs by mense wat drasties van my verskil. 

  • Lewe na die kerk?   4 weke 20 ure gelede

    Nico
    Ek is 'n baie ouer as jy, en reeds afgetree, maar herken dieselfde gevoelens wat ek ongeveer 'n jaar gelede ervaar het met my bedanking uit die Kerk. Ek het soveel aspirasie geput uit Sakkie en andere se eerlikheid en moed van hulle oortuiging om te doen wat hulle gedoen het. 

    Ek kon net nie meer met leuens leef asof ek steeds alles glo wat 'n leeftyd aan my opgedis is, en wat nooit ooit durf bevraagteken word nie. Andere wat vir ons dink asof onsself nie voldoende vestand het om vir onsself te dink nie. Ek voel soos 'n vry man. Ek het my nuwe situasie verwerk en die nodige aanpassings gemaak. Ek is vir niemand kwaad nie, en leef met verwondering elke dag op hierdie planeet asof dit my eerste is. Ek is so dankbaar vir die voorreg van lewe. Ek geniet elke dag. My vrou, my vriende, my hond, die natuur, my werkskamer, my kinders en kleinkinders en ....................... voel geensins skaam om te se dat ek langs die viswater en in die natuur die naaste aan God voel.

    Mense is so besig om vir die hiernamaals voor te berei, dat hulle heeltemal vergeet om te lewe!

    Sterkte op jou nuwe pad. 

    Frikkie

  • Lewe na die kerk?   4 weke 23 ure gelede

    Lees gerus Dr Flip Schutte se boek Diaspora van die Nuwe Cristene. Van al die magdom leesstof vir twyfelaars en soekers, waarvan daar 'n magdom is en ek baie gelees het, het ek die meeste aanklank by hierdie boek en sy inhoud gevind.

    Ek is ook nog soekend en sal dalk altyd bly, maar dinge begin vir my meer in plek val en ek gegin nuwe lig sien.

    Francois van Wyk 

  • Lewe na die kerk?   4 weke 1 dag gelede

     Nico,

    Dalk het jy een van die belangrikste beginsels van eerlike en verantwoordelike denkers - wat ouens soos Dawkins en Hitchens,  spesifiek ook uit hul eie monde, insluit - by hulle misgelees:  Hulle maak steeds nie aanspraak dat hulle alles weet of die meeste van groot en moeilike lewensvrae kan beantwoord nie. So lieg ons by die NHN ook nie wanneer ons iets nie verstaan of begryp nie; ons erken dit dadelik openlik en ondersoek dit dan onbevrees sover ons kennis en insig ons lei en toelaat.

    Absolute sekerheid en dogma is is vir ons n aanmatigende en misleidende absurditeit wat mens liefs maar kan vermy. Dalk is ons gebrekkige kennis, insig en onsekerheid soos hoop; daarsonder sou die lewe bra vaal en vervelig gewees het.

    Ek weet dat die NHN beslis nie al jou vrae sal kan of wil beantwoord nie want ons, soos die humaniste,  eis eintlik niks (kennis, insig of kredo) as ons eksklusiewe eie, anders as dit wat van almal goeie mense sal maak, op nie. Ten beste is ons soos n lektor wat vir ander moet probeer leer om goeie skrywers te word; niemand kan jou nie leer hoe om n suksesvolle skrywer te kan word nie maar ons kan moontlik jou bewus maak van wat vir ons werk om ons lewens en lewensverwagtinge sinvol te maak.

    Sterkte.

    Willem. 

  • Lewe na die kerk?   4 weke 1 dag gelede

    Lees bietjie Dr Flip Schutte se boekie Diaspora van die Nuwe Christene. Dit het onlangs verskyn. Van al die magdom literatuur wat vir twyfelaars en soekers beskikbaar is, en waarvan ek baie gelees het, het ek die meeste aanklank hierby gevind. Ek is nog amptelik kerklidmaat, maar baie naby aan die punt om te bedank en daarmee te doen wat ek 'n klompie jare terug as ondenkbaar beskou het.

    Francois van Wyk

  • Lewe na die kerk?   4 weke 1 dag gelede
    Nico
     
    Veels geluk met die moedige sprong ! Na alle waarskynlikheid is dit die logiese volgende stap in jou spirituele ontwikkeling.  
     
    Moenie die Kerk blameer nie, hulle het immers gehelp om jou tot die punt te bring waar jy die sprong kon maak.
     
    Moet ook geensins alleen voel nie. Dit is m.i. doodnormaal. Inteendeel, noudat jy begin losmaak van al die geraas om jou is jy waarskynlik reg om die alleenpad na binne te begin aanpak en wie weet, miskien ontdek jy die ander Self binne jou.
     
    Ek wil verskil van Johannes wat jou aanraai om te lees. As jy weet hoe om na binne te werk sal jy geleer word deur direkte ervaring en is geen boeke nodig nie.
     
     
    Laat weet hoe dit gaan.
     
    Groete
     
    Jozua
     
  • Lewe na die kerk?   4 weke 1 dag gelede
    Beste Nico,
    Dit was ‘n moedige stap. Ek het dit ook so 25 jaar gelede gedoen en dit was nie maklik nie. Ek verstaan ook jou vraag, “wat nou?”. Die beste antwoord wat ek kan gee, uit persoonlike ervaring, is dat daar nie ‘n regte of verkeerde keuse is t.o.v. jou pad vorentoe nie, dit gaan oor persoonlike voorkeure, m.a.w. wat werk vir jou. Maar ek moet byvoeg dat jy nie een geloof met ‘n ander moet vervang nie. Dit is net weer nog bagasie wat jy saamdra en uiteindelik word die las (irritasie) net so swaar soos die eerste.
    Dit help ook om wyd te lees, daar is baie ander wie ook hierdie pad geloop het en jy kan uit elkeen se ervaring iets leer. Jou leerskool begin nou eers want in die kerk was jy in ‘n beskermde omgewing, waar “dominee” vir jou gedink en vertolk het, maar glo my, jy self is jou beste leermeester. Moet niks blindeling aanvaar nie al klink dit ook aanloklik of maak sin op rasionele vlak. Jy sal weet wat resoneer met jou.
     
    Sterkte,
     
    johannes
  • Donker Agenda   4 weke 2 dae gelede

    Evangelis, is dit nou al wat jy mee kan uitkom na jare van studie van ander gelowe? Miskien moet jy vir ons ook iets se oor die Moslems, Boeddhisme, Judaisme, ens. Ek vermoed jy het net 'n artikel raak geloop om die NHN by te kom (copy en paste). Hier is ook een vir jou, skrywer Chris Hedges oor die facistiese Christene in die VSA (lees die hele artikel)

    "Augustine defined the grace of love as Volo ut sis—I want you to be. There is, he wrote, an affirmation of the mystery of the other in relationships based on love, an affirmation of unexplained and unfathomable differences. Relationships based on love recognize that others have a right to be. These relationships accept the sacredness of difference. This acceptance means that no one individual or belief system captures or espouses an absolute truth. All struggle, in their own way, some outside of religious systems and some within them, to interpret mystery and transcendence.

    The sacredness of the other is anathema for the Christian right, which cannot acknowledge the legitimacy of other ways of being and believing. If other belief systems, including atheism, have moral validity, the infallibility of the movement’s doctrine, which constitutes its chief appeal, is shattered. There can be no alternative ways to think or to be. All alternatives must be crushed."

    Pieter Veldsman

  • Donker Agenda   4 weke 2 dae gelede

    Evangelis

    Die bekeringsrympie van jou begin nou so bietjie afgesaag raak.

    Bring na hierdie forum harde feite wat bewys dat 'n persoon of God VIR JOU sondes aan n kruis gesterf het.  En as jy nie kan nie dan aanvaar ek dat jy is wetend of onwetend deel van die donker agenda ?

    Ghoebaai

    Jozua

  • Donker Agenda   4 weke 2 dae gelede

    Evangelis

    Wie is die BD* wat die stront op die web geskryf het? Indien jy jou siening en komentaar daarop wil baseer moet ek ongelukkig aan jou noem dat jy ook maar net nog 'n onnosel fundamentele en sieklike zombie is. Die BD* is seker 'n prsoon soos Kent Hovind, Jim Jones of Fred May. Hierdie is onder andere van die mense op hierdie aardbol wat wel verskuilde agendas het of gehad het. 
    Ek kan vir jou die versekering gee dat niemand op hierdie NHN sulke sotlikke agendas het nie. Hulle is almal hardwerkend en eerlike mense wat nie die godsdiens misbruik soos die bo-genoemde persone nie.   

    BD*
    "B" staan vir bok en vind maar self uit wat die "D" voor staan.

    Groetnis

    Erick,  Polokwane. 

  • Donker Agenda   4 weke 3 dae gelede

    Evangelis 

    Ek wonder soms of die motief van geestelike en emosionele uitbuiters van goedgelowige mense ekonomies of egoisties van aard is?  Is dit jou ekonomiese oorlewing of jou ego wat jou motiveer om geblinddoek jou kudde te mislei en uit te buit?

    Mens wonder soms in watter ellende die mensdom sou wees as mense niks mag bevraagteken nie! Is vraagstelling dan nie juis 'n uitdruklike voorwaarde vir skeppende denke nie? As dit van fundamentaliste soos jy afhang, moet geestelike denkprosesse oor die Goddelike nie afwyk van die Katolieke sienings van meer as duisend jaar gelede nie. So asof hulle deur God geroep was om namens die mensdom en God te besluit, wat en hoe, oor God gedink mag word. Soos Mugabe: "Ek het klaar gepraat!"

    Ek vind dit aanmatigend, verwaand en uiters arrogant!

    Frikkie Beytell

  • Donker Agenda   4 weke 4 dae gelede

    Ja Evangelis. Dit is presies hoe julle fundamentaliste is: Die maklike uitweg!! "So maklik soos dit..."

    Want jy het nie nodig om jou brein te gebruik nie! Om die waarheid te sê, ek twyfel baie sterk of jy enigsens 'n logiese argument op jou eie sal kan uitwerk.
    Ek kry jou jammer, want JY is die ongelukkige slagoffer van 'n donker agenda. Jy is 'n sprekende voorbeeld van die resultaat van breinspoeling van mense van gemiddelde intelligensie.
    Ek sou hoop dat jy eendag spiritualiteit vir jouself kan uitwerk, maar ek hou nie my asem op nie...
    Sterkte vir jou.
    Lana P

  • Donker Agenda   4 weke 5 dae gelede

    Evangelis

    Ek skaar my by die ander voor my wat 'n probleem het met die feit dat jy jou waarheid van agter 'n skuilnaam wil verkondig en dan verwag mense moet jou ernstig opneem. Magtig, ons leef mos nie in 'n land waar jy vir jou siening gestenig kan word nie! Jou aanhalings word sinneloos aangesien daar geen verwysing is na waar en deur wie dit gepubliseer is, en wat die konteks sou wees nie - hoe weet enigiemand dat die skrywers na NHN verwys? As jy berusting in jou oortuigings gevind het is ek bly vir jou, maar die feit dat jy gedwonge voel om jou christenskap hier te moet verdedig deur die NHN aan te val sê veel meer as wat jy dalk besef. Die een wat net veilig in sy eie oortuigings kan voel deur die van ander aan te val, het gewoonlik nog nie die saak vir homself heeltemal uitgeklaar nie.

    Anoniem

Syndicate content